Solidarteit Wêreld
2019 – Uitgawe 3
Geborgenheid vir onderwysers: Solidariteit bied bystand
Deur Michelle | 14 Junie 2019

Deur Cilleste van Dyk

Onderwys is een van die beroepe wat die grootste impak op ’n gemeenskap kan hê. Om jongmense op te lei en te vorm vir die wêreld daarbuite raak nie net die leerders nie, maar betrek hulle hele huishoudings en al die skool se personeel.

Solidariteit het begrip vir hierdie belangrike taak wat van onderwysers verwag word en wil hulle daarom ondersteun op alle moontlike vlakke. Solidariteit is ’n plek van geborgenheid in ’n omgewing wat soms troebel kan lyk, veral met aanslae op die beroep se taal, etiek en manier van doen.

’n Gewone vakbond sal nie die mas kan opkom om die ondersteuning wat nodig is te bied aan onderwysers wat waarlik hul roeping wil uitleef nie. Solidariteit het egter die wenresep vir verandering, juis wanneer dit die nodigste is.

Solidariteit is in 1902 gebore en sedertdien is dit ons werk om seker te maak dat ons lede gelukkig kan werk. 1902 was net ná die Anglo-Boereoorlog toe baie jong seuns van hul plase na die myne moes skuif om werk te soek. Uit hierdie omstandighede is ons vakbond gebore. Die vakbond was ‘n unieke antwoord op die uitdaging van werk in ‘n unieke tyd.

Dit is nou 2019 en Solidariteit se missie is nog presies dieselfde. Ons werk is om seker te maak dat mense ‘n goeie werk het. Hoewel Solidariteit se missie dieselfde is, is die uitdagings uniek. Ons antwoord moet dus ook weer uniek wees.

Solidariteit moet werksekerheid in ‘n veranderde arbeidsmark bied, moet as gemeenskapsinstelling staatsdienste lewer, moet opstaan teen rasseboelies en moet geborgenheid aan sy lede bied.

Die tradisionele vakbondstruktuur is nie meer voldoende nie. Solidariteit het as antwoord iets veel groter gevestig – ‘n netwerk van werk wat ons die Solidariteit NetWerk noem.

Die omvattende Solidariteit NetWerk loop die volle loopbaanpad, van jongmens-wees tot aftrede, saam met Solidariteit-lede. Die NetWerk is ‘n unieke antwoord vir ‘n unieke tyd.

As deel van hierdie NetWerk is die Solidariteit Beroepsgildes in die lewe geroep. Die verskillende gildes bied ’n tuiste aan professionele mense waar hulle saam kan werk en saam kan leer.

Die Solidariteit Beroepsgilde vir Onderwysers het ten doel om ‘n beroepsgemeenskap te vorm vir onderwysers waardeur die beroep beskerm en bevorder word.

Dié gilde poog om kollektief as waghond vir lede op te tree, om die beroep te beskerm, en om jongmense ‘n kans op ‘n loopbaan binne die onderwyssektor te gee, asook om brandpunte te hanteer.

’n Onderwysstelsel is immers net so goed soos die gehalte van sy onderwysers!

Hoekom moet jy aan Solidariteit behoort?

Mense betaal honderde rande per maand vir korttermynversekering. Dit is ingeval hulle ’n ongeluk oorkom of beroof word. ’n Mens benodig dit nie elke dag nie en tog het ons dit, want ons kan nie bekostig om daarsonder te wees nie. Is ons werk nie belangriker as ‘n TV-stel of ’n motor nie?

Daar is baie dinge wat elke dag in die werkplek gebeur waarvoor werknemers dikwels skielik arbeidsregsadvies benodig. Solidariteit het die grootste arbeidsregspraktyk in Suid-Afrika met drie gespesialiseerde afdelings.

Solidariteit se algemene litigasie- en arbeidshofafdelings hanteer op enige gegewe tydstip tot soveel as 2 500 sake namens individuele en kollektiewe lede. Die algemeenste navrae en sake waarby die vakbond betrokke raak, is sake van onbillike regstellende aksie en diskriminasie, dissiplinêre verhore, onbillike ontslag, afleggings en die verskaffing van arbeidsregsadvies oor basiese diensvoorwaardes.

  • Solidariteit staan op vir onnies! Om aan te sluit, SMS “onnie” na 34802 (R1/SMS)
  •  
  •  
  •  
Redakteursbrief

Met die Solidariteit Beweging se Toekomsberaad op 10 Oktober vanjaar het Solidariteit die laaste deel van 2019 met ’n groot hoogtepunt aangepak. Dit was ’n heerlike geleentheid waartydens die energie en opgewondenheid tasbaar was onder die groep mense wat saam groot dinge vir ons toekoms help beplan. Tydens die vorige Toekomsberaad, wat in 2015 gehou […]


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close