Solidarteit Wêreld
2019 – Uitgawe 5 Redakteursbrief
Moenie huiwer om die aflosstokkie oor te gee nie
Deur LJ | 30 September 2019

By Solidariteit het ek die voorreg om saam met ’n klomp inspirerende storievertellers te werk. Die stories wat hulle vertel, is nie sommer net stories nie. Hierdie stories gee jou moed, laat jou

'n bietjie verder en harder dink oor belangrike kwessies en laat jou altyd besef jy het ’n spesiale plek in die einste storie wat vertel word.

Só het ek besluit om ’n storie wat ek nou die dag gehoor het, oor te vertel.

Die groot insig van hierdie storie begin alles by ’n debatsaand waar skoolleerlinge aan debatte oor 'n verskeidenheid onderwerpe deelneem. Die meeste van hierdie debatte sal selfs die mees gesoute volwasse debatteerders onder die mat in vee, bloot omdat die manier waarop die jongmense dink so wonderlik uniek is.

Hierdie jongmense word in ’n unieke tyd groot wat juis ’n nuwe manier van dink verg, net soos ons in ’n spesifieke tyd grootgeword het wat tot gevolg gehad het dat ons op 'n spesifieke manier dink en doen. Dit is wonderlik om te sien dat ons jongklomp so veerkragtig is met planne en idees van hul eie.

Dit lig twee dinge in besonder uit: Ons werk nie verniet aan ’n vry, veilige en voorspoedige toekoms nie, die jongklomp sal dit benut… Maar ons moet hulle ook die geleentheid gun om dit aan te gryp.

Die geskiedenis gee aan elke geslag ’n taak. Sommiges kry makliker take as ander. Party kry baie take, ander moet baie gee. Omdat daar egter ’n verbond tussen die geslagte is; omdat ’n beskawing ’n ketting van geslagte is wat, soos met ’n afloswedloop, dít wat jy kry moet bewaar en vir die volgende geslag moet aangee; omdat die een geslag van die vorige en die volgende een afhanklik is, beteken dit as net een geslag nie sy taak opneem nie, is daardie ketting vir altyd verbreek.

Dan gaan daardie beskawing onder, verskraal tot ’n voetnota in ’n geskiedenisboek. Dit is soos om ’n boom af te kap en dan te dink jy sal steeds die vrugte en koelte kan bly geniet.

Die nuutste stryd wat Solidariteit aanpak, is juis een van die huidige geslag, wat reeds werk, se grootste uitdagings: belasting wat sonder skaamte geplunder word. Solidariteit sê: Genoeg is genoeg, ons gaan belastingplunderaars vasvat en laat boet. Dit is onaanvaarbaar, en ons het ’n plan om dit teen te werk. Lees in hierdie uitgawe hoe ons onder meer Denel, die SAL, Eskom (en sy voormalige grootbaas Brian Molefe) en die omstrede Nasionale Gesondheidsversekering kaalvuis aanpak!

Hierdie is slegs van die redes waarom dit bitter belangrik is om nou reeds ons deel te doen vir die volgende geslag, maar ons moet ook nie huiwer om daardie aflosstokkie te oorhandig wanneer die tyd reg is nie. Ons jongmense wag ywerig met hul hand agter die rug vir daardie aflosstokkie om oorgegee te word.

  •  
  •  
  •  
Ander Artikels

Toekomsberaad: Só lyk die laaste 5 jaar se welslae

Deur Mia Slabbert  Die Solidariteit Beweging het oor die afgelope vyf jaar verskeie welslae bereik, en het homself op talle gebiede gevestig as ’n groot rolspeler waarmee daar rekening gehou moet word in die Suid-Afrikaanse samelewing. Die Solidariteit Beweging het in 2015 ‘n omvattende vyfjaarplan bekend gestel waarmee hy verskeie kwessies in Suid-Afrika wou aanspreek. […]




Die Afrikaner se 2030-droom

Dit is 10 Oktober 2030. Die groot dag het uiteindelik aangebreek. Die Suid-Afrikaanse regering teken vandag ’n omvattende kultuurakkoord waardeur Afrikaners se selfbestuur amptelik erken word. Die akkoord is in wese die erkenning van die uitgebreide kulturele selfbestuur wat Afrikaners reeds in die praktyk met sterk selfdoenorganisasies verwerklik het. Dit het alles begin met die […]




Is an employer obliged to consult before changing policies?

An employer had a policy in place stipulating that employees who retired, whether normal or early retirement, qualified for transport costs to their retirement address, provided that three quotations were submitted. The policy was however changed before the employees retired, to the effect that the employer would no longer contribute to any transport costs. Meetings […]




Ons planne bly nie net ’n droom nie

Met die Solidariteit Beweging se Toekomsberaad op 10 Oktober vanjaar het Solidariteit die laaste deel van 2019 met ’n groot hoogtepunt aangepak. Dit was ’n heerlike geleentheid waartydens die energie en opgewondenheid tasbaar was onder die groep mense wat saam groot dinge vir ons toekoms help beplan. Tydens die vorige Toekomsberaad, wat in 2015 gehou […]




Solidariteit takel vals rassismeklagtes in SAPD

Deur Morné Malan  Solidariteit het in Oktober tydens ’n mediakonferensie gesê dat hy bewus is van minstens 13 gevalle waar vals klagtes van rassisme teen wit polisielede gelê is. In die meeste gevalle word valslik beweer dat die polisielede die k-woord gebruik het. “Vals klagtes van rassisme is besig om sistemies in die Suid-Afrikaanse Polisiediens […]





Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close