Solidarteit Wêreld
2020 – Uitgawe 3 Redakteursbrief
Lewende monumente waaraan jy help bou
Deur Michelle | 12 Julie 2020

Met die Covid-19-inperking steeds volstoom aan die gang, bring ons vir jou nóg ’n inperkingsuitgawe op jou rekenaarskerm, hierdie keer met gemak saamgestel asof dit al jare lank so gedoen word. Almal het die nuwe manier van doen se ritme nou reeds bemeester, met sommige wat intussen terug is by die werk terwyl ander nog ’n rukkie langer in hulle sitkamer-kantoor moet werk.

Waar jy ook al tans jou werk doen, sal jy vind dat die werk-ritme van onskatbare waarde is. Hoe meer gemaklik ons raak met die nuwe manier van dinge doen, hoe meer hoop en planne het ons vir die toekoms. Dit is waarom ons in hierdie uitgawe fokus op die gebeure en planne wat hoop skep tydens ons nuwe uitdagings, sodat uitdagings eintlik ’n gulde geleentheid vir verandering word.

Solidariteit het tydens die Covid-19-pandemie reeds lewende monumente van hoop geskep deur Akademia, Wolkskool en die Krisisfonds vinniger uit te brei of op die been te bring.

Ons weet dat monumente opgerig word ter nagedagtenis aan iemand of iets om die persoon of die gebeurtenis te vereer, maar lewende monumente word gebou deur elkeen wat bydra om ’n merkwaardige gebeurtenis te skep. Dit is iets wat jy inderwaarheid help bereik eerder as om te wag dat dit gebeur en dan eers ná die tyd te besef dit was merkwaardig.

Lees gerus meer oor hierdie lewende monumente van hoop en wat hoop vir die toekoms beteken. Ons sê ook dankie vir elke lid wat help bou aan hierdie monumente, want sonder julle hulp sou dit net ’n droom gebly het. Is dit nie opwindend om te kan sê ons is deel van hierdie stukkie geskiedenis wat besig is om te gebeur nie?

Solidariteit is oudergewoonte ook besig met verskeie aksies om lede se belange in die werkplek te beskerm en te keer dat hulle blootgestel word aan onwettige praktyke soos rassediskriminasie, om maar net een te noem. Lees meer hieroor en oor ons beplande besoek aan die Verenigde Nasies, juis oor rassediskriminasie.

Ek sluit af met hierdie woorde van ds. Karel Steyn:

“Mag dit ons bede wees dat dit wat in die toekoms met ons, as deel van die volk van God, gebeur, God se mag op ’n wonderlike manier bekend maak oor die hele aarde. Mag Hy deur dit wat vir ons in die toekoms wag, geëer word en mag sy Naam oor die hele aarde bekend word as die enigste God wat sy kinders red en dra!”

  •  
  •  
  •  
Ander Artikels

Uit! Ons laat ons nie inperk nie

’n Nuwe virus het die wêreld getref. Dit was totaal onbekend en onsekerheid en histerie het die wêreld oorval, eers in China, toe in Italië en daarna New York. Foto’s van oorvol hospitale en doodskiste is blitsig deur sosiale media die wêreld ingestuur. Op 4 Maart word die eerste geval in Suid-Afrika aangemeld. Pres. Cyril […]




’n Nuwe monument

Deur Chris Chameleon Ons is tans besig met aanbouings by my huis. Die werk moes lankal klaar gewees het, maar toe skink die owerhede mos vir ons ’n lang glas burgerregteskending in die vorm van ’n ongenaakbare grendeltyd en daar staan alles toe vir maande lank stil. Die enigste bedrywigheid op die werf is die […]




Retrenchment: Know your rights

By Barend Smit Since the beginning of the year, and even more so after the implementation of the national lockdown because of the Covid-19 pandemic, several companies have commenced with the large-scale retrenchment of their employees. It is important that employees should understand how retrenchment works and know their rights in this regard. Retrenchment occurs […]




Nie hopelose einde nie, maar eindelose hoop

Deur Wilmarie Brits Hoop is ’n moeilike begrip om te omskryf, en die meeste mense sien dit bloot as ’n wens of ’n begeerte. “Ek hoop 2021 is ’n beter jaar as 2020.” “Ek hoop die kinders kan binnekort terugkeer skool toe.” “Ek hoop pres. Cyril Ramaphosa laat weer die verkope van sigarette toe.” Dit […]




Só skep ons Netwerk van Werk

Deur Bianca Smit Wat is ’n beroep nou eintlik? Die woordeboek sê dis ’n werkkring, vak of betrekking, maar in ons huidige omstandighede is dit iets wat net gedoen mag word indien dit as noodsaaklik geklassifiseer is, en dan ook net mits daar aan baie spesifieke veiligheidsmaatreëls voldoen word. Die tipe beroep wat jy beoefen, […]





Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close