Solidarteit Wêreld
2019 – Uitgawe 4 Redakteursbrief
Die vooruitsig om te bou
Deur Wian | 02 Augustus 2019

Dit voel vir my of ’n mens hierdie tyd van die jaar ’n ekstra hupstoot nodig het om uit die bed uit op te staan en jou kragte bymekaar te skraap om die dag aan te pak. Dit het nie net te doen met die koue daarbuite nie: Ek merk op dat almal om my se energievlakke maar boomskraap is, en dat almal nuwe woema kort om die tweede helfte van die jaar aan te pak.

Ek het my nuwe woema die afgelope paar weke gekry uit dié boodskap: “Bou om te bly”. Die rede waarom dit my nuwe krag en hoop gegee het om met ’n wip in my stap uit die bed te klim (weliswaar ‘n klein wip, want dit is regtig koud in die oggend!), is omdat ons werklik ’n verskil kan maak sonder om te voel ons enigste opsie is landuit.

In hierdie uitgawe wys ons jou graag hoekom jy ook nuwe woema kan kry uit hierdie belowende bouplan waarmee ons kan “bou om te bly”.

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, noem met reg dat baie mense bekommerd is oor die rigting waarin Suid-Afrika beweeg. Die staat word swak regeer, wat direkte gevolge vir elkeen van ons inhou. Emigrasie is weer op almal se lippe. In 'n opname deur die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) is bevind dat 67% jongmense onder 40 aan emigrasie dink. Dit is 'n noodroep van jongmense dat hulle bekommerd is, maar dat hulle tog graag hier wil bly. Mense voel gefrustreer, maar die meerderheid kan of wil nie emigreer nie. Hulle het dus geen alternatief nie; hulle bly net hier.

Om geen alternatief te hê nie, is ’n kragtige politieke wapen. Ons bly net hier, en daarom gaan ons net hier bou. Ons bly dus, maar ons gaan nie stilbly en stilsit nie.

Solidariteit se antwoord lê in ’n totale netwerk van werk – in kort, die Solidariteit NetWerk.

Solidariteit bou al vir die afgelope 20 jaar aan só ’n netwerk en die verskillende dele van die netwerk is nou sterk genoeg dat dit deur ’n behoorlike stelsel aan mekaar gekoppel kan word.

Solidariteit bou ook fisies aan die toekoms. Een van hierdie monumente wat beplan word, sal in September gestalte begin kry. Hierdie groot stap is die bou van ’n nuwe kampus vir Sol-Tech. Die projek gaan sowat R300 miljoen beloop en die kampus gaan ook vir koshuise en sportvelde voorsiening maak. Die grond is reeds aangekoop, bouplanne is opgetrek en bouwerk gaan reeds vanjaar begin.

Ons nooi jou uit om te kom kyk waar ons hierdie kampus gaan bou en hoe dit gaan lyk tydens 'n spoggeleentheid op 13 September. Die nuwe kampus is geleë op Solomon Mahlangu-rylaan, reg langs die Waterkloof-lugmagbasis en skuins oorkant HI-Q Dastek. Die ingang op Solomon Mahlangu-rylaan sal duidelik aangedui word. Verrigtinge skop af om 11:00.

Ek sien jou daar! Saam-saam sal ons bou om net hier te bly.

  •  
  •  
  •  
Ander Artikels

Toekomsberaad: Só lyk die laaste 5 jaar se welslae

Deur Mia Slabbert  Die Solidariteit Beweging het oor die afgelope vyf jaar verskeie welslae bereik, en het homself op talle gebiede gevestig as ’n groot rolspeler waarmee daar rekening gehou moet word in die Suid-Afrikaanse samelewing. Die Solidariteit Beweging het in 2015 ‘n omvattende vyfjaarplan bekend gestel waarmee hy verskeie kwessies in Suid-Afrika wou aanspreek. […]




Die Afrikaner se 2030-droom

Dit is 10 Oktober 2030. Die groot dag het uiteindelik aangebreek. Die Suid-Afrikaanse regering teken vandag ’n omvattende kultuurakkoord waardeur Afrikaners se selfbestuur amptelik erken word. Die akkoord is in wese die erkenning van die uitgebreide kulturele selfbestuur wat Afrikaners reeds in die praktyk met sterk selfdoenorganisasies verwerklik het. Dit het alles begin met die […]




Is an employer obliged to consult before changing policies?

An employer had a policy in place stipulating that employees who retired, whether normal or early retirement, qualified for transport costs to their retirement address, provided that three quotations were submitted. The policy was however changed before the employees retired, to the effect that the employer would no longer contribute to any transport costs. Meetings […]




Ons planne bly nie net ’n droom nie

Met die Solidariteit Beweging se Toekomsberaad op 10 Oktober vanjaar het Solidariteit die laaste deel van 2019 met ’n groot hoogtepunt aangepak. Dit was ’n heerlike geleentheid waartydens die energie en opgewondenheid tasbaar was onder die groep mense wat saam groot dinge vir ons toekoms help beplan. Tydens die vorige Toekomsberaad, wat in 2015 gehou […]




Solidariteit takel vals rassismeklagtes in SAPD

Deur Morné Malan  Solidariteit het in Oktober tydens ’n mediakonferensie gesê dat hy bewus is van minstens 13 gevalle waar vals klagtes van rassisme teen wit polisielede gelê is. In die meeste gevalle word valslik beweer dat die polisielede die k-woord gebruik het. “Vals klagtes van rassisme is besig om sistemies in die Suid-Afrikaanse Polisiediens […]





Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close