Solidarteit Wêreld
2020 – Uitgawe 4 Bedryfsnuus
Regering se hantering van WVF-Ters ’n ramp
Deur Lize-Mari | 14 September 2020

Foto krediet: iStock

Deur Morné Malan

Solidariteit het skerp kritiek uitgespreek oor die regering se onvermoë om die Covid-krisis te bestuur nadat ’n studie onder Solidariteit se lede ’n geweldige probleem met wanbetaling en administrasie van noodfondse deur die Werkloosheidversekeringsfonds (WVF) getoon het.

“Sowat 7% van ons lede het reeds hul werk verloor, hoofsaaklik as gevolg van die inperking, en nog 19% verwag om in die volgende paar maande hul werk te verloor,” het Willie Venter, adjunkhoofsekretaris vir die metaal- en ingenieursbedryf, gesê. “Hierdie is egter net een aspek van die skade. Ons studie dui daarop dat ongeveer 76% van ons lede tans net ’n gedeeltelike of selfs geen salaris ontvang. Tog word slegs 48% se salarisse deur die WVF se tydelike verligtingskema (Ters) aangevul, met die meerderheid lede wat slegs vir een of twee maande betalings van die WVF ontvang het. Vir so baie van ons lede het hierdie versuim van pligte deur die regering die Covid-krisis in ’n ramp in verander,” het Venter gesê.

Solidariteit is hoogs krities omtrent die regering se hantering van die Covid-krisis tot dusver en meen dat die regering onherroeplike skade berokken het met sy besluite en benadering.

“Die regering se totale benadering word gekenmerk deur uitsluitlik negatiewe aksies. Alles wat hulle doen, is daarop gemik om burgers in te perk en ekonomiese aktiwiteit te verminder. Wanneer dit egter kom by positiewe stappe soos die bou van mediese kapasiteit of die uitbetaling en verlening van hulppakkette tydens nood, dan is hulle afwesig. Die regering kan nie probeer wegkruip vir die virus en wag totdat die ekonomiese gevolge van die inperking buite beheer is nie. Ons moet positiewe stappe begin doen en implementeer. Werkers se lewensmiddele en lewens word tans bedreig deur die sloer van betalings,” het Venter gesê.

Redakteursbrief

Deur Cilleste van Dyk Ons sal self. Hierdie drie woorde kan baie arrogant klink sonder die regte konteks. Solidariteit sê: Ons sal self, nie omdat ons dink dat ons dinge alleen of deur ons eie krag sal regkry nie, maar omdat dat daar geen ander opsie is vir ’n voorspoedige toekoms nie. Daarom sê ons […]


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close