Solidarteit Wêreld
2020 – Uitgawe 5 My Gesin
Maak 2020 se Kersfees besonders
Deur Lize-Mari | 09 November 2020

Foto krediet: iStock

Deur Wilmarie Brits

Die jaar 2020 was beslis onvergeetlik, maar nie vir die regte redes nie. Die ekonomie het ons almal gedruk soos ’n nuwe paar skoene en talle mense voel aan die einde van dié lang jaar moedeloos, onseker of bloot net omgekrap omdat dinge nie volgens plan verloop het nie.

Jy het egter nog kans om 2020 op ’n hoogtepunt af te sluit. Prediker 9:4 stel dit so mooi: Solank jy lewe is daar hoop, want ’n lewendige hond is beter as ’n leeu wat dood is. Wanneer ons 2020 in oënskou neem, moet ons met ’n dankbare hart terugkyk en dankie sê vir alles wat ons het, ten spyte van die moeilike jaar.

Sommige mense gaan die feestyd met ’n swaar gemoed binne omdat daar nie geld is vir ’n vakansie by die see of vir duur geskenke nie. As jy een van hierdie mense is, wees dan net dankbaar vir die geleentheid wat jy het om Kersfees saam met jou gesin deur te bring.

Die grootste geskenk wat ons dié feestyd vir mekaar kan gee, is tyd saam met mekaar, want dit is kosbaar en skep blywende herinneringe.

Volgens die leefstyljoernalis Ronéll van Rooyen versterk gehaltetyd saam die gesinsbande en skep dit ’n gevoel van gebondenheid wat baie belangrik is vir jou kinders se ontwikkeling en groei. Betekenisvolle gesinsaktiwiteite laat kinders belangrik en gekoester voel, en leer hulle die belangrikheid van tradisies asook die waardes wat daardeur oorgedra word.

“Gehaltetyd is nie iets wat toevallig kom nie, dit verg goeie grense, ’n bietjie beplanning en gefokusde toewyding,” meen Gretha Wiid, verhoudingskenner en Christelike skrywer. Benut die tyd saam ten beste en leer die gewoonte aan om saam om die tafel eerder as voor die TV te eet en lekker te kuier. Deel die dinge wat vir julle mooi en lekker is met mekaar en wees die lig in mekaar se lewens.

’n Mens hoef nie altyd na eksotiese plekke te reis om vir jou gesin te wys jy gee om nie. Doen dinge wat julle saam kan geniet, soos kuier om die braaivleisvuur, stap deur ’n park of speel bordspeletjies, solank julle saam lag en mekaar geniet.

Probeer om hierdie feestyd nie vas te kyk in dít wat jy nie het nie, maar poog eerder om Christus-gesentreerde Kersfeestradisies te vestig wat nie net gesellige gesinstyd is nie, maar ook die ware betekenis van Kersfees inkorporeer. Maak saam met jou kinders versierings vir die Kersboom terwyl jy hulle vertel van die simboliek en wat Kersfees eintlik beteken.

Kersfees is ’n tyd van saamwees. Gebruik dié tyd dus om mekaar opnuut te vind en maak Christus die middelpunt van julle feesviering.

Redakteursbrief

Deur Cilleste van Dyk Ons sal self. Hierdie drie woorde kan baie arrogant klink sonder die regte konteks. Solidariteit sê: Ons sal self, nie omdat ons dink dat ons dinge alleen of deur ons eie krag sal regkry nie, maar omdat dat daar geen ander opsie is vir ’n voorspoedige toekoms nie. Daarom sê ons […]


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close