Solidarteit Wêreld
2020 – Uitgawe 2 Redakteursbrief
Ongekend
Deur Michelle | 25 Mei 2020

Hierdie uitgawe van Solidariteit Tydskrif is amper so geskiedkundig soos die laaste paar maande waarin elkeen van ons gekonfronteer is met die Covid-19-pandemie wat die wêreld basies tot stilstand gebring het.

Dit sal die eerste keer wees wat die tydskrif nie gedruk word nie. Daar was tot dusver, met 107 uitgawes agter die blad, nog geen struikelblok wat kon keer dat die tydskrif uiteindelik in die hande van ons getroue lesers kon kom nie. Tot nou.

Die mens se instink is om verandering te bevraagteken, en die wêreldwye pandemie het daardie instink behoorlik na vore gebring. Ons voel bang vir die onbekende, ons is onseker hoe om dit aan te pak en wat van alles gaan word wat ons so goed geken het.

Ek wil elkeen van julle vandag verseker dat ons ’n nuwe of selfs beter manier gaan kry om die “nuwe normaal aan te pak. Niks soos ons dit ken, gaan weer presies dieselfde wees vir ’n baie lang ruk nie, maar ons moet dit nie in ’n negatiewe lig sien nie.

Die feit dat ons in die komende paar maande ’n “nuwe normaal” gaan betree, kan die geleentheid wees waarvoor baie van ons al lank wag. ’n Nuwe seisoen.

Ek het, soos vele ander mense in my bedryf, ’n groot liefde vir gedrukte publikasies. Die pandemie het veroorsaak dat die meeste tydskrifte ervaar wat ons ook nou ervaar, naamlik geen gedrukte uitgawe in hoeveel jaar nie.

Dit hoef gelukkig nie die einde van daardie sin te wees nie. Daar is soveel geleenthede tot ons beskikking danksy tegnologie dat ons wrintiewaar steeds ’n volledige tydskrif by almal kon uitkry. Die Vierde Nywerheidsrewolusie gaan nou vinniger as ooit gebeur en die pandemie was die hupstoot.

Moenie bang wees vir die veranderings wat voorlê nie, maar maak seker jy het ’n ouboet in die werkplek wat jou kan beskerm en lei. Daar is soveel wat jy kan doen om jouself in ’n gunstige posisie te plaas, jy moet net nie bang wees vir die verandering nie. Kennis is wat jou die voorsprong gaan gee – nie noodwendig ’n graad nie, maar ’n kursus by S-leer of kennis oor arbeidskwessies waarmee Solidariteit Regsdienste kan help, om maar enkele voorbeelde te noem. Dít is die kennis wat jou gaan gereed maak vir die “nuwe normaal”.

Ek hoop jy geniet hierdie uitgawe net so baie soos ons dit geniet het om dit saam te stel. Ons kyk, en sien met groot afwagting uit, na die pad wat voorlê ná inperking en die Covid-19-pandemie.

Soos die herfs die bome nou in ’n amberjas klee, gaan die winter kom en dié jas afstroop. En dan skielik, een oggend as jy opstaan, sal jy sien dat die kaalgestroopte boom weer bloeisels en nuwe blare dra.

Ek wens jou sterkte toe vir die volgende paar maande, en onthou: Ons is #HierVirJou.

Psalm 121

My hulp kom van die Here

“Ek kyk op na die berge: waarvandaan sal daar vir my hulp kom? My hulp kom van die Here wat hemel en aarde gemaak het. Hy sal nie toelaat dat jy struikel nie; Hy wat jou beskerm, slaap nooit nie.

 

 

  •  
  •  
  •  
Ander Artikels

Uit! Ons laat ons nie inperk nie

’n Nuwe virus het die wêreld getref. Dit was totaal onbekend en onsekerheid en histerie het die wêreld oorval, eers in China, toe in Italië en daarna New York. Foto’s van oorvol hospitale en doodskiste is blitsig deur sosiale media die wêreld ingestuur. Op 4 Maart word die eerste geval in Suid-Afrika aangemeld. Pres. Cyril […]




’n Nuwe monument

Deur Chris Chameleon Ons is tans besig met aanbouings by my huis. Die werk moes lankal klaar gewees het, maar toe skink die owerhede mos vir ons ’n lang glas burgerregteskending in die vorm van ’n ongenaakbare grendeltyd en daar staan alles toe vir maande lank stil. Die enigste bedrywigheid op die werf is die […]




Retrenchment: Know your rights

By Barend Smit Since the beginning of the year, and even more so after the implementation of the national lockdown because of the Covid-19 pandemic, several companies have commenced with the large-scale retrenchment of their employees. It is important that employees should understand how retrenchment works and know their rights in this regard. Retrenchment occurs […]




Nie hopelose einde nie, maar eindelose hoop

Deur Wilmarie Brits Hoop is ’n moeilike begrip om te omskryf, en die meeste mense sien dit bloot as ’n wens of ’n begeerte. “Ek hoop 2021 is ’n beter jaar as 2020.” “Ek hoop die kinders kan binnekort terugkeer skool toe.” “Ek hoop pres. Cyril Ramaphosa laat weer die verkope van sigarette toe.” Dit […]




Só skep ons Netwerk van Werk

Deur Bianca Smit Wat is ’n beroep nou eintlik? Die woordeboek sê dis ’n werkkring, vak of betrekking, maar in ons huidige omstandighede is dit iets wat net gedoen mag word indien dit as noodsaaklik geklassifiseer is, en dan ook net mits daar aan baie spesifieke veiligheidsmaatreëls voldoen word. Die tipe beroep wat jy beoefen, […]





Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close