Solidarteit Wêreld
2017 – Uitgawe 5 Nuuswaardig
Ons is daar vir jou
Deur Michelle | 29 September 2017

Waarom bestaan die Solidariteit Beweging nou eintlik? Wat maak dit belangrik om kennis van dié inisiatief te neem? Die antwoord is maklik: Ons is daar vir jou en dit is belangrik, want Solidariteit het werklik jou beste belange op die hart – nie net by die werksplek nie, maar ook in jou persoonlike lewe.

Hulpsoeker of helper?

Natuurlik is ons daar om te help as ons lede en ons gemeenskap ons nodig het. Die Solidariteit Beweging is egter nie eerstens ’n hulporganisasie nie, maar ’n moderne helpmekaarorganisasie. Ons lede vra nie net “Wat kan ek daaruit kry?” nie, maar ook “Wat kan ek bydra om ’n verskil aan ons almal se lewe te maak?”. Dit beteken dat dit nie net oor die toekoms van die lid as enkeling gaan nie, maar oor die skep van ’n toekoms vir ons almal. Ons voorouers het die land met dié helpmekaarbenadering help opbou, en die welslae wat Solidariteit reeds behaal het, bewys dat ons dit weer kan doen. Natuurlik word ons almal kwaad oor onbevoegdheid, swak regering, geweldsmisdaad en korrupsie – maar ons kla nie net daaroor nie, ons werk saam aan oplossings. Ons soek nie net hulp vir onsself nie, maar werk aan oplossings vir ons almal!

 

Onstuimige see stuit ons nie

In ’n tyd waarin ons lede en ons gemeenskap onder druk is, waar daar onbillik teen hulle gediskrimineer word en waar mense geldige bekommernisse oor die toekoms het, is Solidariteit aan ons lede se kant. Ons kan nie keer dat die see onstuimig word nie, maar ons kan ons skip sterker bou om die storms te weerstaan – geanker in onwrikbare geloof.

Ons resep is skeppende vernuwing wat op beproefde waardes gegrond is. Daarom kon ons met klein maandelikse ledebydraes reeds ’n groot tegniese kollege van R40 miljoen begin, vanjaar reeds R16,6 miljoen aan rentevrye studielenings vir ’n duisend jongmense bestee, en met Solidariteit Helpende Hand byna 10 000 skoolkinders met kos, skryfbehoeftes en ander benodighede bystaan.

Met dieselfde resep beding die vakbond Solidariteit jaarliks meer as R200 miljoen vir ons lede wat beroepsbeserings en -siektes opdoen, bestee ons meer as R6 miljoen jaarliks aan ons begrafnisskema vir lede en hul afhanklikes en handhaaf ons ’n 90%-sukseskoers met die talle hofsake wat ons namens ons lede voer. Ons is terselfdertyd besig om Akademia geleidelik tot ’n volwaardige universiteit uit te bou sodat ons jongmense verseker kan wees van studiegeleenthede in ’n tydperk waar rassetransformasie op staatsuniversiteite afgedwing word.

Ons Beweging se werk is ook op talle ander gebiede bekend. AfriForum is landwyd besig om munisipale verval te beveg, korrupte amptenare te ontbloot en misdaad en plaasmoorde hand en tand te beveg. Maroela Media bevorder Afrikaans, terwyl Kraal Uitgewers met gehalte- geskiedenisboeke ons mense se verlede in die regte perspektief plaas. Die FAK se Viertrek-reeks oor die Groot Trek op kykNET het ten doel om die kriminalisering van ons geskiedenis op ’n moderne manier teen te werk.

Benewens ’n gesamentlike poging van die Solidariteit Beweging om die toekoms vry, veilig en voorspoedig te maak, kan die vakbond Solidariteit se lede vir hul maandelikse ledegeld ’n reeks voordele geniet. Alle voordele is onderhewig aan Solidariteit se bepalings en voorwaardes.

  •  
  •  
  •  
  •  
Redakteursbrief

So staan nog ’n jaar einde se kant toe. Hoewel die laaste deel van 2018 steeds volgepak is met dinge om af te handel, kan ons reeds met tevredenheid terugkyk op die jaar se groei en sukses tot op hede. Hierdie is die 100ste uitgawe van Solidariteit Tydskrif en bied dus die perfekte geleentheid vir […]


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close