Die Solidariteit Tydskrif het deur die jare saam met die vakbond Solidariteit gegroei en geblom tot die glansproduk wat dit vandag is. Met meer as 350 000 lesers is Solidariteit Tydskrif vandag die grootste arbeidstydskrif in Suid-Afrika en is dié spogproduk boonop talle ander tydskrifte in sy kategorie in Suid-Afrika ver voor omdat dit ook aanlyn gelees kan word.