Solidarteit Wêreld
2020 – Uitgawe 5 Redakteursbrief
Hoopvolle toekoms
Deur Lize-Mari | 05 November 2020

Deur Cilleste van Dyk

Ons sal self. Hierdie drie woorde kan baie arrogant klink sonder die regte konteks. Solidariteit sê: Ons sal self, nie omdat ons dink dat ons dinge alleen of deur ons eie krag sal regkry nie, maar omdat dat daar geen ander opsie is vir ’n voorspoedige toekoms nie. Daarom sê ons ons sal self in die Here, saam met ’n gemeenskap. Dit is óns generasie se taak om op te staan uit ’n pandemiekrisis en ons voorreg om vir die volgende geslag te bou en ’n nalatenskap te skep.

Opstaan uit ’n krisis is gelukkig niks vreemd vir Afrikaners nie, want ons doen dit al dekades lank. Die koronakrisis is wat dit eie maak aan ons tyd. Solidariteit het egter reeds lankal begin om voor te berei vir ’n krisis soos dié. Ons het nie geweet dit sal ’n virus wees wat ons werk, die ekonomie en ons toekoms moontlik kan kniehalter nie, maar die belangrike deel is dat ons gereed is om hierdie krisis die hoof te bied.

Ek nooi jou uit om in hierdie uitgawe van die Solidariteit Tydskrif meer te lees oor Solidariteit se opwindende en omvattende Werkherstelprogram wat op 8 Oktober bekendgestel is. Hierdie program bevat al die oplossings wat ons voorstel om die Covid-19-krisis die stryd aan te sê én die hoof te bied.

Nadat ek deur die programinhoud gewerk het, het ’n gevoel van verligting oor my gespoel. Die planne, oplossings en voorstelle is nie wollerige drome wat dalk eers oor 20 jaar gaan realiseer nie. Dit is werklikhede wat reeds geïmplementeer, reeds gebou en reeds daar is om jou te ondersteun.

Ek het vroeër genoem dat ’n krisis nie vir Afrikaners vreemd is nie, want ons het opgestaan uit die as van die Anglo-Boereoorlog, die Rebellie en die Afrikaner-armoedevraagstuk. Wat die huidige krisis uitsonderlik maak, is dat ons nog nooit so gereed was om op te staan soos nou nie. Voorheen moes ons mense waarlik van vooraf begin met niks, maar hierdie keer begin ons op ’n sterk grondslag.

Ek wil graag hierdie geleentheid gebruik om dankie te sê aan al ons getroue lede en lesers. Dankie dat julle saam met ons deur ’n bitter moeilike jaar geleef het waar ons soms moeilike aanpassings moes maak. Ons waardeer julle ondersteuning en hulp.

Hierdie is ook die laaste uitgawe van die jaar, daarom wens ek almal voorspoed toe vir die nuwe jaar. Mag God ons almal seën gedurende die Kerstyd, maar ook elke ander dag.

Trek solank jou 2021-dagboek nader en beplan saam met ons aan ’n nuwe jaar vol nuwe dinge, ’n jaar propvol hoop. Weet vir seker: Solidariteit is aan jou kant, elke tree van jou lewenspad. Soos in 1902 toe ons begin het, soveel te meer vandag!

Ander Artikels

Onwankelbaar, rotsvas!

Deur Marietha Malan Ek het nog nooit van verandering gehou nie. In die personeelkamer kies ek my stoel in ’n veilige hoek. Selfs op die eerste werkdag van die nuwe jaar, wanneer almal tradisioneel weer nuwe plekke kies, mik ek vir my ou stoel. Ek ry soggens altyd dieselfde pad werk toe en hou dieselfde […]




Occupational guilds – medieval to modern

By Wilmarie Brits Guilds originated in the High Medieval Period, as craftsmen united to protect their common interests in a particular trade. Guilds were generally organisations that used an early form of accreditation and membership in the form of letters patent, which were issued by the local lord. These letters patent afforded the guild the […]




Maak 2020 se Kersfees besonders

Deur Wilmarie Brits Die jaar 2020 was beslis onvergeetlik, maar nie vir die regte redes nie. Die ekonomie het ons almal gedruk soos ’n nuwe paar skoene en talle mense voel aan die einde van dié lang jaar moedeloos, onseker of bloot net omgekrap omdat dinge nie volgens plan verloop het nie. Jy het egter […]




’n Welstandfokus is kritiek vir herstel

Deur Cilleste van Dyk Solidariteit sien sy lede nie net as werknemers nie, maar ook as mense wat as deel van ’n gesin en ’n gemeenskap funksioneer. Die maatskaplike gevolge van die Covid-19-pandemie is omvangryk en daarom het Solidariteit ’n maatskaplike oorbruggingsplan as deel van die Werkherstelprogram bekendgestel. Lees gerus meer op bladsy 40 oor […]




Werkbehoud en -herstel in die nuwe wêreld van arbeidsverhoudinge

Deur Reon Janse van Rensburg Die Covid-19-krisis het die skuif na elektroniese platforms vir werkgewers en werknemers versnel om ’n interaktiewe werkgemeenskap moontlik te maak. Solidariteit gaan in die volgende 18 maande die eerste interaktiewe en geïntegreerde werkgemeenskap ter wêreld bekendstel. Al die elemente van die Solidariteit Netwerk en die Werkherstelprogram gaan op die platform […]





Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close