Solidarteit Wêreld
2020 – Uitgawe 3 My Gesin
Nie hopelose einde nie, maar eindelose hoop
Deur Michelle | 12 Julie 2020

Foto krediet:

Deur Wilmarie Brits

Hoop is ’n moeilike begrip om te omskryf, en die meeste mense sien dit bloot as ’n wens of ’n begeerte. “Ek hoop 2021 is ’n beter jaar as 2020.” “Ek hoop die kinders kan binnekort terugkeer skool toe.” “Ek hoop pres. Cyril Ramaphosa laat weer die verkope van sigarette toe.”

Dit is aardse hoop, suiwer gefokus op begeertes en wense. Hoop van gelowiges is egter soveel meer, dit is ’n onwrikbare vertroue in God ten spyte van ons omstandighede.

In die huidige omstandighede word talle gesinne se geloof en hoop getoets. Die staat van inperking het soveel onsekerheid meegebring, met gesinne wat finansieel, by die werk en selfs akademies onder druk is. Hierdie moeilike omstandighede laat die toekoms hopeloos lyk.

Ds. Danilo Stoltz van Die Kruis in Kimberley sê dat ons hoop vir die hede en die toekoms in ons geloof geanker moet wees en nie in wat ons ervaar nie, want dit gaan ons moedeloos maak. “Sit jou hoop op Christus, want dit gaan jou help om die huidige omstandighede te hanteer.”

Die ware betekenis van hoop moet deur ouers aan hulle kinders oorgedra word. Dit is belangrik dat kinders die verskil tussen aardse hoop en die hoop in Christus verstaan. Volgens pastoor Andrew W. Roebert is hoop nie blote optimisme of wensdenkery nie, maar ’n integrale deel van ons geloof.

Die aanlyn artikel The Reason for hope beklemtoon hoe die samelewing ons gekondisioneer het om vertroue in ons eie vermoë te hê en ons eie probleme op te los. Ons moet egter vir ons kinders leer dat ons liewer ons vertroue in Christus moet plaas, want dan sal geen uitdaging te groot wees nie. Hoop in Christus bring bemoediging.

“Om hoop in Christus te hê, versterk jou gesin se fondasie, want dit maak julle sterk en gee julle die nodige geduld om te wag vir God se plan,” sê pastoor Roebert. Kinders wat grootword in ’n huis waar die hoop in Christus is, word ligdraers en ’n baken van hoop vir ander mense wat moeilike tye beleef.

Geloof in Christus gee nie net vir ons vreugde nie, maar ook hoop vir die toekoms. Hoop vir die toekoms gee vir ons die krag om die omstandighede te hanteer waarin ons tans verkeer. Deur ons hoop in Christus te plaas, sal ons nie ’n hopelose einde sien nie, maar eerder eindelose hoop.

  •  
  •  
  •  
Redakteursbrief

Met die Covid-19-inperking steeds volstoom aan die gang, bring ons vir jou nóg ’n inperkingsuitgawe op jou rekenaarskerm, hierdie keer met gemak saamgestel asof dit al jare lank so gedoen word. Almal het die nuwe manier van doen se ritme nou reeds bemeester, met sommige wat intussen terug is by die werk terwyl ander nog […]


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close