Solidarteit Wêreld
2017 – Uitgawe 4 Nuuswaardig
Solidariteit is digitaal fiks
Deur Michelle | 10 Augustus 2017

Deur Lindie de Beer

 

Ons leef in 'n era waar planne gemaak word vir die eerste groep mense om op Mars te gaan woon. Jy koop skoene en kruideniersware oor die internet en knoop via jou selfoon videogeselsies aan met geliefdes in 'n ander land.

Vandag se tieners is meer opgewonde oor data as oor 'n nuwe motor en slegs 12.9% huishoudings vandag het 'n landlyn. Kenners reken dat ons onsself bevind in die vierde industriële revolusie, genaamd die digitale era.

 

Wat beteken die vierde industriële revolusie?

Tydens die eerste industriële revolusie is daar vir die eerste keer gebruik gemaak van water en stoom om produksie te meganiseer. Met die tweede revolusie is elektrisiteit gebruik om massaproduksie aan die gang te sit. Die derde revolusie is gekenmerk deur die gebruik van inligtingstegnologie en elektronika om produksie te outomatiseer en die vierde revolusie, ‘n gevolg van die digitale era, bou nou voort op die derde revolusie.

Die vierde revolusie word gekarakteriseer deur tegnologie wat 'n nuwe wêreld oopmaak in die fisiese, digitale en biologiese omgewings. Die geleenthede wat die vierde revolusie bied deur miljarde mense te verbind deur middel van selfone, krag, kapasiteit en die toegang tot eindelose kennis, is onbeperk.

Jy moet vandag digitaal fiks wees om die pas van die nuwe samelewing te kan volhou. Jou hele lewe word digitaal bestuur. Maar is jou vakbond digitaal fiks?

Solidariteit as vakbond poog om ledediens so vinnig, maklik en toeganklik moontlik vir sy lede te maak. Het jy geweet Solidariteit het 'n nuwe lede-app het waar jy toegang het tot jou elektroniese ledekaart en die nuutste vakbondnuus, en waarmee jy direk kontak kan maak met 'n Solidariteit-agent?

Die Solidariteit-regsapp, genaamd Regskliek, is ook beskikbaar vir Solidariteit-lede. Dié app maak dit vir jou moontlik om in ’n ongemaklike situasie met die druk van ’n knoppie te kan sien wat jou regte is. Enige regskundige onderwerpe, van arbeidswette tot kontrakte, word op die regsapp bespreek, en jy kan ook jou vrae stel.

Benodig jy raad oor hoe om jou CV op te stel? Of hoe om 'n onderhoud te voer en wat om te dra vir dié onderhoud? Wil jy weet hoe om ’n balans te vind tussen jou persoonlike lewe en jou loopbaan, of wil jy in aanraking kom met die regte ondersteuningsgroepe wanneer jy dit die nodigste het? Die Solidariteit-webblad kan jou met al dié kwessies help. Die webblad is propvol kort, inligtingsgelaaide artikels wat jou in enige situasie of oomblik van hulp kan wees.

Jy kan selfs op die webblad aanlyn gesels met een van Solidariteit se dienssentrumagente, indien jy nie 'n e-pos wil stuur nie. “Vra vir Frik” is daagliks tussen 8:00 en 16:30 aanlyn beskikbaar om jou vrae te beantwoord.

Solidariteit is slaggereed vir die digitale era. Al wat jy jouself moet vra, is: Behoort jy aan 'n vakbond wat digitaal fiks is?

  • Lees ook die artikel op bladsy 17.
  •  
  •  
  •  
  •  
Redakteursbrief

So staan nog ’n jaar einde se kant toe. Hoewel die laaste deel van 2018 steeds volgepak is met dinge om af te handel, kan ons reeds met tevredenheid terugkyk op die jaar se groei en sukses tot op hede. Hierdie is die 100ste uitgawe van Solidariteit Tydskrif en bied dus die perfekte geleentheid vir […]


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close