Solidarteit Wêreld

In krisistye moet jy waag om te kan wen

Deur Flip Buys In die middel van die harde vlak 5-inperking kry ek een nag laat ’n benoude oproep van ’n jarelange staatmakerlid. “Gaan Solidariteit hierdie krisis oorleef?” vra hy angstig. “Wat as hierdie Covid-tsunami alles platvee waaraan ons 20 jaar lank gebou het? Solidariteit is al wat nog...
Lees Meer
dad kissing baby

Lewende monumente van hoop

Rewolusie pleks van restourasie  ’n Paar jaar gelede daag daar op ’n dag onverwags ’n besoeker by ons ou hoofkantoor in Braamfontein op. Hy keer my in die gang voor: “Ek het vir jou Yskor Opleidingsentrum se laaste Afrikaanse tegniese boeke gebring,” sê hy. Ek stap saam met hom...
Lees Meer

Die pad vorentoe ná die inperking en Covid-19

Dit was op Alexanderbaai (van alle plekke!) dat ek die eerste keer die ANC se Heropbou- en Ontwikkelingsprogram (HOP) gesien het. Ek was nog nuut in die vakbondwese toe ek in daardie afgeleë gebied namens ons lede gaan onderhandel het. Langs my het ’n jong NUM-verteenwoordiger gesit, met ’n...
Lees Meer

Kom ons word deel van die oplossing

Meer as 2 500 jaar gelede moes jong mans in Antieke Griekeland wat diensplig moes doen om burgerskap van die Atheense stadstaat te kry, ’n merkwaardige eed aflê. Hierdie eed, en dit wat dit onderlê, het die grondslag van die Westerse kultuur en beskawing geword. Die 18-jarige mans moes...
Lees Meer

Die Afrikaner se 2030-droom

Dit is 10 Oktober 2030. Die groot dag het uiteindelik aangebreek. Die Suid-Afrikaanse regering teken vandag ’n omvattende kultuurakkoord waardeur Afrikaners se selfbestuur amptelik erken word. Die akkoord is in wese die erkenning van die uitgebreide kulturele selfbestuur wat Afrikaners reeds in die praktyk met sterk selfdoenorganisasies verwerklik het....
Lees Meer

Hardwerkende belastingbetalers subsidieer diefstal en wanbestuur

Dit is algemene kennis dat die hardwerkende belastingbetaler moet instaan vir die diefstal en wanbestuur van sowat R1,5 triljoen tydens die Zuma-era. Maar dis nie al nie. Die Ramaphosa-regering gaan volstoom voort om onbeskryflike groot uitgawes vir die belastingbetalers te beplan, soos die onbekostigbare en onwerkbare Nasionale Gesondheidsversekeringstelsel. Die...
Lees Meer

Agt goue reëls om 'n sukses van jou loopbaan te maak

Dit is vir elke mens moontlik om ’n sukses van sy of haar loopbaan te maak. Die wel en weë van Solidariteit se meer as 180 000 lede het vir FLIP BUYS die geleentheid gebied om ’n deeglike studie te maak van die vereistes vir loopbaansukses. Hy het vir jare...
Lees Meer

Dis tyd om nuut te dink en te doen

Albert Einstein het gesê dat dit die toppunt van dwaasheid is om dieselfde ding herhaaldelik te doen en dan ’n ander uitkoms te verwag. Hierdie wysheid is nou baie toepaslik in Suid-Afrika. Miljoene kiesers het so pas vir die sesde verkiesing sedert 1994 vir dieselfde regering gestem onder wie...
Lees Meer

Eskom en Suid-Afrika se afbreek en heropbou

Dit voel of my hart wil breek oor Eskom. Daar is ’n paar redes hiervoor. Op ’n persoonlike vlak was Eskom my eerste werk ná my studies. My loopbaan het op die Matimba-kragstasie by Ellisras begin. My aardse besittings het alles in my beskeie studentekarretjie se bagasiebak ingepas toe...
Lees Meer

Die argitekplan waaraan ons bou

Sien volledige plan – klik hier Jare gelede het iemand in Europa vir drie bouers gevra waarmee hulle besig is. “Ek messel hierdie muur,” het die eerste bouer moeg gesê. “Ek bou aan ’n katedraal,” het die tweede bouer opgewek geantwoord. “Ons bou aan die Westerse Christendom,” het die...
Lees Meer
Volgende Bladsy »

Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close