Solidarteit Wêreld
2019 – Uitgawe 2
Akademia ken vanjaar 157 toekennings toe
Deur Michelle | 25 April 2019

Die Afrikaanse privaat hoëronderwysinstelling Akademia het op 12 April 2019 haar jaarlikse kwalifikasieplegtigheid gehou. Daar is altesaam 52 grade, 10 gevorderde diplomas, vier diplomas en 91 hoër sertifikate toegeken.

Dr. Pierre Edwards, voormalige skoolhoof by die Afrikaanse Hoër Seunskool en onderwyskenner, was die gasspreker by hierdie geleentheid. Edwards se toespraak het afgestudeerdes gemotiveer om hulle kwalifikasies as instrument te gebruik om hul roepings na te streef en ’n daadwerklike verskil in die gemeenskap te maak.

Marthinus Visser, besturende direkteur van Akademia, het gesê dat hy trots is op die groei wat Akademia tans ervaar. By die instelling se eerste plegtigheid in 2013 is tien kwalifikasies toegeken, en vanjaar ontvang 157 studente kwalifikasies. Byna al Akademia se studente werk terwyl hulle studeer.

“Daarom is ons trots op hierdie afgestudeerde studente wat hard gewerk het om hul kwalifikasies te voltooi,” het Visser gesê. Om boonop ’n toppresteer te wees, verg nóg meer toewyding en deursettingsvermoë – daarom is toppresteerders vir hulle uitnemende akademiese prestasies vereer tydens die instansie se eerste prestasietoekenningsgeleentheid.

Jaco Oosthuizen het die beste prestasie in die BCom Ondernemingsbestuur-program behaal. ’n Spesiale toekenning is aan Lené Ferreira oorhandig vir die beste gemiddelde punt in die BCom Bestuursrekeningkunde-program. Pieter Wentzel is as die topstudent in die Gevorderde Diploma in Projekbestuur aangewys. Susan Wilkinson ontvang die toppresteerdertoekenning vir beste prestasie in die Hoër Sertifikaat in Kantooradministrasie, terwyl Marisa Abeln wegstap met dieselfde toekenning vir die Hoër Sertifikaat in Rekeningkunde.

Akademia se toekomsplanne lyk belowend. Beplanning aan ’n unieke kontakmodel via ’n residensiële kampus met ’n omvattende opvoedkundige benadering, is reeds in ’n gevorderde stadium. Die instelling wil ongeveer sewe fakulteite oprig wat ’n breër aanbod van kwalifikasies vir ons gemeenskap sal bied. Akademia wil ook verder uitbou op haar unieke opvoeding- en opleidingsideaal waarbinne Afrikaanse studente tuis en veilig sal wees, met die oog daarop om afgeronde studente – gereed vir die arbeidsmark – te lewer.

Baie geluk aan diegene wat hulle kwalifikasies ontvang het. Mag julle prestasies ander inspireer, hoop gee en aanmoedig.

  •  
  •  
  •  
Redakteursbrief

Met die Covid-19-inperking steeds volstoom aan die gang, bring ons vir jou nóg ’n inperkingsuitgawe op jou rekenaarskerm, hierdie keer met gemak saamgestel asof dit al jare lank so gedoen word. Almal het die nuwe manier van doen se ritme nou reeds bemeester, met sommige wat intussen terug is by die werk terwyl ander nog […]


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close