Foto krediet:
Dit is algemene kennis dat die hardwerkende belastingbetaler moet instaan vir die diefstal en wanbestuur van sowat R1,5 triljoen tydens die Zuma-era. Maar dis nie al nie. Die Ramaphosa-regering gaan volstoom voort om onbeskryflike groot uitgawes vir die belastingbetalers te beplan, soos die onbekostigbare en onwerkbare Nasionale Gesondheidsversekeringstelsel. Die ergste is dat ANC-woordvoerders begin uitsprake maak soos dat werkers se pensioenfondsgeld vir die sukkelende staatsondernemings “geleen” gaan word sodat die regering nie by die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) hoef te gaan aanklop vir hulp nie. Die IMF stel glo te streng eise!
Boonop gaan daar nie ’n dag verby dat hardwerkende belastingbetalers nie in die media lees van ontsaglike bedrae wat weg of wanbestuur is nie. Dit wys dat korrupsie nie net epidemiese afmetings in dele van die staatsdiens aangeneem het nie, maar skynbaar ook ’n aansteeklike siekte word. In ’n normale demokratiese land sou die regering al lankal tot ’n val gekom het, maar in Suid-Afrika is die ANC onlangs weer tot regering verkies!
Molefe en Motsoeneng
Die ergste is dat die land se leiers blykbaar nie dink dis so erg nie. Hulle praat baie oor korrupsie, maar ons hoor nooit dat iemand daarvan aangekla word nie. Opposisiepartye veroordeel, koerante kritiseer en spesiale eenhede ondersoek, maar daar bo gebeur niks. As Solidariteit nie vir mense soos Brian Molefe aangevat het oor sy plundering van Eskom se pensioenfonds of vir Hlaudi Motsoeneng oor sy wanbestuur by die SAUK nie, het hulle met moord weggekom.
Dit lyk of almal by die ANC so besig is met hulle oorlewing in die party dat byna niemand by die land se oorlewing uitkom nie! Mense raak al afgestomp en is so gewoond aan regeringskorrupsie dat hulle dit in die praktyk maar begin aanvaar.
Die instelling van tolpaaie in Gauteng was die eerste keer dat gewone belastingbetalers die streep getrek en gesê het genoeg is genoeg. Niemand gee om as daar billike belastings gehef word nie, maar dan moet die geld eerlik bestuur en doeltreffend aangewend word. Dieselfde mense wat nie die land kan bestuur nie, dink blykbaar dat belastingbetalers onderdanige koeie is met ’n onuitputbare voorraad melk wat nooit sal opraak nie. Die openbare woede wat die tolpadkwessie ontlok het, was eintlik ’n opstand teen swak staatsbestuur. Mense raak keelvol om links en regs belasting te betaal, niks daarvoor te kry nie en te sien hoe hulle swaar verdiende belastinggeld geplunder word, net om dan wéér ’n keer vir al die privaat dienste te moet betaal.
Wêreldrekords
Belastingbetalers betaal meer aan die regering as wat hulle aan hulself betaal. Doen gerus maar self die somme. Tel al die soorte direkte en indirekte belasting bymekaar, plus daardie dienste wat jy privaat moet aankoop omdat jy nie die staat s’n kan gebruik nie, en kyk hoeveel geld jy daarna oor het. Ons netto belasting is die hoogste in die wêreld. Die dienste wat ons daarvoor kry, is die swakste in die wêreld. Die omvang van wanbesteding en diefstal van ons geld is nou al ook ’n wêreldrekord. Die regering se lamsakkige pogings om korrupsie uit te roei, is sekerlik die flouste in die wêreld. Daarom is dit wonderlik dat belastingbetalers nou begin aandring op ’n goeie opbrengs vir hulle geld. Hierdie gemors moet hand en tand beveg word.
Vanweë die aard van die belastingstelsel dra die gewone werkende Suid-Afrikaner die grootste deel van hierdie netto belastinglas en kan hulle met reg voel dat hulle grootliks die regering én die armes moet dra. Daarom gaan die redenasie dat Suid-Afrika die ongelykste land in die wêreld is, nie op nie. Die syfers vergelyk nie appels met appels nie. Dit onderskei nie tussen die ongelyke vaardigheidsvlakke in verskillende lande nie en neem nie die netto belastinglas in ag nie. Die armes se totale inkomste word byvoorbeeld vergelyk met die inkomste van die ryker groep voor belasting en voor hulle uitgawes aan die bykomende “dubbele belasting”.
Gesin eerste
Dit is ’n wêreldwye verskynsel dat die gemiddelde werk mense moontlik nie ryk maak nie, maar dat die werkende middelklas terselfdertyd ook nie arm sal wees nie. Dít voorveronderstel egter ’n belastingstelsel waar die werkendes eers vir die basiese behoeftes van hulle eie gesinne kan sorg voordat hulle belasting aan die staat vir die behoeftes van ander moet betaal. Verder behoort belastingbetalers self ook waarde vir hulle geld te kry in die vorm van gratis onderwys en ander dienste, en behoort hulle doeltreffende inspraak in die besteding van hul belastinggeld te hê.
Daarom is dit tyd dat die regering die werkende belastingbetaler nie sal behandel soos onderdane wat belasting moet betaal nie, maar soos volwaardige burgers wie se belange net soos die van ander groepe beskerm moet word.
Hierdie probleem kom nie net in Suid-Afrika voor nie, maar is selfs in die VSA teenwoordig. Daarom is dit insiggewend om te lees wat twee gesiene swart ekonome van Amerika hieroor te sê het.
Die Afro-Amerikaanse denker, prof. Thomas Sowell, het ’n paar aangrypende stellings hieroor gemaak wat belangrike lesse vir ons land inhou, ten spyte van die verskille tussen die VSA en Suid-Afrika:
Prof. Thomas Sowell
Die tweede denker is Colemen Huges, wat al wyd oor die welvaartsgaping tussen rasse geskryf het. Hy maak onder meer die volgende twee stellings:
Coleman Huges
Daarom voer Solidariteit ’n veldtog teen die diefstal en wanbestuur van sy hardwerkende lede se belastinggeld, om te verseker dat werkers nie hierdie skandalige plundering en vermorsing hoef te subsidieer nie.
Deur Cilleste van Dyk Ons sal self. Hierdie drie woorde kan baie arrogant klink sonder die regte konteks. Solidariteit sê: Ons sal self, nie omdat ons dink dat ons dinge alleen of deur ons eie krag sal regkry nie, maar omdat dat daar geen ander opsie is vir ’n voorspoedige toekoms nie. Daarom sê ons […]
Oops! We could not locate your form.