Solidarteit Wêreld
2020 – Uitgawe 1 Redakteursbrief
Saam is ons soveel sterker
Deur Michelle | 16 Maart 2020

So staan ons weer aan die begin van ’n nuwe jaar. Vir die een of ander rede klink 2020 idillies, amper asof ’n mens nuut kan begin met belangrike dinge in die lewe of dat daar groot goed gaan gebeur.

Aan die een kant is dit waar, want Solidariteit begin sy strategiese pad na 2030 met wonderlike planne, maar aan die ander kant is daar ook talle afleggings wat sommer reg aan die begin van die jaar werkers se voorland is. Dus moet ons nie net planne beraam en uitvoer nie, ons moet veg ook.

Dit beaam weer waarin Solidariteit glo, naamlik dat almal wat wil werk, moet kan werk.

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof, het juis by die onlangse Toekomsberaad gesê dat ’n goeie werk die mens se grootste behoefte bly. Hy het gesê dit bepaal identiteit, gee selfvertroue, gee betekenis, bied bestendigheid en bepaal welvaart. Werk is ook koninkrykwerk en arbeid is adel, al is die omstandighede ook hoe moeilik. Ons mag dit nie verloor nie.

Ons mag dit dus nie aanvaar as mense in die werkplek geboelie word nie. Ons gaan vanjaar mense in die werkplek beskerm tydens byvoorbeeld afleggings, maar ons gaan ook spesifiek optree teen rasseboelies.

In hierdie uitgawe kan jy meer lees oor die onderwerpe wat tydens die “Op pad na 2030”-toekomsberaad bespreek is, asook waar en hoe Solidariteit vir sy lede veg tydens afleggings. Daar is hierdie jaar ook talle opwindende projekte en veldtogte wat wag.

Ons beplan om weer in 2020 voor die Verenigde Nasies se komitee vir die uitwissing van alle vorme van rassediskriminasie (CERD) te verskyn. Ons vorige verskyning was ’n reusesukses wat uitgeloop het op ’n verslag van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie waarin bevind is die toepassing van regstellende aksie in Suid-Afrika is rigied en slegs op ras gebaseer, en dat dit moet verander.

Ons sien ook ’n nuwe tendens van vals aantygings van rassisme wat gemaak word. Dis krimineel om mense se loopbane deur vals klagte te vernietig. Ons gaan dit nie duld nie.

Solidariteit gaan sy wettige belastingprotesveldtog verskerp. Ons gaan baie sterk opstaan teen planne om voorgeskrewe pensioenbates te gebruik om sukkelende staatsondernemings te help en beslis ook teen die voorgestelde Nasionale Gesondheidsversekering. Ons kan nie ons gesondheid laat “ver-Eskom” nie.

Solidariteit het pas begin om mense wat werk volgens hul beroepe te organiseer. Oor tien jaar gaan daar ’n reusenetwerk van beroepsgildes binne Solidariteit georganiseer wees. Die gildes gaan jongmense help om die arbeidsmark te betree. Studiefondse gaan gestig word, internskappe gaan aangebied word, mentorskappe gaan vir die jongmense gereël word en werk gaan gesoek word. Gildes gaan help met lewenslange leer. Netwerke gaan gevestig word en die gildes gaan opstaan vir die belange van die beroep. Ons gaan mekaar op groot skaal help.

Ons plaas ook groot fokus op die jeug. Solidariteit Jeug moet jongmense toerus vir die werkplek. Binne twee jaar het sowat 8 000 jongmense profiele by ons geskep. Ons het ’n spesiale loopbaanbepaler wat jongmense help met beroepskeuses. Ons gee inligting oor beroepe. Ons help met CV’s. Ons rus jongmense toe met vaardighede sodat hulle voorbereid is vir werksonderhoude. Ons help met hul vorming en met talle ander aspekte.

Voorspoed vir die jaar wat voorlê, en onthou dat ons saam sterker is.

  •  
  •  
  •  
Ander Artikels

Beroepsgildes – nou meer as ooit ’n bymekaarkomplek

Deur Mandy-Michelle Thackwray   Die inperkingstyd is vir baie mense ’n tyd van angs, spanning en hartseer. Ons is oornag gekonfronteer met ’n nuwe werklikheid soos iets uit ’n Hollywood-rolprent. Gelukkig is daar gewoonlik in ’n rolprent ook ’n held wat ’n teenmiddel het en die wêreld oornag van die virus red. As akteurs in […]




Salarisaftrekkings

Deur: Devon Basson Werknemers is dikwels onseker of werkgewers geld van hul salarisse mag aftrek aan die einde van ’n maand. Maar hoe en wanneer mag ’n werkgewer wel aftrekkings maak? Artikel 34 van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes bepaal aan watter vereistes voldoen moet word voordat ’n werkgewer enige geld van die werknemer se […]




Om te leer wag ….

My afvlerk-eendjie, Marietjie, het die eerste dag of twee hoegenaamd geen probleem met die grendelstaat gehad nie. Om laat te slaap, stadig ontbyt te eet en ’n lang oggendbad te neem, was ’n heerlike afwisseling van die gejaag om haar soggens betyds aangetrek en by haar sentrum afgelaai te kry. Toe begin die besef deurdring […]




Working from home: Will it become the new norm?

By Wilmarie Brits The ongoing debate on the merits of working from home instead of at the office recently gained new impetus after the Covid-19 pandemic resulted in the implementation of social distancing measures and forced many companies to let their employees work from home in order to keep operations going. For many years, employees […]




Helpmekaardag – ’n gemeenskap wat saamstaan

Deur Johnell van Vollenhoven Toe die son op 7 April 2020 opkom, was die Solidariteit Beweging se mense gerat vir aksie. Die Virseker Trust het net die vorige dag R1 miljoen aan die Solidariteit Beweging se Krisisfonds geskenk, en dit was presies die hupstoot wat hulle nodig gehad het om ’n nuwe inisiatief aan te […]





Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close