Solidarteit Wêreld
2020 – Uitgawe 5 Nuuswaardig
’n Welstandfokus is kritiek vir herstel
Deur Lize-Mari | 09 November 2020

Foto krediet: OkayDeer

Deur Cilleste van Dyk

Solidariteit sien sy lede nie net as werknemers nie, maar ook as mense wat as deel van ’n gesin en ’n gemeenskap funksioneer. Die maatskaplike gevolge van die Covid-19-pandemie is omvangryk en daarom het Solidariteit ’n maatskaplike oorbruggingsplan as deel van die Werkherstelprogram bekendgestel. Lees gerus meer op bladsy 40 oor die opwindende Gemeenskapsherstelprogram wat Helpende Hand van stapel gestuur het as deel van Solidariteit se Werkherstelprogram se welstandsbeen.

Benewens Helpende Hand se oorbruggingsplan word daar ook gefokus op lede se finansiële en fisieke welstand, wat in hierdie artikel kortliks bespreek sal word.

Finansiële welstand

Die meeste mense is tans meer bekommerd oor hulle finansies en die ekonomie as oor hul gesondheid. Dus sal die Werkherstelprogram hulp verleen aan lede wat hulle werk weens die inperking verloor het of ’n deel van hulle inkomste moes prysgee, deur ’n finansiële brug na ’n nuwe werk of volle inkomste te bou.

Solidariteit Finansiële Dienste (SFD) gaan ’n omvattende plan vir persoonlike finansiële bestuur vir Solidariteit-lede ontwikkel om die krisis wat in baie huishoudings ontstaan, doeltreffend deur goeie en eenvoudige finansiële advies en riglyne te hanteer. Die doel is om mense te bemagtig met kennis. Ontmoet die SFD-span op bladsy 48.

Fisieke welstand

Solidariteit het ’n simptoombepaler bekendgestel – ’n vraelys wat lede kan gebruik om vas te stel of hulle dalk Covid-19 opgedoen het. Daar is ook ’n netwerk van dokters beskikbaar wat aanlyn hulp met die diagnose van Covid-19 kan bied. Voorts stel Solidariteit omvattende inligting oor die virus aan lede beskikbaar.

Hierdie is slegs enkele van die stappe in die ontwikkeling van ’n gesondheidsnetwerk wat in die komende jaar uitgebrei sal word. Die gesondheidsnetwerk sal volgens drie beginsels werk: ’n fokus op gesondheid eerder as gesondheidsorg, eenvoudige en verstaanbare koste, en die benutting van tegnologie.

’n Toepassing word ontwikkel wat lede aanlyn toegang tot die geografiese en kontakbesonderhede van alle gemeenskapspraktisyns sal gee, en lede sal fisieke en virtuele doktersafsprake via die toepassing kan maak.

Redakteursbrief

Deur Cilleste van Dyk Ons sal self. Hierdie drie woorde kan baie arrogant klink sonder die regte konteks. Solidariteit sê: Ons sal self, nie omdat ons dink dat ons dinge alleen of deur ons eie krag sal regkry nie, maar omdat dat daar geen ander opsie is vir ’n voorspoedige toekoms nie. Daarom sê ons […]


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close