Solidarteit Wêreld
2018 - Uitgawe 5
Skuldverligting Splinternuwe voordeel help lede
Deur LJ | 18 September 2018

Foto krediet:

Deur: Johan Kruger

Die finansiële welsyn van ons lede is vir Solidariteit baie belangrik. Om produktief te kan werk en gelukkig te kan leef, is finansiële welsyn noodsaaklik. Daarom het Solidariteit besluit om ’n splinternuwe ledevoordeel te ontwikkel saam met ons vennote, Serfontein Viljoen en Swart Prokureurs en DebtGrip (Edms.) Bpk.

Baie Suid-Afrikaners sukkel geweldig met hoë vlakke van huishoudelike skuld en ons lede is nie hiervan uitgesluit nie. Daar word beraam dat nagenoeg 43% van kredietooreenkomste meer as drie paaiemente agterstallig is.

Ons weet maar alte goed dat skuld deel is van die lewe, maar nie iets waaroor mense graag praat nie. Mense sal dikwels eerder stilbly oor ’n finansiële verknorsing en dieper in die skuld verval as om hulp te soek.

Neem beheer van skuld

Die term “skuldberading” kan soms die indruk skep dat jy nie na jou eie sake kan omsien nie en dis iets wat niemand wil erken nie. Dit word dikwels ervaar as ’n erkenning van ’n swakheid en dat ’n persoon beheer verloor het.

Solidariteit sien homself as ’n vennoot vir ons lede om te help dat hulle skuld bestuur en verlig word deur die skuldberadingsvoordeel. Dit is juis ’n teken van beheer neem indien jy dié voordeel gebruik, want dan neem jy verantwoordelikheid vir jou eie skuld.

Die gemoedsrus wat Solidariteit se erkende diensverskaffer aan jou bied, is dat jy ’n betroubare vennoot het wat nie oornag sal verdwyn of jou sal inloop met jou swaarverdiende rande nie.

Die span toegewyde personeel het jare se ervaring in skuldberading en jou skuld word bestuur deur ’n geregistreerde skuldberader by die Nasionale Kredietreguleerder (NCR). Jy sal elke tree van die proses gelei word, ongeag waar jy jouself in Suid-Afrika bevind.

Ten einde vir die skuldberadingsvoordeel te kwalifiseer, moet jy ’n lid van Solidariteit wees. Die voordeel bied sakpas fooie en ’n betroubare proses, en bied jou boonop die geleentheid om jou Solidariteit-lidmaatskap te behou danksy die heronderhandeling en herstrukturering van jou skuld. Só behou jy toegang tot alle ledevoordele, met inbegrip van bepalings en voorwaardes. Die ervare span kundiges sal lede wat vir skuldberading aanvaar kan word, bystaan om aansienlik beter maandelikse premies en rentekoerse met krediteure te onderhandel.

Jy kan weer finansiële waardigheid herwin en minder slapelose nagte hê oor skuld!

Wat bied dié voordeel?

  • ’n Gratis kredietverslag en die ontleding en verduideliking daarvan aan die lid;
  • ’n Gratis ondersoek na die skuldposisie van ’n lid en ’n ondersoek of die lid aanvaar kan word vir skuldberading, soos bedoel in die Nasionale Kredietwet;
  • Indien die lid aanvaar word vir skuldberading en die lid kwalifiseer vir die skuldberadingsvoordeel ingevolge die bepalings en voorwaardes van die vakbond, sal die aanvangsfooi vir skuldberading vir kwalifiserende Solidariteit-lede gehef word teen 50% van die aanvangsfooi wat van tyd-tot-tyd vasgestel word in die Regulasies wat die Nasionale Kredietreguleerder publiseer;
  • Indien ’n lid aanvaar word vir skuldberading, word daar namens die lid met krediteure onderhandel vir aansienlik laer maandelikse premies en rentekoerse ná herstrukturering. Dit sluit in die hersiening van –
  • kredietversekering,
  • korttermynversekering,
  • lewensversekering,
  • ongeskiktheidsversekering, en
  • mediesefondspremies;
  • Indien ’n hofaansoek nodig is, word die hofproses bestuur teen verlaagde tariewe in samewerking met ’n goedgekeurde landwye netwerk van prokureurs;
  • Nasorg vir die duur van die hele skuldberadingsproses;
  • ’n Uitklaringsertifikaat word ná die suksesvolle afhandeling van die skuldberadingsproses verkry;
  • Daar word toegesien dat die toepaslike inligting ná die afhandeling van die skuldberadingsproses op die lid se kredietprofiel aangebring word;
  • Die skuldberadingsvoordeel bemagtig lede om lidmaatskap te bekom of te behou met die behoud van en toegang tot alle ander ledevoordele (onderhewig aan Solidariteit se bepalings en voorwaardes).

SMS die woord “skuld” na 34802 en ’n kundige sal jou terugskakel. Of skakel enige Solidariteit-kantoor of DebtGrip by 087 654 592, besoek www.solidariteit.co.za of stuur ’n faks na 086 502 4792.

Redakteursbrief

Deur Cilleste van Dyk Ons sal self. Hierdie drie woorde kan baie arrogant klink sonder die regte konteks. Solidariteit sê: Ons sal self, nie omdat ons dink dat ons dinge alleen of deur ons eie krag sal regkry nie, maar omdat dat daar geen ander opsie is vir ’n voorspoedige toekoms nie. Daarom sê ons […]


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close