Foto krediet:
Deur dr. Juran van den Heever
Solidariteit droom daarvan dat sy personeel en lede die geleentheid gebied moet word om hul vermoëns en vaardighede tot so ’n mate te kan ontwikkel dat hulle 'n goeie werk kan kry en behou en sodoende vry, veilig en voorspoedig kan voortbestaan en werk aan die suidpunt van Afrika. Hierdie droom word verwesenlik met die volgende fase van S-leer, Solidariteit se sentrum vir voortgesette opleiding en ontwikkeling.
S-Leer bemagtig professionele persone met CPD-punte (voortgesette professionele ontwikkeling) en persoonlike ontwikkeling wat jou in staat stel om jou loopbaandoelwitte te bereik. Die instansie help jou om jou roeping uit te leef en vir jouself 'n goeie werk te skep, en bou saam met jou aan 'n seker toekoms in 'n onseker werkplek.
S-Leer vorm deel van Solidariteit se kernbesigheid, naamlik arbeidsverhoudinge en die netwerk van werk. Dis ’n opleidingsinstelling wat daarop gefokus is om voortgesette professionele ontwikkeling vir professionele persone aan te bied. S-leer is daarop ingestel om as primêre diensverskaffer vir die Solidariteit-beroepsgildes te dien, sodat hul lede die geleentheid gebied kan word om hul vermoëns en vaardighede tot só ’n mate te ontwikkel dat hulle ’n goeie werk kan kry en behou en sodoende vry, veilig en voorspoedig kan lewe.
Die fokus is egter nie net op voortgesette professionele ontwikkeling nie, maar ook op individuele, persoonlike en loopbaanontwikkeling deur seminare, kort kursusse, gespreksgeleenthede en e-leer waartydens toepaslike temas bespreek en aangebied word.
Solidariteit se strategie is die netwerk van werk. Hierdie klem op werk stop egter nie by Solidariteit nie – dis die strategie verweef in al die Solidariteit Beweging-instellings se doelwitte en strategieë. S-Leer gaan, as deel van opleiding, een van die belangrikste instellings word wat naas Akademia en Sol-Tech die werkersmag gaan ondervang.
Behalwe vir seminare, werksessies en kongresse gaan S-leer ook ’n groot klem plaas op e-leer. Dit is ’n betreklik nuwe begrip vir baie mense, maar Solidariteit beloof om op die voorpunt van opleiding te wees en S-leer gaan daardie belofte verwesenlik. Personeel, lede en vriende van die vakbond sal deur middel van e-leer toegang hê tot voortgesette leer en ook kontak kan maak met medestudente op die aanlyn platform. Jy doen dit op jou eie tyd en teen jou eie pas met die nodige kontak. Dit is voorwaar ’n manier van leer vir enige tipe leerder daar buite.
S-leer sien uit daarna om saam met jou aan jou toekoms te werk. Skep vandag nog vir jou ’n profiel en kyk wat dalk daar jou behoefte aanspreek.
Besoek www.s-leer.co.za vir meer inligting
Wat wag in 2019?
E-leer | Kontaksessies | Webinare |
E-pos-etiket | Konflikbestuur | Begrotingsbestuur |
Taal- en skryfvaardighede | Onderhandelingsvaardighede | Emosionele intelligensie vir persoonlike assistente |
10 kritieke vaardighede waaroor werknemers teen 2020 moet beskik | Grondbeginsels van projekbestuur | Stresbestuur |
Die arbeidswet vir Suid-Afrikaanse bestuurders | Kliëntediensuitnemendheid | Finansiële advies |
Die SA diensbillikheidsplan | Aanbiedingsvaardighede | Konflikhantering |
Die proses van 189 | Probleemoplossingsvaardighede | Praktiese kredietbestuur |
Emosionele intelligensie | Werkswinkel oor veerkragtighed en kritiek vir uitvoerende bestuur | Interpretasie van sekere wette |
Effektiewe spanbestuur | 10 dae werksessie oor die noodsaaklikhede van bestuur en leierskap | |
Besluitneming en oordeel | Produktiwiteit en tydsbestuur | |
Finansies vir nie-finansiële werknemers | Kongres vir dokters | |
Belastingverslag en -opgawes | Kongres vir kantoorpraktisyns en kommunikasiepraktisyns | |
Interpretasie van basiese finansiële state | Interpersoonlike vaardighede en effektiweit vir Sol-Tech-studente | |
Werkplekgereedheid | Entrepreneurskap vir Sol-Tech-studente | |
SAPD-opleiding | ||
Solidariteit-induksie | ||
Produktiwiteit en tydsbestuur | ||
Professionele kantoorbestuur | ||
SAPD-opleiding | ||
Self- en stresbestuur om produktiwiteit te verhoog | ||
Sekretaresses se gids vir vergaderings en notulering |
Deur Cilleste van Dyk Ons sal self. Hierdie drie woorde kan baie arrogant klink sonder die regte konteks. Solidariteit sê: Ons sal self, nie omdat ons dink dat ons dinge alleen of deur ons eie krag sal regkry nie, maar omdat dat daar geen ander opsie is vir ’n voorspoedige toekoms nie. Daarom sê ons […]
Oops! We could not locate your form.