Solidarteit Wêreld
2018 - Uitgawe 5
Nuwe instelling skep onderwyshoop
Deur LJ | 18 September 2018

Solidariteit Helpende Hand het geboorte gegee aan die nuutste selfstandige instelling van die Solidariteit Beweging, naamlik die Skoleondersteuningsentrum (SOS), wat vir die afgelope paar jaar onder die vlerk van Solidariteit Helpende Hand ontwikkel het.

Die SOS is gestig om die toenemende uitdagings wat Afrikaanse onderwys in die gesig staar onder die loep te neem. Volgens dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, is die uitdagings so groot dat die Solidariteit Beweging besluit het om 'n eie selfstandige instelling, wie se taak dit is om dié uitdagings die hoof te bied, te vestig. Die totstandkoming van die instelling is 'n opwindende stap vir die Solidariteit Beweging.

Die SOS bied professionele ontwikkeling vir onderwysers en vaardighede vir skoliere in vakke soos Wiskunde en Afrikaans.

Die organisasie besef die noodsaaklikheid van gehalte-onderwys in enige samelewing en ook die enorme invloed wat onderwysers op leerlinge en hul uiteindelike welslae het. Boonop is gelukkige, goed toegeruste onderwysers se geesdrif aansteeklik en syfer dit ongetwyfeld deur na die leerlinge. Juis daarom is twee professionele beroepsorganisasies gestig wat spesifiek omsien na die belange van onderwysers wat Afrikaans as huistaal en Wiskunde aanbied.

Die SOS, wat ook met ’n splinternuwe handelsmerk spog, gaan openbare skole ondersteun om uitnemend te wees, maar gaan ook met die hulp van ander vennote 'n volledige privaat Afrikaanse onderwysaanbod ontwikkel.

Dr. Danie Brink, voorheen besturende direkteur van die Helpende Hand, neem as besturende direkteur die leisels by die SOS en Hannes Noëth is die nuwe besturende direkteur van Solidariteit Helpende Hand.

  •  
  •  
  •  
  •  
Redakteursbrief

Die jaar is reeds op 'n afdraande pad einde se kant toe en dit beteken vir baie mense dat 'n nuwe fase in hul lewens voorlê. Dit mag wees dat jy 'n matriekkind het wat volgende jaar nie meer op skool gaan wees nie, of jy is 'n student wat afstudeer en volgende jaar gaan […]


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close