Solidarteit Wêreld
2017 – Uitgawe 4 Bedryfsnuus
Diensbaarheid vir Welkom-kantoor se gemeenskap
Deur Michelle | 10 Augustus 2017

Deur Lize-Mari Labuschagne

Ledetevredenheid en diensbaarheid is belangrik as ‘n dienskantoor van krag tot krag wil gaan. Dit is presies waarna Solidariteit se Welkom-kantoor strewe.

Die personeel van die goudveld en Welkom-distrik se dienskantoor bestaan uit Hennie Kommer as organiseerder, Sue Nel as administratiewe beampte en twee voltydse verteenwoordigers, een vir Harmony en een vir die Sibanye-goudmyne. Die verteenwoordigers staan sowat 1 100 lede by met  aangeleenthede soos dissiplinêre sake en medieseongeskiktheidsverklarings deur die myne, en dien op verskeie forums by die twee mynhuise. Die goudveld het ook 26 verteenwoordigers in die distrik.

Volgens Kommer werk hulle hard om hoë gehalte dienslewering aan lede te waarborg en ledetevredenheid te verseker. Dit sluit in bystand aan getraumatiseerde lede wat geraak word deur afleggings en siektetoestande, en lede wat raad nodig het met onder meer pensioennavrae. Dié kantoor se personeel is trots op hul spanwerk, al is hulle net twee voltydse personeellede, vertel hy.

Die kantoor help onder andere ook met noodverligting in die gemeenskap deur namens Solidariteit Helpende Hand klereskenkings te ontvang en te bestuur.

“Die Welkom-kantoor is ook nóú betrokke by werwingsprojekte. Te midde van uiters moeilike ekonomiese omstandighede doen ons ons bes om lede te werf deur te verduidelik watter sekuriteit ons kan bied in tye van afleggings en ander ongewenste omstandighede in die werkplek,” voeg Kommer by.

Hy verduidelik dat daar baie arbeidsverwante kwessies in die goudveld is wat met arbeidsonrus gepaard gaan. Dié kwessies lei dikwels tot afleggings en ook onstabiliteit as gevolg van vervoerdienste wat ontwrig word. Boonop is daar baie ingenieursmaatskappye in die goudveld wat  hul deure moet sluit as gevolg van mynhuise wat hul bedrywighede inkort, en omdat daar baie moeite gedoen word  met die herwinning van myntoerusting.

Ten spyte van dié uitdagings was 2016 vir die Welkom-kantoor ’n suksesvolle jaar in terme van groei, ledetevredenheid en diensbaarheid. Welkom se span streef daarna om die toekenning as dienskantoor van die jaar te ontvang as beloning vir die werk wat hulle doen om hul lede se behoeftes eerste te stel.

 

  •  
  •  
  •  
  •  
Redakteursbrief

So staan nog ’n jaar einde se kant toe. Hoewel die laaste deel van 2018 steeds volgepak is met dinge om af te handel, kan ons reeds met tevredenheid terugkyk op die jaar se groei en sukses tot op hede. Hierdie is die 100ste uitgawe van Solidariteit Tydskrif en bied dus die perfekte geleentheid vir […]


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close