Solidarteit Wêreld
2018 – Uitgawe 6 Redakteursbrief
Heildronk op 100 uitgawes
Deur Michelle | 08 November 2018

So staan nog ’n jaar einde se kant toe. Hoewel die laaste deel van 2018 steeds volgepak is met dinge om af te handel, kan ons reeds met tevredenheid terugkyk op die jaar se groei en sukses tot op hede.

Hierdie is die 100ste uitgawe van Solidariteit Tydskrif en bied dus die perfekte geleentheid vir my en die span om die groei van die tydskrif oor die afgelope 17 jaar in oënskou te neem.

Om 100 uitgawes saam te stel, het vereis dat ’n groep mense hard moes werk en – soos met baie dinge in die lewe – ’n paar lesse moes leer tot voordeel van hierdie publikasie. Rome is nie in een dag gebou nie en hierdie puik publikasie wat jy vandag lees, het ook oor tyd gegroei tot ’n tydskrif wat ons lesers inlig, vermaak en waardevolle kennis bied.

’n Heildronk op elkeen wat ’n aandeel in die welslae van die tydskrif gehad het, en bowenal op ons adverteerders en lesers wat ons so getrou ondersteun!

Met die viering van hierdie groot mylpaal vir die tydskrif het ons in dié uitgawe ’n paar areas in die Solidariteit Beweging uitgelig waar groei veelvoudig plaasgevind het. Ek hoop jy kan met trots saam met ons kyk na hoe hierdie areas uitgebrei het om groter, beter en sterker te wees as wat enigiemand kon dink, danksy jou deelname daarin om ’n vry, veilige en voorspoedige toekoms net hier in Suid-Afrika te bou.

Jy kan ook lees oor S-Leer en hoe die Solidariteit-gildes groei, asook hoe Solidariteit die jeug betrek om al sy voordele te geniet. Daarbenewens kan jy die nuutste lees oor die nasionale staking by Sasol en oor die stand van sake by die platsak Denel. Jy kan oudergewoonte ook opvang met die nuutste verwikkelinge by ’n paar van die ander instellings van die Solidariteit Beweging.

Ek wens vir jou en jou familie ’n wonderlike feestyd toe, met al die geluk wat samesyn bring. Volhard hierdie laaste paar weke van die jaar en geniet dan ’n welverdiende ruskans. Vir dié van ons wat enduit werk, byt vas. Niks is ooit verniet nie!

 

Groete

 

 

 

  •  
  •  
  •  
Ander Artikels

Discovery Bank | Duisende sê nee vir rasuitsluiting

Deur Rochelle Snyman  Solidariteit het einde Februarie vanjaar ’n reuseveldtog teen Discovery Bank van stapel gestuur nadat Discovery gesê het hy beplan om 10% van die aandele in sy nuwe bank aan swart kliënte te gee. Die vakbond het afgeskop deur ’n reklamebord op die Ben Schoeman-snelweg te plaas waarmee lede en ondersteuners in die […]




Ruk jou lewe reg met jou selfoon in die hand

Die jaar is volstoom op dreef, en soms voel dit asof alles wat moet gebeur en alles wat jy vergeet, oorweldigend raak. Daar is egter ’n verskeidenheid slimfoontoepassings (apps) wat jy kan gebruik om beter te beplan en te organiseer. Hieronder is drie apps wat enersyds gerieflik en andersyds gebruikersvriendelik en gratis is. Google Keep […]




Eskom en Suid-Afrika se afbreek en heropbou

Dit voel of my hart wil breek oor Eskom. Daar is ’n paar redes hiervoor. Op ’n persoonlike vlak was Eskom my eerste werk ná my studies. My loopbaan het op die Matimba-kragstasie by Ellisras begin. My aardse besittings het alles in my beskeie studentekarretjie se bagasiebak ingepas toe ek daar aankom. Eskom het my […]




Religious convictions and the workplace

By Mariesa Jansen van Rensburg  In the case of TDF Network Africa (Pty) Ltd v Faris,* the employee (“Faris”) had been employed by the employer (“TDF”) since 2012. During the recruitment process, Faris informed TDF that she is a Seventh-day Adventist and that she could not work on the Sabbath which falls on a Saturday. […]




Jou werk is ons hartsaak

Sedert 1902 glo Solidariteit in werk en om mekaar te help. 117 jaar later is dit steeds Solidariteit se hartsbegeerte om mense te help om 'n goeie werk te bekom en te behou. Ons uitdagings word ongelukkig groter, en dus moet ons planne nóg groter word. Solidariteit spits hom toe op werkgeleenthede – en watter […]





Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close