Solidarteit Wêreld
2020 – Uitgawe 4 Redakteursbrief
’n Waagmoed-keerpunt
Deur Lize-Mari | 14 September 2020

Deur Cilleste van Dyk

Ek skryf vandag die derde opeenvolgende brief vir julle vanuit my woonkamer-kantoor, maar tog voel dit vir my soos ’n keerpunt. Ons is uiteindelik op vlak 2 van die inperking en dis byna asof daar weer ’n mate van normaliteit terugkeer.

Die klein bietjie meer vryheid het my laat besef dat as jy nie gaan waag nie, gaan jy nie wen nie. Ons was en word steeds deur sekere absurditeite ingeperk en ons mag dit nie laat normaliseer nie. Ons moet gereed staan om elke absurditeit uit te wys, want as ons dit nie doen nie, word dit later aanvaar as iets wat “maar altyd so was”.

Hierdie keerpunt is ook vir my nie net ’n bevestiging dat ons altyd gereed moet wees vir aksie nie, maar dat daar steeds baie geleenthede is as ons nie bang is om te waag nie. Die geskiedenis het bewys dat dit moontlik is om op te staan uit die as, mits jy bereid is om planne te maak en hard te werk.

Die volgende bietjie geluk is dat ons dit nie alleen hoef aan te pak nie. Solidariteit help deurentyd om planne te maak en staan jou by sodat jy hard kan werk. Jou werk is immers ons werk.

Ek het met die saamstel van hierdie uitgawe van Solidariteit Tydskrif die voorreg gehad om drie baie dinamiese vroue te ontmoet moet hope waagmoed. Anne-Marie, Odette en Antoinette se stories het gewys dat ’n gemeenskap bankvas staan agter mense wat nie bang is om te waag, planne te maak en hard te werk nie.

Ons gaan waarskynlik nog ’n lang pad met hierdie pandemie moet stap, maar ons sal nie dat die pandemie oor ons loop nie. Die Solidariteit Beweging se instellings het bo verwagting reeds ’n klomp belangrike dinge vermag deur innoverende planne en harde werk. Daarom nooi ek jou uit om rustig deur die tydskrif te “blaai” met jou rekenaarmuis en self te lees wat ons reeds alles kon uitrig danksy die krag van gemeenskap.

Om te sê dat ons hoop skep, klink dalk na ’n wollerige konsep, maar ek kan jou verseker dat dit alles behalwe wollerig is by Solidariteit. Hier word aksies met woord en daad, en soms ’n bietjie ekstra oemf, aangepak om te verseker dat ons die vry, veilige en voorspoedige toekoms kan hê wat almal verdien.

Ek daag jou vandag uit om waagmoed ’n kans te gee.

“Wat is waagmoed? Dit is nie om jou vrese te ontken nie, maar om juis ten spyte van vrees te doen wat jy moet. Wees sterk en vol waagmoed!” – Lynette Beer

  •  
  •  
  •  
Ander Artikels

Ongeduld ook ’n virus

Deur Marietha Malan “Ek is nou óór dit,” sê my tweede oudste onlangs toe ons per video gesels. Haar arbeidsterapiepraktyk staan op wankelende bene en versigtige treetjies vorentoe is nodig. Sy het ’n klomp geld – wat sy eintlik nie het nie – spandeer aan ’n elektroniese koorsmeter, ontsmettingsmiddels, ’n plastiekmat en nog heelwat meer. […]




Adaptability the #1 working skill for a Covid-19 workplace

By Wilmarie Brits According to Albert Einstein, the measure of intelligence is the ability to change. In 2020, this is especially true. The labour market is rapidly changing due to Covid-19 and its devastating economic impact on every aspect of the workplace, and experts say we are seeing the greatest labour fluctuation of our time […]




Covid-19: Skool toe of tuisskool?

Deur Wilmarie Brits Covid-19 en die grendelstaat bied talle nuwe uitdagings vir skole, onderwysers en leerders. Die besluit om jou kinders te midde van die pandemie skool toe te stuur of eerder tuis te hou, rus swaar op die skouers van byna elke ouer. Die antwoord is om te doen wat die beste is vir […]




Denel moet opdok ná roekelose optrede

Deur Wilmarie Brits Sedert die arbeidshof op 4 Augustus beslis het dat Denel alle uitstaande kontraktuele en statutêre verpligtinge teenoor sy werknemers teen nie later nie as 7 Augustus moet nakom, het die staatsbeheerde wapenvervaardiger steeds geen betaling gemaak nie. Solidariteit was genoodsaak om die arbeidshof te nader nadat die wapenreus slegs ’n gedeelte van […]




Werk is iets wat jy doen en nie ’n plek nie

Deur Gideon du Plessis Die Covid-19-pandemie het mense se denke oor die werkplek gemoderniseer. Ons begin besef dat werk iets is wat jy doen en nie ’n plek is waarheen jy gaan nie. In sy boek, Maverick, beskryf Ricardo Semler ’n ongewone werkplek waarmee hy in 1993 sy tyd ver vooruit was. Nou, midde-in die […]





Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close