Solidarteit Wêreld
2012 - Uitgawe 6
Akademia: Waar werkendes in Afrikaans studeer
Deur PW | 08 November 2012

Is jy seker dat jou kind eendag in Afrikaans sal kan studeer? Is jy seker dat jy dit sal kan bekostig? Gaan daar plek wees in 'n koshuis en gaan my kind ooit keuring kry om te gaan studeer?

 

Groot tekort aan opleidingsgeleenthede

Luidens die onlangste matriekverslag van die Solidariteit Navorsinginstituut (SNI), wil ongeveer 85% van Afrikaanse skoolverlaters graag gaan studeer. Van die ongeveer 550 000 leerders wat jaarliks inskryf vir graad 12, slaag ongeveer 350 000 met toelating om verdere studies by 'n hoëronderwysinstelling (universiteite, universiteite van tegnologie en privaatinstellings) te onderneem. Openbare universiteite kan egter slegs sowat 160 000 van dié studente inneem.

 

Goeie nuus!

Die Solidariteit Beweging het in dié tekort aan opleidingsgeleenthede 'n geleentheid gesien om te verseker dat ons kinders en hulle kinders die geleentheid sal hê om te studeer. Studente kan nou nauurs naby aan hul huise geakkrediteerde universiteitsvlakprogramme in hul moedertaal studeer.

 

Ons praat van Akademia

Die Akademia-model bied aan werkende mense (of jy 'n skoolverlater of 60 jaar oud is) die geleentheid om hulself verder te bekwaam. Boonop is die koste baie mededingend en het ons reeds studiesentrums in Pretoria, Centurion, Boksburg, Roodepoort, Vanderbijlpark en Stellenbosch. Ons nuutste toevoeging, Bellville, open sy deure vroeg in 2013!

 

Virtuele klaskamers

Deur gebruik te maak van die nuutste telekonferensie tegnologie, draf Akademia-studente gelyktydig klas in een van talle studiesentrums regoor Suid Afrika. Regstreekse, interaktiewe klasuitsendings vind vanuit Pretoria plaas. Dié unieke klasgeemetode maak nie net interaksie tussen die studente by die studiesentrums en die dosent moontlik nie, maar ook interaksie tussen studente in die verskillende studiesentrums. So word 'n groot virtuele Akademia-klaskamer gevorm.

 

Eksklusief Afrikaans met lekker ekstras

By Akademia is daar Afrikaanse dosente, Afrikaanse klasse en Afrikaanse studiemateriaal. Elke student kry boonop 'n tabletrekenaar met die bykomende voordeel dat gratis internettoegang by Akademia se studiesentrums beskikbaar gestel word sodat studente navorsing kan doen en klasmateriaal of selfs 'n klas wat misgeloop is, kan aflaai.

 

Wat kan ek studeer?

Vier geakkrediteerde programme is vir 2013 beskikbaar:

  1.  'n Drie jaar diplomakursus in entrepreneurskap en kleinsakebestuur vir dié wat graag van hul eie besigheid 'n groot sukses wil maak. Daar is tans 'n geleentheid om drie studiebeurse vir Entrepreneurskap te wen
  2. 'n Hoër Sertifikaat in moderne kantoorbestuur wat administratiewe beamptes na die volgende vlak neem. Hierdie een jaar program leer jou skaars vaardighede aan in organisering, koördinering, kantoorstelsels, verslaghouding en vele meer wat jou onmisbaar vir werkgewers kan maak.
  3. 'n Hoër Sertifikaat in rekeningkunde is daar om jou voornemende finansiële personeel en boekhouersklerke 'n goeie basiese kennis van die bedryf te gee, wat jou ook daarna die geleentheid bied om vir 'n graadkursus te kwalifiseer.
  4. Die laaste Hoër Sertifikaat is 'n een jaar program in gemeenskapsontwikkeling, waar belangrike vaardighede in gemeenskapsontwikkelingsinisiatiewe en -prosesse geleer word om basiese beplanning en koördineringsfunksies in bepaalde sosiale en ekonomiese konteks te kan uitvoer.

 

Kyk hiervoor uit in 2013!

Nuwe programme wat ontwikkel word, is 'n BCom-graad in rekeningkunde en 'n drie jaar diploma in bemarking en verkope – beide word binnekort vir akkreditasie voorgelê!

 

Ander opwindende gebeure vir 2013 is die bekendstelling van 'n Afrikaanse sakeplankompetisie en 'n groot entrepreneurskapkonferensie met bekende entrepreneurs wat hul geheime kom deel!

 

So, waarvoor wag jy?

Belê in jouself en skryf vandag nog in vir een van Akademia se geakkrediteerde programme.

 

Webblad: www.akademia.ac.za

Tel.: 0861 222 888

E-pos: diens@akademia.ac.za

  •  
  •  
  •  
Redakteursbrief

Met die Solidariteit Beweging se Toekomsberaad op 10 Oktober vanjaar het Solidariteit die laaste deel van 2019 met ’n groot hoogtepunt aangepak. Dit was ’n heerlike geleentheid waartydens die energie en opgewondenheid tasbaar was onder die groep mense wat saam groot dinge vir ons toekoms help beplan. Tydens die vorige Toekomsberaad, wat in 2015 gehou […]


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close