Solidarteit Wêreld
2018 – Uitgawe 6
NGV | Solidariteit dien kommentaar in
Deur Michelle | 08 November 2018

Deur Reon Janse van Rensburg

Solidariteit het gedurende September duisende kommentare met betrekking tot die Wetsontwerp op die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) ingedien namens diegene wat op die vakbond se toegewyde NGV-platform hul kommer oor die omstrede wetsontwerp uitgespreek het.

Die vakbond het voorts ook sy eie kommentaar oor die wetsontwerp ingedien, wat insette tydens die vakbond se NGV-krisisberaad in Augustus gekonsolideer het.
Volgens Werner Human, adjunkbestuurshoof van Solidariteit, het die vakbond in sy kommentaar die veelbesproke wetsontwerp as ongrondwetlik veroordeel en voorts uitgewys dat die implementering van die wetsontwerp rampspoedige gevolge vir Suid-Afrika sal inhou.

“Die fokus van Solidariteit se kommentaar berus daarop dat jy volgens die Verenigde Nasies se verklaring van menseregte nie vryheid kan prysgee om ʼn ideologiese opvatting van gelykheid te probeer daarstel nie.

“Die wetsontwerp maak inbreuk op verskeie grondwetlike regte, waaronder vryheid soos beskryf in artikel 39 sowel as artikel 22 van die Grondwet wat die reg tot vryheid van beroepskeuse waarborg,” het Human gesê.

Volgens Human sal alle Suid-Afrikaners gebuk gaan onder die wanbestuur en korrupsie wat telkemale hoogty vier by staatsinstellings. “Die NGV gaan nie anders wees as ʼn Eskom of SAL nie; dié fonds is egter selfs groter en sal aan dieselfde soort wanbestuur blootgestel wees. Dit is onbillik, onregverdig en irrasioneel om van die veronderstelling uit te gaan dat die voorgestelde wet nie drastiese sosio-ekonomiese gevolge vir miljoene Suid-Afrikaners sal inhou nie,” het Human gesê.

  •  
  •  
  •  
  •  
Redakteursbrief

So staan nog ’n jaar einde se kant toe. Hoewel die laaste deel van 2018 steeds volgepak is met dinge om af te handel, kan ons reeds met tevredenheid terugkyk op die jaar se groei en sukses tot op hede. Hierdie is die 100ste uitgawe van Solidariteit Tydskrif en bied dus die perfekte geleentheid vir […]


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close