Solidarteit Wêreld
2019 – Uitgawe 6 Redakteursbrief
Ons planne bly nie net ’n droom nie
Deur Michelle | 13 November 2019

Met die Solidariteit Beweging se Toekomsberaad op 10 Oktober vanjaar het Solidariteit die laaste deel van 2019 met ’n groot hoogtepunt aangepak. Dit was ’n heerlike geleentheid waartydens die energie en opgewondenheid tasbaar was onder die groep mense wat saam groot dinge vir ons toekoms help beplan.

Tydens die vorige Toekomsberaad, wat in 2015 gehou is, is daar ook allerlei planne vir die daaropvolgende vyf jaar op die tafel gesit. By vanjaar se beraad is terugvoer gegee oor die vordering wat met hierdie planne gemaak is.

Hierdie sesde, en laaste uitgawe van die Solidariteit Tydskrif vir 2019, laat die kollig val op die rede waarom daar vanjaar reeds, net vier jaar later, weer ’n Toekomsberaad gehou is. Die rede: Alle doelwitte wat in 2015 gestel is, is voortydig bereik. Die planne vorder dus voor die wind.

Dis nie net die feit dat alle teikens ’n jaar voor die afsnypunt bereik is wat noemenswaardig is nie. Ook die uitkoms van al dié planne is regtig indrukwekkend. Die harde werk wat ingesit is, stuur ’n duidelike boodskap: Ons gemeenskap bou om te bly. Ons sit ons voet neer en sê: Ons gaan nêrens heen nie.

Hierdie planne is egter nie alleen ’n werklikheid gemaak deur die klein groepie mense wat werksaam is by die verskillende instansies van die Solidariteit Beweging nie. Dit is elke liewe leser van die Solidariteit Tydskrif, lede van die verskillende lede-instellings en mense wat vrywillig betrokke is by instellings van die Beweging. Dit is julle wat gehelp het dat hierdie planne nie net drome bly nie, maar ’n tasbare werklikheid kon word.

Kry vir jou ’n stil hoekie en ’n koppie koffie (of dalk eerder ‘n glas yskoue koeldrank in die somerhitte), en lees waarmee Solidariteit homself die afgelope paar jaar, asook die laaste paar maande besig gehou het om ’n “ek-bly-hier-toekoms” vir die gemeenskap te bou.

Dan maak ek ook sommer van die geleentheid gebruik om jou te groet vir vanjaar. Baie dankie dat jy deur die Solidariteit Tydskrif saam met ons bou. Elke leser is vir ons belangrik en maak ons sterker. Mag jy en jou gesin ‘n geseënde Kersseisoen hê en, as julle ‘n wegbreek beplan, reis veilig.

Ons maak volgende jaar weer só.

Gedagte vir die einde van die jaar:

Gaan na jou binnekamer

Twee vaar beter as een. Saam bereik hulle meer in hulle werk. Iemand kan die een aanval, maar twee kan weerstand bied. – Prediker 4:9, 12

Vir alle moeë, moedelose mense is ’n binnekamer noodsaaklik, veral aan die einde van ‘n wilde jaar soos hierdie een. Dis ’n plek waar jy alleen met God kan wees, alleen by Hom kan stil raak. In jou binnekamer ervaar jy elke keer hoe God die swaar probleme van jou skouers lig en jou van sy krag voorsien. Daar kan jy Hom vertel van elke liewe ding wat jou pla en alles en almal wat jou hinder met Hom bespreek. Jy kan ook getuig hoe lief jy Hom het en voel hoe Hy jou met sy liefde omvou.

Daar verdwyn die angstigheid wat jou keel wil toetrek as jy dink aan alles wat in die toekoms op jou wag soos mis voor die middagson. Saans kan jy die dag wat verby is met God bespreek, dankie sê vir die kere dat Hy jou gehelp het en vra dat Hy jou in die nag sal veilig hou. So ’n alleenplek met God en alleentyd saam met Hom sal ’n geweldige verskil maak – nie net aan jou huidige gemoedstoestand nie, maar ook aan jou hele lewe. Moenie langer wag om vir jou so ’n binnekamer in te rig nie.

  •  
  •  
  •  
Ander Artikels

Toekomsberaad: Só lyk die laaste 5 jaar se welslae

Deur Mia Slabbert  Die Solidariteit Beweging het oor die afgelope vyf jaar verskeie welslae bereik, en het homself op talle gebiede gevestig as ’n groot rolspeler waarmee daar rekening gehou moet word in die Suid-Afrikaanse samelewing. Die Solidariteit Beweging het in 2015 ‘n omvattende vyfjaarplan bekend gestel waarmee hy verskeie kwessies in Suid-Afrika wou aanspreek. […]




Die Afrikaner se 2030-droom

Dit is 10 Oktober 2030. Die groot dag het uiteindelik aangebreek. Die Suid-Afrikaanse regering teken vandag ’n omvattende kultuurakkoord waardeur Afrikaners se selfbestuur amptelik erken word. Die akkoord is in wese die erkenning van die uitgebreide kulturele selfbestuur wat Afrikaners reeds in die praktyk met sterk selfdoenorganisasies verwerklik het. Dit het alles begin met die […]




Is an employer obliged to consult before changing policies?

An employer had a policy in place stipulating that employees who retired, whether normal or early retirement, qualified for transport costs to their retirement address, provided that three quotations were submitted. The policy was however changed before the employees retired, to the effect that the employer would no longer contribute to any transport costs. Meetings […]




Ons planne bly nie net ’n droom nie

Met die Solidariteit Beweging se Toekomsberaad op 10 Oktober vanjaar het Solidariteit die laaste deel van 2019 met ’n groot hoogtepunt aangepak. Dit was ’n heerlike geleentheid waartydens die energie en opgewondenheid tasbaar was onder die groep mense wat saam groot dinge vir ons toekoms help beplan. Tydens die vorige Toekomsberaad, wat in 2015 gehou […]




Solidariteit takel vals rassismeklagtes in SAPD

Deur Morné Malan  Solidariteit het in Oktober tydens ’n mediakonferensie gesê dat hy bewus is van minstens 13 gevalle waar vals klagtes van rassisme teen wit polisielede gelê is. In die meeste gevalle word valslik beweer dat die polisielede die k-woord gebruik het. “Vals klagtes van rassisme is besig om sistemies in die Suid-Afrikaanse Polisiediens […]





Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close