Solidarteit Wêreld
2016 – Uitgawe 5
Akademia-uitnemendheid groei voort
Deur Michelle | 04 Oktober 2016

Danksy 'n landswye uitbreiding van studiesentrums plaas Akademia volgende jaar bekostigbare Afrikaanse hoër onderwys binne die bereik van die oorgrote meerderheid Afrikaanssprekendes, vertel Piet le Roux, akademiese hoof by Akademia.

Vanaf 'n klein begin in 2011 op die perseel van Solidariteit brei Akademia volgende jaar uit na 12 studiesentrums landswyd. Met dié sentrums in drie provinsies sal grade en ander universiteitsvlakkwalifikasies in Afrikaans volgende jaar binne die bereik van meer studente as ooit tevore wees.

In 2016 kon Akademia se studente vir hul kontaksessies uit sewe studiesentrums in twee provinsies kies. In die Wes-Kaap was daar sentrums in Bellville en Somerset-Wes. In die groter Gauteng-omgewing was daar vyf sentrums, naamlik Centurion, die Moot in Pretoria, Boksburg, Krugersdorp en Vanderbijlpark.

In 2017 gooi Akademia die net wyer. In die Wes-Kaap open 'n studiesentrum in George sy deure vir 'n groot Afrikaanse gemeenskap in die suidoostelike dele van die provinsie; in Stellenbosch, by die Stellenbosch Rugby-akademie, skep 'n nuwe studiesentrum 'n geleentheid vir sportlui wat op die veld én agter die lessenaar wil presteer; en met 'n splinternuwe studiesentrum in die Paarl, net langs die Afrikaanse Taalmuseum, betree Akademia die hartland van Bolandse Afrikaans.

In die groter Gauteng behou Akademia sy bestaande vyf studiesentrums en voeg 'n sesde by, oorkant die skoolterrein van die Hoërskool Menlopark in Pretoria-Oos.

En vir die eerste keer betree Akademia die Vrystaat, met 'n sentrum in Bloemfontein.

Die uitbreiding van Akademia se studiesentrums beteken dat bekostigbare Afrikaanse hoër onderwys nou makliker bekombaar as ooit tevore is.

Graadprogramme

'n Vermeerdering van studiesentrums is egter nie al waarmee Akademia in 2016 besig was nie. Waar studente in 2016 vir twee grade kon inskryf, naamlik BCom Ondernemingsbestuur en BCom Bestuursrekeningkunde, is die opsies in 2017 reeds dubbeld soveel: studente kan nou ook BCom Ekonomie en Regte of BCom Finansiële Beplanning, die twee nuut geakkrediteerde grade, studeer. Verskeie ander grade is tans in 'n gevorderde stadium van akkreditasie.

Benewens grade bied Akademia tans ook hoër sertifikate in rekeningkunde en in kantooradministrasie, en 'n gevorderde diploma in projekbestuur aan.

Met die ondersteuning van die Solidariteit Beweging en die groter Afrikaanse gemeenskap in die breë staan Akademia op die beginstreep van die pad na groot dinge.

  •  
  •  
  •  
Redakteursbrief

Met die Solidariteit Beweging se Toekomsberaad op 10 Oktober vanjaar het Solidariteit die laaste deel van 2019 met ’n groot hoogtepunt aangepak. Dit was ’n heerlike geleentheid waartydens die energie en opgewondenheid tasbaar was onder die groep mense wat saam groot dinge vir ons toekoms help beplan. Tydens die vorige Toekomsberaad, wat in 2015 gehou […]


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close