Solidarteit Wêreld
2020 – Uitgawe 4 Nuuswaardig
Is ons dan te wit vir ons land?
Deur Lize-Mari | 14 September 2020

Foto krediet: iStock

 

Deur dr. Dirk Hermann

Sê saam nee vir die rasmalligheid! Ek is keelvol, om dit lig te stel, vir die rasmalheid van hierdie land.

Vir etlike jare reeds veg ek in my persoonlike hoedanigheid en as deel van Solidariteit as organisasie teen rasvergrype. Diep teleurgesteld moes ek toekyk hoe die land ’n nuwe raslaagtepunt bereik toe die staat besluit het dat wit mense nie hulp tydens die Covid-19-krisis mag kry nie – pandemiehulp wat slegs op grond van ras toegeken word. As ons nie eers in ’n krisis op die staat kan staatmaak nie bloot omdat ons wit is, wanneer sal ons dan kan?

Is ons dan te wit vir ons land?

Toe Panyaza Lesufi nog meer raspolisie wou aanstel om op wit mense jag te maak, die regstellendeaksiewette nog strenger word en ons sporthelde vir ’n radikale rasbeweging buig, het ek by die punt gekom waar ek dit wil uitskreeu: Stop die rasmalheid!

Ons sporthelde buig voor ’n organisasie met ’n radikale swart agenda wat tradisionele strukture en onder andere die Westerse gesinstruktuur wil ontwrig. Dit is nie wollerige idees nie, Faf, dis klipharde linkse retoriek. Black Lives Matter (BLM) se basis is staatsonderdrukking van die swart minderheid in die VSA. Dit is anders hier; hier is ’n swart meerderheidstaat wat rassewette teen ’n klein minderheid instel. Julle het dit skoon verkeerdom.

Deur die knie te buig en plasings op sosiale media te maak, het Faf du Plessis en kie hulle stryd gekies. Hulle het teen van hulle grootste ondersteuners gekies. Dit is dieselfde ondersteuners wat nie geboe het as Tendai Mtawarira vorentoe gedryf het nie, maar “Beast” gedreunsang het, want dié man kán rugby speel. Dit is dieselfde ondersteuners wat trots vir Siya Kolisi kaptein genoem het. Hulle was lojaal teenoor elke rugbyspeler, swart of wit. Hulle voel verraai. Ons as ondersteuners was lojaal; julle nie. Mense, insluitende ek, is kwaad en teleurgesteld.

Ek kan nie meer stilbly nie – nou het dit te ver gegaan. Die woede binne my omdat ek die rassis genoem word en moet bieg terwyl growwe rassisme teen my en my mense gepleeg word, wil oorkook.

Jammer, ek sê nou nee!

Die oneerlikheid van die samelewing word nou te veel. Vergrype teen my mense word op grond van die verlede geregverdig. Ek is deel van ’n klein minderheid, geboelie deur die staat weens my ras, en ek moet stilbly omdat die boelies die slagoffers is. Jammer, ek sê nou nee!

Suid-Afrika is die mees rasgereguleerde land ter wêreld. Vir alles is daar ’n rassewet. Daar is ras as jy wil studeer; ras as jy finansiële studiehulp nodig het; ras as jy wil rugby, krieket of netbal speel; ras as jy wil sake doen; ras as jy werk en ras as jy aansoek doen vir bevordering.

Obsessiewe rassetransformasie sit ons ligte af, maak die SAL bankrot, maak mense dood in staatshospitale en dompel munisipaliteite in die skuld. Die land is in ’n ekonomiese krisis, maar die regering wil nog meer ras. Rasbeskuldigings is aan die orde van die dag. Rasseherries bars los om onskuldige mense se koppe. Op grond van my ras is ek ewig in die skuld.

Op grond van die kleur van my vel word ek en my kinders tweedeklasburgers in ons eie land. Elke dag word dit net erger. Ons hoef dit nie so te aanvaar nie; ons moet opstaan en ons moet nee sê.

Solidariteit gaan ’n klag teen die rasvergrype van die Suid-Afrikaanse regering by die Verenigde Nasies (VN) se Komitee vir die Uitskakeling van Rassediskriminasie (CERD) lê.

Om ’n klag by die VN te lê, moet ons al die plaaslike roetes in die land, wat politieke gesprek en al die nodige regsroetes insluit, volg. Solidariteit het al ver op die regspad gevorder. Ons moet egter ook politieke gesprek eis. Om suksesvol daarmee te wees, moet ons kan wys dat massas mense gesprek met die regering eis.

Ek is die eerste ondertekenaar van ’n protesbrief teen rasvergrype, nie net as bestuurshoof van Solidariteit nie, maar as ’n pa van vier dogters en as burger van hierdie land. Nee, ek is nie te wit vir my land nie!

Ek, saam met julle almal, eis deur dié protesbrief ’n gesprek met pres. Cyril Ramaphosa, steun hofsake teen rasvergrype en maak my voorneme bekend om ’n klag by die VN in te dien. Ek maak ook hierdeur my voorneme om mekaar te help, bekend.

Ek wil jou vra om dit saam met my en duisende ander te doen. Versprei hierdie brief so wyd as moontlik. Klik hier en word deel van die protesbrief. Die tyd vir stilbly, buig en bieg is verby.

Stop die rasmalheid!

Suid-Afrika is die mees rasgereguleerde land ter wêreld. Jy word met ras gekonfronteer op alle vlakke van die samelewing, want vir alles is daar ’n rassewet. Ras word betrek as jy wil studeer, as jy finansiële studiehulp benodig, as jy sport wil speel, as jy sake wil doen, as jy wil werk en as jy aansoek wil doen vir bevordering.

Die regering se obsessiewe rassewette maak hulle blind vir die enorme ekonomiese krisis waarin die land tans is en saai verdeeldheid. Ons sê: Genoeg is genoeg.

Daarom het ons ’n reuse-protesveldtog van stapel gestuur om die regering se rasmalheid aan te pak. Ons gaan as deel van ons protesveldtog ’n gesprek met pres. Ramaphosa eis, aanhou om druk op politici te plaas en voortgaan met ons hofsake ten einde ’n klag teen die rasvergrype van die Suid-Afrikaanse regering by die CERD te lê.

Jy het die REG om VRY en VEILIG in jou land te woon en te werk! Moenie dat die staat dit van jou ontneem nie. Sê saam met ons NEE vir die rasmalheid. Teken ons protesbrief by

https://solidariteit.co.za/te-wit-vir-my-land/

Redakteursbrief

Deur Cilleste van Dyk Ek skryf vandag die derde opeenvolgende brief vir julle vanuit my woonkamer-kantoor, maar tog voel dit vir my soos ’n keerpunt. Ons is uiteindelik op vlak 2 van die inperking en dis byna asof daar weer ’n mate van normaliteit terugkeer. Die klein bietjie meer vryheid het my laat besef dat […]


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close