Solidarteit Wêreld
2019 – Uitgawe 2 Redakteursbrief
Jou werk is ons hartsaak
Deur Michelle | 25 April 2019

Sedert 1902 glo Solidariteit in werk en om mekaar te help. 117 jaar later is dit steeds Solidariteit se hartsbegeerte om mense te help om 'n goeie werk te bekom en te behou. Ons uitdagings word ongelukkig groter, en dus moet ons planne nóg groter word.

Solidariteit spits hom toe op werkgeleenthede – en watter edele werk is dit nie! Werk bepaal identiteit; dit gee betekenis en waarde. Volgens Jim Clifton, die voorsitter en uitvoerende hoof van Gallup, is 'n goeie werk die grootste behoefte van mense reg oor die wêreld.

Twintig jaar gelede het ons al gesien die beroepswêreld en die politiek gaan radikaal verander. Ons het toe al begin bou aan 'n groter Solidariteit-netwerk-van-werk. Ons wil op elke vlak en in elke stadium van ons lede se werk betrokke wees. Die Solidariteit NetWerk is een van die grootste oplossings waaraan Solidariteit tans aandag gee. As jy meer wil weet daaroor, lees gerus dr. Dirk Hermann se artikel op bladsy 10.

Solidariteit glo ook dat jy goed moet beplan vir die toekoms, al is jy tereg bekommerd. Daarom fokus ons in hierdie uitgawe op beplanning in alle fasette van jou lewe. Lees gerus saam met ons aan hierdie uitgawe om te meet of jou beplanning vir die toekoms op die regte pad is.

Ons by Solidariteit verstaan dat jy vir ’n klomp goed kan beplan, maar dat daar soms ook dinge is waarvoor jy nie beplan het nie of wat buite jou beheer is. Dit is waarom ons met net soveel ywer sake soos genl.maj. Fick van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) s’n aanpak. Hierdie saak het ’n baie positiewe uitkoms gehad en het bewys dat geregtigheid altyd sal seëvier. Ná 'n geveg van byna 'n jaar teen haar onregmatige afdanking in haar pos by die SAPD, mag sy terugkeer en word sy terugwerkend vergoed.

Ons kan ook noem dat Solidariteit se veldtog teen Discovery se nuwe bank verskerp gaan word, weens die uitvoerende hoof van die bank, Barry Hore, se versuim om te reageer op duisende stemme teen die uitsluiting van sekere rassegroepe by die geniet van voordele by die groep se nuwe bank.

Dus is beplanning belangrik, maar ons staan ook reg om te reageer wanneer ons lede dit nodig het. Ek het nou die dag woorde raakgelees wat bevestig het ons pak hierdie dinge nie alleen aan nie, maar saam met God. Die stuk verskyn in die boek 10-minuut-oordenkings: Psalms deur Struik Christian Media:

“Maar U sien die moeilikheid en leed wat hulle veroorsaak, ja, U, U sien dit raak en tree teen hulle op… Here, U hoor die smeking van die hulpeloses… U spreek reg oor wese en verdruktes sodat mense hulle nie meer verskrik nie.” – Psalm 10:14, 17–18

Wil dit nie voorkom asof die slegte ouens dikwels ’n maklike lewe het en wegkom met wetteloosheid terwyl die goeie ouens dikwels sukkel om net te oorleef en deur die lewe te kom nie? Partykeer lyk dit asof dit ons nie baat om goed te wees en te doen terwyl boosheid floreer en die regverdiges gebuk gaan onder swaarkry en teenspoed nie. Dawid het ook hierdie frustrasie verstaan. Hoewel hy as tiener as koning gesalf is, was hy die grootste gedeelte van sy twintigerjare op vlug en besig om weg te kruip vir die goddelose en bose koning Saul.

Dawid het dikwels, te midde van sy beproewings, sy gebede vasberade begin met lofprysing en erkenning aan die Here. Wanneer die slegte ouens wen, het hy na God gedraai. Hy het tyd geneem om na te dink oor God se onmeetlikheid en wonderbaarlikheid. Vir Dawid was gedagtenis aan God se getrouheid in die verlede van groot belang, omdat herinnerings aan een genadedaad dikwels lei tot herinnerings aan vele ander.

Op dié manier kon Dawid troos vind in en sy vertroue plaas op die geseënde versekering van God se toekomstige geregtigheid. Hy het vrylik beweeg van ’n uitroep van verdrukking na ’n lied van lojaliteit, selfs in die moeilikste tye, wanneer God ver en stil voorgekom het. Dit kan moeilik wees om te staan en kyk hoe die goddeloses van hierdie wêreld floreer terwyl dit lyk asof geregtigheid van goeie en standvastige mense ontneem word. Vind troos in die belofte dat God in sy heilige tempel is en op sy hemelse troon sit. Niks in hierdie wêreld kan ooit sy wakende oog ontglip nie.

 

  •  
  •  
  •  
Ander Artikels

Discovery Bank | Duisende sê nee vir rasuitsluiting

Deur Rochelle Snyman  Solidariteit het einde Februarie vanjaar ’n reuseveldtog teen Discovery Bank van stapel gestuur nadat Discovery gesê het hy beplan om 10% van die aandele in sy nuwe bank aan swart kliënte te gee. Die vakbond het afgeskop deur ’n reklamebord op die Ben Schoeman-snelweg te plaas waarmee lede en ondersteuners in die […]




Ruk jou lewe reg met jou selfoon in die hand

Die jaar is volstoom op dreef, en soms voel dit asof alles wat moet gebeur en alles wat jy vergeet, oorweldigend raak. Daar is egter ’n verskeidenheid slimfoontoepassings (apps) wat jy kan gebruik om beter te beplan en te organiseer. Hieronder is drie apps wat enersyds gerieflik en andersyds gebruikersvriendelik en gratis is. Google Keep […]




Eskom en Suid-Afrika se afbreek en heropbou

Dit voel of my hart wil breek oor Eskom. Daar is ’n paar redes hiervoor. Op ’n persoonlike vlak was Eskom my eerste werk ná my studies. My loopbaan het op die Matimba-kragstasie by Ellisras begin. My aardse besittings het alles in my beskeie studentekarretjie se bagasiebak ingepas toe ek daar aankom. Eskom het my […]




Religious convictions and the workplace

By Mariesa Jansen van Rensburg  In the case of TDF Network Africa (Pty) Ltd v Faris,* the employee (“Faris”) had been employed by the employer (“TDF”) since 2012. During the recruitment process, Faris informed TDF that she is a Seventh-day Adventist and that she could not work on the Sabbath which falls on a Saturday. […]




Jou werk is ons hartsaak

Sedert 1902 glo Solidariteit in werk en om mekaar te help. 117 jaar later is dit steeds Solidariteit se hartsbegeerte om mense te help om 'n goeie werk te bekom en te behou. Ons uitdagings word ongelukkig groter, en dus moet ons planne nóg groter word. Solidariteit spits hom toe op werkgeleenthede – en watter […]





Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close