Solidarteit Wêreld
2017 – Uitgawe 4 Bedryfsnuus
Ná lang stryd kan verpleegster nou verpleeg
Deur Michelle | 10 Augustus 2017

Deur Francois Redelinghuys & Mia Slabbert

Ten spyte van haar passie vir verpleging, haar kennis en vaardighede in die veld én haar passie om ’n verskil te maak, moes Dané Hertz langer as ses maande wag om vir gemeenskapsdiens geplaas te word.

Dié BCur Verpleegkunde-student se aansoek om gemeenskapsdiensplasing is einde verlede jaar, ná voltooiing van haar studies van vier jaar, aanvanklik goedgekeur, maar kort daarna het sy ‘n SMS ontvang wat haar in kennis gestel het dat haar plasing teruggetrek is.

“Ek het in graad 11 'n noodhulpkursus gedoen en tot my eie verbasing in graad 12 vir die BCur Verpleegkunde-graad aan die Noordwes Universiteit in Potchefstroom geregistreer. Vier jaar later, in Desember 2016, is ek suster Dané Hertz. Nog net die verpligte gemeenskapsjaar het voorgelê voordat ek my loopbaan kon begin bou,” sê Hertz.

Sy het aanvanklik gedink sy gaan dadelik begin verpleeg, maar was bitter teleurgesteld toe dinge anders uitwerk as wat sy geglo het.

“Groot was my opgewondenheid toe ek in Oktober verlede jaar deur die departement van gesondheid in ’n pos geplaas is, net om in November in kennis gestel te word dat beursstudente voorkeur kry met plasings en dat my plasing gekanselleer is tot latere kennisgewing. Dit is nou reeds Junie 2017 en ek is nog nie geplaas nie,” het Hertz destyds gesê.

Solidariteit het op 15 Junie die minister van gesondheid en die departement in 'n skrywe versoek om Dané binne sewe dae te plaas. Hulle het egter in gebreke gebly om gehoor te gee aan die versoek.

Ná die departement se soveelste weiering om te reageer, het Solidariteit tot aksie oorgegaan en hofstukke namens hul lid teen die departement en die minister van gesondheid ingedien, waarna Hertz se saak op 11 Julie aangehoor is. Solidariteit het op dieselfde dag nog 'n oorwinning in die saak behaal toe die hooggeregshof in Pretoria beveel het dat sy binne 30 dae in 'n gemeenskapsdiensposisie geplaas moet word.

Volgens Anton van der Bijl, hoof van Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke, skep die hofbevel 'n belangrike presedent wat in soortgelyke omstandighede toegepas kan word. “Dit word duidelik dat die publiek se geduld met die staat se blatante nalatigheid om aan hulle statutêre verpligtinge te voldoen, begin opraak. Ons beplan om binnekort nog soortgelyke aksies teen die departement van gesondheid van stapel te stuur,” het Van der Bijl gesê.

Volgens Van der Bijl het die hof beveel dat Hertz geplaas moet word by die kliniek waar sy aanvanklik aansoek gedoen het. “Ons is baie verheug oor die uitspraak, maar dit is hartseer dat ons so ver moes gaan net om die minister en departement van gesondheid te verplig om aan hul statutêre verpligtinge te voldoen,” het Van der Bijl verduidelik.

 

  •  
  •  
  •  
  •  
Redakteursbrief

So staan nog ’n jaar einde se kant toe. Hoewel die laaste deel van 2018 steeds volgepak is met dinge om af te handel, kan ons reeds met tevredenheid terugkyk op die jaar se groei en sukses tot op hede. Hierdie is die 100ste uitgawe van Solidariteit Tydskrif en bied dus die perfekte geleentheid vir […]


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close