Foto krediet:
Deur Ilze Nieuwoudt
Om inligting op die internet te kry, is amper dieselfde as om water uit ’n brandkraan te probeer drink. Volgens die webblad Social Media Today is daar teen die einde van 2016 nagenoeg 2,9 miljard soektogte per dag met die soekenjin Google gedoen. Maar wat het hierdie hipermoderne inligtingsera met die verlede te make? Die antwoord: Alles!
Daar was dae – nie te lank gelede nie – toe die enigste manier waarop geskiedenisliefhebbers hul inligting kon kry, ’n uitstappie na die plaaslike biblioteek of argiewe was. Uiters waardevolle inligting rakende die geskiedenis en talle grondtekste was op ’n manier nog altyd net beskikbaar vir ’n handjievol mense, gewoonlik professionele historici en navorsers.
Danksy die inligtingsera is hierdie eksklusiewe toegang tot inligting (ook historiese inligting en dokumente) vinnig besig om te verdwyn, en hoewel talle ander lande Suid-Afrika waarskynlik ver vooruit is met die digitisering van historiese tekste en ander inligting, is verskeie instellings, plaaslik en internasionaal, werksaam in die digitisering van Afrikaanse tekste en historiese bronne wat op Suid-Afrika van toepassing is.
Verskeie rolspelers het in Augustus in Pretoria byeengekom om ’n bestekopname van die digitisering van Afrikaans te maak. Dié geleentheid is aangebied deur die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA), die Universiteit van Pretoria en die Noordwes-Universiteit en het getoon dat daar reeds op letterkundige, taalkundige én historiese vlak goeie vordering in die omskakeling van Afrikaanse tekste na digitale platforms en sogenaamde “digitale pakhuise” gemaak is. Dié omskakeling slaag nou reeds daarin om Afrikaans én sy mense se verlede ‘n bietjie nader aan die geskiedenisgeesdriftiges van vandag te bring.
Die volgende vier platforms bied reeds omvangryke en waardevolle inligting oor Afrikaans en die Suid-Afrikaanse geskiedenis in digitale formaat aan (daar is natuurlik talle ander):
Deur Cilleste van Dyk Ons sal self. Hierdie drie woorde kan baie arrogant klink sonder die regte konteks. Solidariteit sê: Ons sal self, nie omdat ons dink dat ons dinge alleen of deur ons eie krag sal regkry nie, maar omdat dat daar geen ander opsie is vir ’n voorspoedige toekoms nie. Daarom sê ons […]
Oops! We could not locate your form.