Solidarteit Wêreld
2019 – Uitgawe 1
S-Leer | Verandering vereis volgehoue leer
Deur Michelle | 08 Maart 2019

Deur Juran van den Heever

Die aard van werk is besig om te verander. Werk gaan lank al nie meer oor “doen jou werk” nie, maar meer oor jou aanpasbaarheid in ’n nuwe werksituasie ten opsigte van nuwe tegnologie, en nuwe maniere om met ander te werk. Outomatisering, robotte en kunsmatige intelligensie is nie net meer woorde in die verre toekoms nie, maar ’n realiteit.
Ons werk in omgewings waar werkers slimmer dink, skeppend en innoverend is en beter bekwaam is. Die geskoolde werker soek vandag ander ervarings. Hulle besef dat eienskappe soos interpersoonlike vaardighede, kreatiwiteit, goeie besluitnemingsvermoë, goeie oordeel en empatie broodnodig is. Mense soek betekenis en vreugde in hul werkplekke. Daarom is die werkplek soos ons dit ken, besig om vinnig te verander.

Maak leer jou besigheid
Ja, die doel van besigheid bly steeds om wins te maak, kliënte te behou, volhoubaar te wees, aandeelhouers tevrede te stel en ’n verskil in die gemeenskap te maak. Sonder volgehoue leer is niks hiervan egter moontlik nie. Slim organisasies gebruik nuwe inligting om slimmer, beter en meer doeltreffend te funksioneer. Lewenslange verandering is ook ’n realiteit en boonop kom onderbrekings oral voor. Om te oorleef en vooruitstrewend te bly, moet daar innoverend na leer gekyk word.
Daar moet meer te wete gekom word oor die teikenmark en hoe om aan hulle ’n volledige diens te bied en hulle tevrede te stel. Almal moet leer hoe om ’n effektief funksionerende organisasie op te bou sodat dit sy doelwitte kan bereik. Mense moet leer om tegnologie en nuwe ontwikkelings in tegnologie te gebruik en hoe om nuwe tegnologiese uitdagings te hanteer. Hulle moet ook leer om met mekaar in uiteenlopende omgewings saam te werk en moet hulself beter leer ken – of dit nou die vaardigheid is om met ’n masjien te werk, salarisonderhandelings te doen, Excel te gebruik of besluite in ’n span te neem. Die organisasie moet aanhoudend leer om hulle vir sukses voor te berei.

Leer is ’n kultuur
Leer moenie die resultaat van ’n program wees nie, maar moet met die kultuur van die organisasie geïntegreer wees. ’n Kultuur van leer word in die waardes, omgewing en gedrag van die organisasie vergestalt. Om te leer, moet die personeel ’n ingesteldheid van groei hê!
Kortom – om te kan aanpas en suksesvol te wees in ’n vinnig veranderende samelewing, sal ons ’n kultuur van volgehoue leer in maatskappye moet vestig.

Dagboek dié leergeleenthede

Maart
4 Maart: Seminaar: Emosionele intelligensie
6 tot 7 Maart: Seminaar: Konflikbestuur en onderhandelingsvaardighede
11 Maart: Seminaar: Uitnemende kliëntediens

18 tot 25 Maart: E-leer: Emosionele intelligensie
26 Maart: Kontaksessie: Emosionele intelligensie

April
2 April: Webinaar: Emosionele intelligensie
8 tot 9 April: Seminaar: Konflikbestuur

9 April: Webinaar: Emosionele intelligensie
10 tot 12 April: Seminaar: Gevorderde MS Word
15 tot 22 April: E-leer: Effektiewe spanbestuur

23 April: Kontaksessie: Effektiewe spanbestuur
30 April: Webinaar: Effektiewe spanbestuur

  •  
  •  
  •  
  •  
Redakteursbrief

Ons het hierdie jaar weer afgeskop met gedeeltelike duisternis weens Eskom en beurtkrag. Die ongerieflike beurtkragskedules was op almal se lippe en Facebook-profiele. Dit tref ‘n mens mos reg in die middel van die besigste tyd ná werk, wanneer jy moet kos maak, kinders bad of gou daardie bondel wasgoed in die wasmasjien moet gooi […]


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close