Solidarteit Wêreld
2020 – Uitgawe 3
Monument van Gemeenskapskrag
Deur Michelle | 12 Julie 2020

Foto krediet:

Deur Reon Janse van Rensburg 

Die Covid-19-krisis het ongekende maatskaplike nood reg oor Suid-Afrika tot gevolg. Talle Suid-Afrikaners wat reeds voor die pandemie gesukkel het om kop bo water te hou, het weens die nasionale inperking hulle werk verloor en armoede ontstaan of vererger nou landwyd.

Die Solidariteit Beweging het ’n Krisisfonds in die lewe geroep om dié maatskaplike nood te verlig. Die fonds word deur Helpende Hand bestuur en word ondersteun deur Solidariteit, Solidariteit Helpende Hand, AfriForum en die FAK.

Volgens Hannes Noëth, uitvoerende hoof van Solidariteit Helpende Hand, volg ’n maatskaplike krisis gewoonlik op ’n ekonomiese krisis. Helpende Hand word oorval met aansoeke om hulp van kwesbare groepe en daar word verwag dat die nood en die behoefte net groter gaan word.

Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, sê dat hulp aan mekaar noodsaaklik is, veral in hierdie moeilike tyd. Volgens Buys bestaan daar verwarring by die publiek tussen Solidariteit se Krisisfonds en die Solidariteitsfonds wat deur die regering geskep is. Die Krisisfonds is gestig om maatskaplike nood onder lede van die Solidariteit Beweging en betrokke gemeenskappe te verlig, terwyl die regering se Solidariteitsfonds ’n ander fokus en doel het.

Buys sê dat antwoorde nie net van die staat se kant kan kom nie, maar dat gemeenskappe mekaar moet help in tye van krisis. Ons kan nie uitsluitlik op die staat staatmaak vir hulp nie.

Die Krisisfonds is ’n monument wat deur die gemeenskap gebou is. Dié monument is midde-in ’n krisis opgerig en alle verwagtinge is binne dae oortref. Teen 6 Julie is daar reeds meer as R18 miljoen ingesamel.

Dit is bewerkstellig danksy Solidariteit se duisende lede, ondersteuners en die gemeenskap.Volgens Buys is die Solidariteit Beweging veral bekommerd oor ouer mense en kinders wat dikwels die swaarste getref word. Hy doen ’n beroep op maatskappye en kleinsakeondernemings om te help en hy bedank almal wat reeds bygedra het.

“In so ’n globale krisis sien ons die krag van die plaaslike gemeenskap. Die gemeenskap kan vinnig uit en vir die gemeenskap reageer. Dankie aan elke Solidariteit-lid, ondersteuner en die gemeenskap. Julle maak alles moontlik,” het dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, gesê.

Indien jy graag ’n bydrae tot die Krisisfonds wil maak, besoek gerus www.krisisfonds.co.za.

 

  •  
  •  
  •  
Redakteursbrief

Met die Covid-19-inperking steeds volstoom aan die gang, bring ons vir jou nóg ’n inperkingsuitgawe op jou rekenaarskerm, hierdie keer met gemak saamgestel asof dit al jare lank so gedoen word. Almal het die nuwe manier van doen se ritme nou reeds bemeester, met sommige wat intussen terug is by die werk terwyl ander nog […]


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close