Solidarteit Wêreld
2020 – Uitgawe 3
Só skep ons Netwerk van Werk
Deur Michelle | 12 Julie 2020

Foto krediet:

Deur Bianca Smit

Wat is ’n beroep nou eintlik? Die woordeboek sê dis ’n werkkring, vak of betrekking, maar in ons huidige omstandighede is dit iets wat net gedoen mag word indien dit as noodsaaklik geklassifiseer is, en dan ook net mits daar aan baie spesifieke veiligheidsmaatreëls voldoen word.

Die tipe beroep wat jy beoefen, bepaal dus of jy nou ’n inkomste mag verdien asook waar en hoe jy moet werk. Dit skep heelwat onsekerheid by mense oor die voortbestaan en volhoubaarheid van hulle beroepe en hulle toekoms in die werkplek.

Jim Collins skryf in sy boek Great by Choice dat ons nie die toekoms kan voorspel nie, maar dat ons dit kan skep. Sy woorde is juis nou merkwaardig, want in hierdie tye is ons enigste sekerheid dat ons ons eie toekoms moet skep. Hoe skep jy ’n toekoms? Op jou eie kan jy net soveel bereik, maar saam is daar baie meer geleenthede om te skep, herbou, op te bou en voort te bou. Dit geld ook vir jou beroep. Binne jou beroepsgemeenskap kan jy sterker staan saam met jou netwerk van werk.

Dit is wat Solidariteit se beroepsgildes vir jou doen! Dit is jou unieke beroepstuiste waar ons saam dink en saam doen, waar jy sterker word saam met jou beroepsgemeenskap.

Hoe doen ons dit? Hoe kan ’n beroepsgilde jou sterker maak in jou beroep en hoe kan dit jou relevant hou? Jou beroepsgilde bied aan jou die volgende:

  • Netwerkgeleenthede – niemand verstaan jou uitdagings beter as iemand wat in dieselfde beroep as jy staan nie. Die beroepsgildes skep ‘n platform waar jy met mense in dieselfde beroep kan kontak maak deur Facebook-blaaie, WhatsApp-groepe en netwerkgeleenthede.
  • Beroepspesifieke inligting – die oeroue gesegde dat kennis mag is, geld vandag steeds. Dit is kritiek belangrik dat jy op hoogte bly van die nuutste verwikkelinge in jou beroep. Solidariteit se beroepsgildes bring vir jou uitgesoekte beroepspesifieke nuus.
  • Voortgesette leer – maak jouself onmisbaar in jou beroep deur nooit op te hou leer nie. Die beroepsgildes bied kursusse in samewerking met S-Leer aan in die vorm van webinare, e-leermodules en seminare wat jou vaardighede in jou beroepsveld sal uitbrei.
  • Waghondrol – ons hou wag oor kwessies wat jou in jou beroep kan benadeel, soos onredelike wetswysigings. Ons kan vir jou beroepsgemeenskap opstaan sonder om jou uit te sonder.
  • Mentorskappe, plasings en internskappe – deel jou kennis deur as mentor by een van ons gildes betrokke te raak en verseker só die voortbestaan van jou beroep. Ons bied ook saam met Solidariteit Jeug plasings en internskapgeleenthede vir ons jongmense.

Ons moet elkeen self verantwoordelikheid neem om ons toekoms te skep, soos Jim Collins sê. Bou saam aan joune deur betrokke te raak by jou beroepsgilde.

Indien jy nog nie deel van jou beroepsgilde is nie, kontak ons gerus by www.gildes.co.za of stuur ’n e-pos na gildes@solidariteit.co.za

 

Redakteursbrief

Deur Cilleste van Dyk Ek skryf vandag die derde opeenvolgende brief vir julle vanuit my woonkamer-kantoor, maar tog voel dit vir my soos ’n keerpunt. Ons is uiteindelik op vlak 2 van die inperking en dis byna asof daar weer ’n mate van normaliteit terugkeer. Die klein bietjie meer vryheid het my laat besef dat […]


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close