Solidarteit Wêreld
2019 – Uitgawe 1 My Gesin
Jou gesin: Laat elke oomblik tel
Deur Michelle | 08 Maart 2019

Deur Wilmarie Brits

Die daaglikse gejaag, lang werkure en skoolaktiwiteite veroorsaak gewoonlik dat gehaltetyd saam met die gesin in die slag bly en ons verder van mekaar verwyder raak. Om dinge saam jou gesin te doen, skep vertroue en ’n gevoel van eiewaarde, wat elkeen spesiaal en gewaardeer laat voel.

Volgens die aanlyn publikasie Wagtoring, hoef gehaltetyd saam jou gesin nie duur, ingewikkeld of lang vakansies saam te wees nie, maar gaan dit daaroor om dinge saam te doen wat jul gesinsbande sal verstek sodat wedersydse begrip en respek vir mekaar gebou word. “Jy het net 18 jaar om ’n prominente rol in jou kind se vormingsjare te speel.”

Volgens Hameeda Bassa-Suleman, ’n kliniese sielkundige van Durban, heg kinders waarde aan konsekwentheid. Daarom maak die hoeveelheid tyd wat julle saam deurbring, minder saak as die gehalte daarvan. Besluit dus op ’n vasgestelde dag en tyd om bymekaar te kom en gehaltetyd saam deur te bring.

Maak 2019 die jaar wat julle as gesin dinge saam doen.

Ontspan saam as ’n gesin

Dit is uiters belangrik om saam te ontspan en met mekaar te vereenselwig. Naweke behoort aan gesinsontspanning gewy te word, daarom moet jy probeer om jou take deur die week af te handel sodat jy en jou gesin oor die naweek lekker dinge saam kan doen. Hier is ’n paar idees:

  • Neem gesinsuitstappies na die dieretuin, pretparke, museums en ander fassinerende plekke.
  • Leer saam ’n nuwe vaardigheid aan, soos om ’n musiekinstrument te speel of ’n stokperdjie te beoefen.
  • Hou bordspeletjiesaande om te ontspan en herinneringe te bou.
  • Beplan ’n fondue-ete waar die gesin om een tafel kan sit en gesels oor die week se gebeure.

Wees aktief saam as gesin

Gereelde oefening verbeter nie net ’n mens se fisieke en geesteswelstand nie, maar dit is ook ’n lekker manier waarop jy tyd saam met jou gesin kan deurbring. Hier is ’n paar aktiwiteite wat julle as gesin saam kan doen:

  • Gaan ry saam fiets.
  • Gaan swem almal saam by die gim.
  • Neem deel aan ’n Parkrun in jou omgewing.
  • Gaan stap in ’n bos, sluit by ’n voëlkykklub aan of maak saam tuin.
  • Maak twee spanne en speel teen mekaar krieket.

Skep jul eie tradisies

Familietradisies skep ’n gevoel van samehorigheid en versterk die band tussen familielede. Dink aan spesiale maniere hoe jy en jou gesin verjaarsdae, doopdatums, Kersfees of Paasfees kan vier. Julle kan ook ’n unieke tradisie skep deur byvoorbeeld die kinders se eerste skooldag of eerste hoërskooldag te vier.

  • 1
  •  
  •  
Redakteursbrief

Met die Covid-19-inperking steeds volstoom aan die gang, bring ons vir jou nóg ’n inperkingsuitgawe op jou rekenaarskerm, hierdie keer met gemak saamgestel asof dit al jare lank so gedoen word. Almal het die nuwe manier van doen se ritme nou reeds bemeester, met sommige wat intussen terug is by die werk terwyl ander nog […]


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close