Solidarteit Wêreld

Oor Else, Louis en ’n verjaardag met koek, sosaties en Fanta

“Else Saterdag verjaar. Jy haar ’n koek braai.” Ek sug. Nog ’n SMS van Louis. Louis is doof en verstandelik gestremd. Hy het eendag by my hek opgedaag om ’n werkie te soek. Ek het heel toevallig ’n ou swaai gehad wat ek wou laat verf vir die skool....
Lees Meer

Hayo matata! Moenie bekommer nie

  Eva Mtshwene het nie in die Paradys gewoon soos haar Bybelse naamgenoot in die verre begindae van die aarde nie. Haar tuiste was ’n township-huisie waar ek eenmaal, lank terug, by haar netjiese eetkamertafel ’n gekookte maaltyd geëet het nadat Eva, net soos die Bybelse Eva, haar seun...
Lees Meer

Iemand by die hek

“Iemand is by die hek, Ouma!” Dis vakansie, en my kleinkinders kuier by Ouma. Ek is voor die wasbak, besig om ’n hoop skottelgoed klein te kry. Versigtig loer ek agter die kombuisgordyn uit. Ja, daar is iemand by die hek; ’n man. Ek takseer hom krities. As dit...
Lees Meer

AS ’N OUMA EN ’N JUFFROU BEGIN SWOT

Dis ysig in my klas. Swygend staar die teddies in die hoek my aan. Die kinderboeke staan ongelees op die rak. Stoele en tafels is silwerskoon. Daar is rolstoele op die mat waar kinderlywe moes gespeel het. Dis vakansie, maar ek sit by my tafel, voor my rekenaar, kombers...
Lees Meer

Oor donker dinge en groot gate

Marietha Malan My huis zoem van bedrywigheid. Op 57 sou ’n mens dink dat jy laatmiddae met jou voete omhoog ’n koppie tee op die stoep sou kon geniet terwyl jy die sonsondergang bewonder. Toe nie. Drie kleinkinders en twee kuiermaatjies van langsaan hol uitbundig in die gang af....
Lees Meer

Ons gaan hemel toe

“MA – HIE – NAAAA!” André bulder sy weergawe van my naam as hy my deur die venster sien aankom. Ek waai terug en versnel my pas effens. Ek is by die deur voordat hy nog ’n keer sy verwelkomende kreet uitbulder. Nie almal in die skool wil seker...
Lees Meer

Die nuus om sewe

Om op die kantlyn te bly sit wanneer ons skool konsert hou, is uit. Heeltemal uit. Elke siel word opgesweep in die stroom van opwinding waarmee die voorbereiding gepaard gaan. Wanneer dit oefentyd is, moet Jakob, die tuinier, sy graaf en kruiwa laat staan en agter die verhoog dinge...
Lees Meer

Om te lewe… soos my ander seun

Die maan skyn helder deur die donker kamer se venster en val op 'n bruin gesiggie. Ek lê en kyk na die spesiale wesentjie in die bed wat ek tot langs myne gestoot het, ingeval hy bang word. Dan kom ek agter hy slaap nie. Ons staar na mekaar....
Lees Meer

Die Groot Ding met pajamas…

“Pajamas is sommer ’n onnodige luukse. Hoekom sal ’n mens nou dieselfde vir ’n stel pajamas betaal as vir ’n ander nuttige kledingstuk? Ek slaap sommer in ’n ou sweetpakbroek en ’n uitgerekte trui.” Tot onlangs toe was hierdie my heel logiese filosofie. Tot en met hierdie winter. Hierdie...
Lees Meer

Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close