Solidarteit Wêreld
2017 – Uitgawe 5 Redakteursbrief
Passievol oor passievolle mense
Deur Michelle | 29 September 2017

Solidariteit se fokus is mense. Mense is die rede waarom elke stryd aangepak, elke idee gedroom en elke plan uitgebou word. Dít word gedoen om tot ’n voorspoedige toekoms vir ons gemeenskap by te dra. Ons kan nie keer dat die see onstuimig word nie, maar ons kan ons skip sterker bou om die storms te weerstaan.

Solidariteit sien homself as ’n minderheidsvoertuig in ’n meerderheidsomgewing. Of dit nou in die werkplek of in die gemeenskap is: ons sal daarvoor veg dat die minderheid ’n regmatige plek in die meerderheidsomgewing kry. Ons glo dat die demokrasie nie aan sy vermoë getoets word om die meerderheid te beskerm nie, maar aan sy vermoë om die minderheid te beskerm.

Die kort en lank daarvan is dat Solidariteit passievol is oor mense, veral wanneer mense net so vurig en dinamies saamwerk om die toekoms in Suid-Afrika vry, veilig en voorspoedig te maak. Daarom fokus die vyfde uitgawe van die Solidariteit Tydskrif op mense: Mense wat ’n verskil maak daar waar hulle is; mense wat gehelp is deur instellings van die Solidariteit Beweging; en mense wat dit moontlik maak vir ’n beweging soos die Solidariteit Beweging om te bestaan. Selfs mense wat geemigreer het, is nie van hierdie groep passievolle mense uitgesluit nie. Dr. Dirk Hermann vertel dat daar ’n goue draad is wat Afrikaners oor grense heen aanmekaar verbind – en dit maak dat ons gemeenskap globaal is eerder as regoor die wêreld verstrooi.

In die vakbond se arbeidsnuus maak Hlaudi Motsoeneng steeds opslae ná die nuutste hofverrigtinge, navorsers van die Solidariteit Navorsingsinstituut neem die omstrede mynbouhandves onder oë en word daar vanaf Solidariteit se kant ’n ope brief aan Lonmin se uitvoerend hoof gerig om sy misnoeë oor die bestuur se besluite oor vakbonderkenning te lug.

Vanuit die instellings is die jongste nuus dat Kraal Uitgewers nuwe lewe in die Louw-digterbroers se nalatenskap blaas. Helpende Hand het gaan uitvind wat die toekoms vir Afrikaanse skoliere inhou, en Akademia maak die deure van ’n splinternuwe studiesentrum in Port Elizabeth oop. Wag, voordat ek alles uitlap: Lees gerus waarmee die instellings van die Solidariteit Beweging hulself besig hou.

Ek hoop die redaksiespan kan in hierdie uitgawe vir jou ’n kykie gee oor presies hoe passievol Solidariteit oor mense is, asook die passievolle mense wat dit hul persoonlike doelwit gemaak het om ’n verskil te maak – al is dit net om ’n voorbeeld te wees van wat gedoen kan word.

Tot die volgende uitgawe – mag jy geseën wees en daar waar jy is ’n verskil maak!

  •  
  •  
  •  
Ander Artikels

Uit! Ons laat ons nie inperk nie

’n Nuwe virus het die wêreld getref. Dit was totaal onbekend en onsekerheid en histerie het die wêreld oorval, eers in China, toe in Italië en daarna New York. Foto’s van oorvol hospitale en doodskiste is blitsig deur sosiale media die wêreld ingestuur. Op 4 Maart word die eerste geval in Suid-Afrika aangemeld. Pres. Cyril […]




’n Nuwe monument

Deur Chris Chameleon Ons is tans besig met aanbouings by my huis. Die werk moes lankal klaar gewees het, maar toe skink die owerhede mos vir ons ’n lang glas burgerregteskending in die vorm van ’n ongenaakbare grendeltyd en daar staan alles toe vir maande lank stil. Die enigste bedrywigheid op die werf is die […]




Retrenchment: Know your rights

By Barend Smit Since the beginning of the year, and even more so after the implementation of the national lockdown because of the Covid-19 pandemic, several companies have commenced with the large-scale retrenchment of their employees. It is important that employees should understand how retrenchment works and know their rights in this regard. Retrenchment occurs […]




Nie hopelose einde nie, maar eindelose hoop

Deur Wilmarie Brits Hoop is ’n moeilike begrip om te omskryf, en die meeste mense sien dit bloot as ’n wens of ’n begeerte. “Ek hoop 2021 is ’n beter jaar as 2020.” “Ek hoop die kinders kan binnekort terugkeer skool toe.” “Ek hoop pres. Cyril Ramaphosa laat weer die verkope van sigarette toe.” Dit […]




Só skep ons Netwerk van Werk

Deur Bianca Smit Wat is ’n beroep nou eintlik? Die woordeboek sê dis ’n werkkring, vak of betrekking, maar in ons huidige omstandighede is dit iets wat net gedoen mag word indien dit as noodsaaklik geklassifiseer is, en dan ook net mits daar aan baie spesifieke veiligheidsmaatreëls voldoen word. Die tipe beroep wat jy beoefen, […]





Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close