Solidarteit Wêreld
2019 – Uitgawe 1 Redakteursbrief
Doen wat jy kan, waar jy is
Deur Michelle | 08 Maart 2019

Ons het hierdie jaar weer afgeskop met gedeeltelike duisternis weens Eskom en beurtkrag. Die ongerieflike beurtkragskedules was op almal se lippe en Facebook-profiele. Dit tref ‘n mens mos reg in die middel van die besigste tyd ná werk, wanneer jy moet kos maak, kinders bad of gou daardie bondel wasgoed in die wasmasjien moet gooi omdat jy nie ’n skoon hemp vir môre het nie.

Hierdie is maar een van honderde voorbeelde van die uitdagings wat ons in Suid-Afrika in die gesig staar. ’n Mens is dikwels geneig om jou so in die probleem vas te staar dat jy nie eens ’n oplossing oorweeg nie, of jy besluit die probleem is te groot vir jou om op te

los, of die oplossing verg te veel. En dan los jy dit eerder.

Dit is juis hier waar die krag van die gemeenskap die verskil kan maak. Maar nou dink jy, my gemeenskap? My gemeenskap kan nie eens saamstem oor die klein goedjies soos watter buurtwagmaatskappy ons vir ons omgewing se beveiliging moet aanstel nie.

Hier is die geheim: As jy net doen wat jy moet doen, waar jy is, maak jy reeds die verskil wat nodig is as deel van die oplossing. Ek gebruik graag die voorbeeld van ’n onderwyser. As jy goed voorberei vir jou les en jy pak jou werk (wat ’n positiewe gemoed ook insluit) met ywer aan om die beste onderwyser te wees wat jy kan wees, maak jy ’n verskil. Die kinders in jou klas sien en deel later jou passie. Ek kan self onthou dat die vakke wat my gunsteling was, ook die vakke was waarin die onderwysers die meeste moeite gedoen het en ’n passie vir hul vakgebied gehad het.

Met só ’n onderwyser in byvoorbeeld ’n vak soos wetenskap, neem die leerlinge meer in, en presteer hulle ook beter. ’n Kind wat in só ’n klas sit, leer nie net oor wetenskap nie – hy of sy leer ook die etiek van goeie, harde werk en die waardes wat ons gemeenskap deel, soos respek vir ’n onderwyser (en later sy werkgewer). Op dié manier word die werknemers van die toekoms gekweek.

As daardie kind later ’n grootmens word wat die werkplek kan betree by ’n “Eskom” of enige ander werkgewer, sal hulle uitnemende werknemers met ’n hoë werketiek wees. Hulle kennis verseker dat hul werk van hoogstaande gehalte is, etiek maak hulle betroubaar

en hul waardes maak dat hulle hul kollegas regverdig sal hanteer. Kan jy sien wat die rimpeleffek is wanneer jy doen wat jy moet doen, net daar waar jy is?

Jy mag dalk dink dat jou werk of betrokkenheid in die gemeenskap nie noodwendig so ’n groot impak maak nie, maar ek wil jou vandag bemoedig dat dit wel ’n verskil maak, hoe klein ook al. Dit is juis die klein bietjies wat saam baie maak. Dit is hoe ’n groot probleem bietjie vir bietjie opgelos word.

Ons het einde verlede jaar die mylpaal van 100 uitgawes van Solidariteit Tydskrif gevier en skop uitgawe nommer 101 én die nuwe jaar af met ‘n splinternuwe baadjie. Ons het behoorlik gedink en beplan oor hoe ons jou leeservaring van dié spogproduk – jóú tydskrif – nog lekkerder kan maak en jou terselftertyd ingelig kan hou oor die wonderlike werk wat die instellings van die Solidariteit Beweging doen. Ons glo en vertrou dat jy die nuwe voorkoms en verpakking van die leesstof sommer baie gaan geniet. Laat weet ons gerus wat jy dink en waaroor jy graag meer sal wil lees. Skop jou skoene uit, lees saam, gesels saam, maar bowenal: doen saam!

Want Solidariteit het jou nodig. En ons kinders en hulle kinders verdien ‘n land waar hulle vry, veilig en voorspoedig kan leer, lag, woon en werk.

  •  
  •  
  •  
Ander Artikels

Uit! Ons laat ons nie inperk nie

’n Nuwe virus het die wêreld getref. Dit was totaal onbekend en onsekerheid en histerie het die wêreld oorval, eers in China, toe in Italië en daarna New York. Foto’s van oorvol hospitale en doodskiste is blitsig deur sosiale media die wêreld ingestuur. Op 4 Maart word die eerste geval in Suid-Afrika aangemeld. Pres. Cyril […]




’n Nuwe monument

Deur Chris Chameleon Ons is tans besig met aanbouings by my huis. Die werk moes lankal klaar gewees het, maar toe skink die owerhede mos vir ons ’n lang glas burgerregteskending in die vorm van ’n ongenaakbare grendeltyd en daar staan alles toe vir maande lank stil. Die enigste bedrywigheid op die werf is die […]




Retrenchment: Know your rights

By Barend Smit Since the beginning of the year, and even more so after the implementation of the national lockdown because of the Covid-19 pandemic, several companies have commenced with the large-scale retrenchment of their employees. It is important that employees should understand how retrenchment works and know their rights in this regard. Retrenchment occurs […]




Nie hopelose einde nie, maar eindelose hoop

Deur Wilmarie Brits Hoop is ’n moeilike begrip om te omskryf, en die meeste mense sien dit bloot as ’n wens of ’n begeerte. “Ek hoop 2021 is ’n beter jaar as 2020.” “Ek hoop die kinders kan binnekort terugkeer skool toe.” “Ek hoop pres. Cyril Ramaphosa laat weer die verkope van sigarette toe.” Dit […]




Só skep ons Netwerk van Werk

Deur Bianca Smit Wat is ’n beroep nou eintlik? Die woordeboek sê dis ’n werkkring, vak of betrekking, maar in ons huidige omstandighede is dit iets wat net gedoen mag word indien dit as noodsaaklik geklassifiseer is, en dan ook net mits daar aan baie spesifieke veiligheidsmaatreëls voldoen word. Die tipe beroep wat jy beoefen, […]





Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close