Solidarteit Wêreld
2020 – Uitgawe 2
Beroepsgildes – nou meer as ooit ’n bymekaarkomplek
Deur Michelle | 25 Mei 2020

Deur Mandy-Michelle Thackwray

 

Die inperkingstyd is vir baie mense ’n tyd van angs, spanning en hartseer. Ons is oornag gekonfronteer met ’n nuwe werklikheid soos iets uit ’n Hollywood-rolprent. Gelukkig is daar gewoonlik in ’n rolprent ook ’n held wat ’n teenmiddel het en die wêreld oornag van die virus red.

As akteurs in ons eie dokumentêr besef ons egter nou dat dinge in die regte lewe nie so eenvoudig is as in rolprente nie. Ons ervaar die werkverliese, ons sien bejaardes en kinders wat honger ly, en ons lees al die kritiek en gekasty. Dié wat nog kan werk, doen so en probeer om ’n nuwe normaal te vestig. Dié wat nie kan werk nie, probeer planne maak in ’n onseker tyd waar daar meer vrae as antwoorde is, en kommer oor die volgende ete op die tafel.

Solidariteit Beroepsgildes het gekies om hierdie tydperk vanuit die werker se oogpunt te beskou. Ons het in elke beroep se skoene gaan staan en die impak van hierdie krisis op mense in dié beroepe ontleed, en ons het die voortbestaan van die beroepe ondersoek en planne beraam om werkers te bemagtig om kop omhoog ons nuwe wêreld van werk te kan aandurf.

Ons kan met sekerheid sê dat die wêreld van werk reeds drasties verander het. Soos in ’n rolprent, is dit ook nou nodig dat elkeen uit die puin sal opstaan en saam vir ’n beter more beplan. Ons moet saam die stukke optel en die stad herbou. Ons moet dit doen vir onsself, vir ons gesinne, mekaar en die land.

Solidariteit Beroepsgildes is nou, meer as ooit, jou beroep se bymekaarkomplek.

Binne jou betrokke beroepsgilde bemagtig ons jou met kennis en inligting om jouself verder te ontwikkel en relevant te hou, nie net vir ’n veranderende werkomgewing nie, maar ook om tred te hou met die versnelling van die Vierde Nywerheidsrewolusie. Ons glo die tyd is reg vir jou om al jou talente en vermoëns in te span en om multivaardig te wees.

Ons sien ook nou, meer as ooit, die krag van gemeenskap. Dit is in ons DNS om saam te staan en saam te doen. Dit is juis ook daarom elke gilde se roeping om lede te mobiliseer om mekaar te help, verantwoordelikheid te neem vir die volgende generasie, kennis te deel deur mentorskap, en ons werkplekke sterk te maak.

In ons rolprent kan ons elkeen kies om ’n held te wees. Ons doen dit deur aan te hou leer by ons instellings soos Sol-Tech (www.sol-tech.co.za), Akademia (www.akademia.ac.za) en S-Leer (www.s-leer.co.za). Ons doen dit deur werknemers in diens te neem (www.werknet.co.za) en só ons gemeenskap sterk te maak. Ons maak ons kinders sterk en bemagtig hulle met inligting om goed te presteer op skool (www.wolkskool.co.za), asook om hul voor te berei vir die werkplek (www.jeug.co.za). Ons raak betrokke in ons beroepsgemeenskappe (www.gildes.co.za), raak deel van gesprekke en help bou aan oplossings.

Wees ’n held en raak deel van jou beroepsgilde.

 

  •  
  •  
  •  
Redakteursbrief

Met die Covid-19-inperking steeds volstoom aan die gang, bring ons vir jou nóg ’n inperkingsuitgawe op jou rekenaarskerm, hierdie keer met gemak saamgestel asof dit al jare lank so gedoen word. Almal het die nuwe manier van doen se ritme nou reeds bemeester, met sommige wat intussen terug is by die werk terwyl ander nog […]


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close