Solidarteit Wêreld
2017 – Uitgawe 6
Solidariteit-ligdraers se suksesse
Deur Michelle | 16 November 2017

Deur Cilleste van Dyk

Die ligdraers van Solidariteit is sy organiseerders en voltydse verteenwoordigers. Hulle is die voorste linie wat daagliks vir werknemers se regte in die werkplek veg, en heel waarskynlik die mense waarmee jy te doen sal hê wanneer jy 'n probleem in die werkplek ervaar.

Volgens Juran van den Heever, afdelingshoof van kommunikasie by Solidariteit, is organiseerders die hande en voete van vakbondverteenwoordigers in die werkplek. “Organiseerders bied verteenwoordigersbystand om die werkplek doeltreffend en met die nodige struktuur te organiseer.”

Solidariteit spog met meer as 50 uiters bekwame en hardwerkende streeksorganiseerders wat by sy negentien dienskantore reg oor die land aan Solidariteit-lede diens lewer.

Een van die organiseerders se hooftake is kollektiewe bedinging, dit wil sê loononderhandelings, afleggings, en konsiliasie en arbitrasie by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie.

Daar is elke jaar talle suksesse wat behaal word en vanjaar is geen uitsondering nie. Daar is so baie suksesverhale dat dit onmoontlik is om almal te noem, maar ons deel graag 'n paar hiervan.

Kommunikasiebedryf

Telkom-arbitrasie: Solidariteit het die interpretasie-saak van die loonooreenkoms met Telkom gewen. Telkom het die werknemers 'n 6%-salarisverhoging betaal op die 50ste persentiel van die werknemers se funksionele areas, wat nie in lyn was met die loonooreenkoms nie. Die oorspronklike ooreenkom het 'n 6%-verhoging op die werknemers se salaris vereis. Die arbiter het aangedui dat Telkom nie self terme in die ooreenkoms mag inskryf en inlees wat nie binne die oorspronklike ooreenkoms was nie. Telkom moes die regstelling maak en werknemers se salarisverhoging herbereken en teen einde Oktober 2017 uitbetaal.

BCX: Solidariteit is tans die enigste vakbond met erkenning binne BCX, en alle lede kan nou beskerm word en kollektiewe voordele geniet.

Telkom-regstellendeaksieplan: Solidariteit het Telkom op terme geplaas met betrekking tot sy regstellendeaksieplan.  Telkom se plan het reeds in April 2017 verval, waarna die maatskappy by die departement van arbeid aansoek gedoen het om die tydperk te verleng. Telkom is besig om die plan per sake-eenheid binne Telkom op te stel, maar voldoen nie aan al die vereistes in terme van konsultasies in lyn met regstellendeaksiewetgewing nie. Solidariteit het die voorgestelde plan na sy regsafdeling verwys vir verdere intervensie.

Mediese bedryf: Salarisverhogings

  • Vista-kliniek: 5%- verhoging, 10%-bydrae tot mediese fonds; een dag bykomende gesinsverantwoordelikheidsverlof
  • Kokanje: 5%-salarisverhoging; salarisband skuif op met 5%; waarnemingstoelaag skuif vanaf 14 dae na 5 dae wat moet verloop voordat toelaag gegee word; werkgewersbydrae tot mediese fonds verhoog vanaf 60:40 na 50:50
  • Kokanje: 5%-verhoging; salarisband skuif op met 5%
  • ZAH: 6,8% plus bykomende dag jaarlikse verlof
  • Cureday Clinics: 5,5%-verhoging
  • Vermaak en Vennote: 6%-verhoging
  • Med24: 6%-verhoging
  • Mediclinic Paarl: Apteekpersoneel ontvang ’n 5,25%-verhoging, verpleegpersoneel 6,2% en administratiewe personeel 5,45%
  • Mediclinic Emfuleni: Verpleegpersoneel ontvang ’n 6,10%-verhoging, administratiewe personeel 5,52% en apteekpersoneel 5,19%
  • Precision Medical Solutions: 5,5%-verhoging
  • Matlosana Medical Health Services: 6,5%- salarisverhoging
  • Netcare Montana: Personeel kry x 0,25 meer op die uurlikse fooi vir ure gewerk op Saterdae.
  •  
  •  
  •  
Redakteursbrief

Hierdie uitgawe van Solidariteit Tydskrif is amper so geskiedkundig soos die laaste paar maande waarin elkeen van ons gekonfronteer is met die Covid-19-pandemie wat die wêreld basies tot stilstand gebring het. Dit sal die eerste keer wees wat die tydskrif nie gedruk word nie. Daar was tot dusver, met 107 uitgawes agter die blad, nog […]


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close