Solidarteit Wêreld
2017 – Uitgawe 4 Nuuswaardig
Godsdiens in skole: Wat beteken uitspraak?
Deur Michelle | 10 Augustus 2017

Deur Francois Redelinghuys

Die hooggeregshof in Johannesburg het onlangs uitspraak gelewer in die opspraakwekkende saak rakende die beoefening van godsdiens in skole. 

Agtergrond

Die Organisasie vir Grondwetlike Onderrig en Demokrasie (Ogod) het ’n saak aanhangig gemaak teen ses skole wat hulleself met ’n Christelike etos verbind en onderrig vanuit ’n Christelike perspektief aanbied. Die saak is teengestaan deur die ses skole, en die skole is bygestaan deur Solidariteit, Fedsas en AfriForum.

Volgens Johan Kruger, adjunkbestuurshoof by Solidariteit, is dit vir Solidariteit uiters belangrik dat openbare skole die vryheid moet hê om 'n Christelike karakter te kan kies. “Hierdie geloofsuitgangspunt is grondwetlik moontlik, prakties uitvoerbaar en speel 'n belangrike rol in die sukses van talle skole in die land,” het Kruger gesê. 

Uitspraak

Dis in die eerste plek belangrik om te verneem dat die uitspraak in werklikheid bloot ‘n bevestiging is van die reeds bestaande uiteensetting soos vervat in die Grondwet en, belangriker, in artikel 7 van die Skolewet.

Wat verder van belang is, is die feit dat die uitspraak nie godsdiens en staat van mekaar geskei het nie, en dat die applikant se versoek om ’n interdik wat godsdiensbeoefening by die betrokke skole sou verbied het, nie toegestaan is nie. Wat verder van uiterste belang is, is dat die magte van beheerliggame by skole steeds van krag is. Dit beteken die beheerliggaam van ’n skool kan steeds die skool se beleidsrigting bepaal met inagneming van die demografie van die skool, mits dit aan die bepalings van die wet voldoen.

Dis slotsom is dus dat die beoefening van godsdiens in skole nie ongrondwetlik is nie, mits deelname hieraan vrywillig is en mense van ander gelowe by die betrokke skool nie deur hierdie praktyk uitgesluit word nie. 

Wat sê Solidariteit?

Solidariteit verwelkom die uitspraak omdat dit nou aan skole riglyne gee rakende die beoefening van godsdiens.

Volgens Juran van den Heever, kommunikasiehoof van Solidariteit, het die hof bevind dat 'n openbare skool nie een geloof mag bevorder deur uitsluiting van 'n ander nie. Verder mag 'n skool nie een geloof uitsluitlik voorhou as die geloof wat hulle ondersteun nie.

“Beheerliggame behou steeds die reg en bevoegdheid om die etos en geloofspraktyke van 'n betrokke skool te bepaal, mits dit voldoen aan die riglyne wat in die Skolewet vervat is. Skoolgemeenskappe en -personeel kan steeds hul geloof in hul roeping uitleef, mits leerders van ander geloofsoortuigings ook geleentheid kry om hul geloofsoortuigings uit te leef,” het Van den Heever gesê.

Hy beklemtoon verder dat Ogod onder fel kritiek van die hof deurgeloop het en dat sy hofaansoek grootliks misluk het. “Die hooggeregshof het Ogod se ingrypende soeke na 'n bevel dat godsdienspraktyke in openbare skole verbied moet word, van die hand gewys. Ogod het ook nie daarin geslaag om dit as ongrondwetlik te laat verklaar nie,” het Van den Heever verduidelik.

  •  
  •  
  •  
  •  
Redakteursbrief

So staan nog ’n jaar einde se kant toe. Hoewel die laaste deel van 2018 steeds volgepak is met dinge om af te handel, kan ons reeds met tevredenheid terugkyk op die jaar se groei en sukses tot op hede. Hierdie is die 100ste uitgawe van Solidariteit Tydskrif en bied dus die perfekte geleentheid vir […]


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close