Solidarteit Wêreld
2015 - Uitgawe 2 Spreekbuys
Solidariteit wéér eerste met kuberunie
Deur PW | 08 April 2015

Solidariteit is weer aan die voorpunt van die vakbondwêreld met die loodsing van ons eie kuberunie, Solidariteit Wêreld. Dit is die vervulling van ons droom om volledige en omvattende vakbonddienste deur die internet aan ons lede te bied, skryf Flip Buys.

Die doel van Solidariteit Wêreld is om die vakbond náder aan ons lede te bring. Vakbonddienste is danksy Solidariteit Wêreld op elke lid se foon en rekenaar beskikbaar. Die vakbond is dus nou in die holte van elke lid se hand, en dit spaar ons lede die moeite om spesiaal een van ons kantore te besoek.

Die doel van Solidariteit Wêreld is om te voldoen aan ’n behoefte wat lank reeds by die moderne lid bestaan, naamlik om enige tyd en elke dag van die week toegang tot volle vakbonddienste te hê. Opnames het getoon dat byna al ons lede toegang tot slimfone of rekenaars by die werk of huis het. Gewone internetblaaie wat net algemene inligting gee, is egter nie meer voldoende nie – lede wil volle lededienste ook op die internet hê.

Solidariteit Wêreld is aanvullend tot ons bestaande vakbonddienste, wat soos normaalweg steeds beskikbaar bly. Met Solidariteit Wêreld wil ons egter nie bloot dieselfde dienste wat nou aangebied word ook op die internet beskikbaar stel nie. Ons het daarom die afgelope jaar met behulp van ’n spesiale projekspan ’n spliternuwe reeks dienste ontwikkel, van loopbaanadvies en regshulp tot inligting oor ledevoordele soos studiehulp. Vir nuwe lede bied ons die gerieflike opsie om binne een minuut aan te sluit.

Solidariteit se droom bly steeds om ons lede met ’n goeie werk te help. Daarom is Solidariteit Wêreld se doel nie net om lede met werkprobleme te help nie. Ons wil graag ons lede met raad en daad bystaan om nog beter werknemers te wees, sodat hulle die plesier van ’n goeie werk kan geniet. Ons wil graag hê dat ons lede gelukkig in hul werk moet wees, en wil hulle bystaan met dienste om hul kans op bevordering en beter geleenthede te vergroot.

Solidariteit Wêreld wil aansluit by die nuutste neiging in die wêreld van werk, naamlik die bevordering van mense se welstand. Welstand beteken veel meer as die voorkoming van siektes, en sluit in die bevordering van gesondheid en die verbetering van mense se “werkwelstand”. Daarom word ’n wye reeks welstanddienste aangebied, van loopbaanadvies tot wenke om jou gesondheid te verbeter.

Solidariteit Wêreld is beskikbaar by www.solidariteit.co.za. Al die standaard vakbonddienste en voordele word op die webwerf aangebied, maar daar is nou ook sewe nuwe portale beskikbaar op dieselfde webwerf. Dié portale word kortliks hieronder opgesom:

 

Jou Geld

–       Aftredebeplanning

–       Korttermynversekering

–       Lewensversekering, inkomstebeskerming, ongeskiktheidsdekking

–       Beleggingsadvies en hersiening van jou bestaande portefeulje

–       Begrotingsvoorbeelde

–       My Geld-artikels

–       Sakrekenaars om te bereken of jy genoeg spaar vir jou aftrede

–       Aanlyn hulp met die aankoop van ’n nuwe motor

–       Vrae en antwoorde

–       Daaglikse aanwysers

–       Testamente – lede kan ’n gratis testament by Solidariteit laat opstel

 

Jou Welstand

–       Hou boek van jou welstand met ’n welstandkalender

–       Toets hoe gesond jy is deur sakrekenaars te gebruik om jou ideale gewig en energiebehoeftes te bereken

–       Swangerskap

–       Solidariteit Atletiekklub

–       7 Dimensies van Welstand – hoe lyk jou welstand?

–       Professionele aanlyn advies – CMAC verskaf raad met besluite oor mediese fondse

–       Artikels

–       A–Z van Welstand: Omskrywings van siektetoestande en mediese terme

–       Aanvullende mediesefondsprodukte

–       Ondersteuningsgroepe

–       Vrae en antwoorde

–       Mediese nuus

–       Gesondheidswenke

 

Jou Werk

–       Aspekte van die wêreld van werk word bespreek

–       Mensehulpbronhulpmiddele

–       Vra ’n berader

–       Goeie Werk-skaal

–       Toets jouself: Wat motiveer jou?

–       Gesels met ’n leefstylafrigter

–       Gesels saam

–       GAP-jaar

–       Video’s

–       CV-opstelling, -riglyne en -voorbeelde

–       Artikels

–       Doen aansoek by Solidariteit

 

Jou Gesin

Artikels oor hoe om jou gesin te hanteer en ’n goeie werk-gesin-balans te handhaaf

 

Jou Loopbaan

–       Aspekte rakende jou loopbaan

–       Loopbaanbeplanning

–       CV-opstelling en -voorbeelde

–       A–Z van verskillende beroepe

–       Kontakbesonderhede van Afrikaanse skole in Suid-Afrika, asook van alle universiteite

–       Skole betrokke deur advertensies van hul aktiwiteite

–       Artikels: praktiese riglyne, onderhoude, ens.

–       Loopbaan.co.za:

Psigometriese toetse

Loopbaankeuses

Werksoekers

Beurse

Vaardigheidstekorte (wat om te studeer)

 

Jy en die Reg

–       Regsvrae (kategorieë en soekfunksie)

–       Meld jou arbeidsregsaak aan

–       Regsmenings

–       Arbeidsregmandaat en klagvorms

–       Algemene litigasie

–       Solidariteit Arbeidshof

–       Arbeidsreg: alles wat jy moet weet

–       Arbeidsregartikels

–       Strafreg

–       Skadevergoeding

–       Kommersiële reg

–       Familiereg

–       Boedels en testamente

–       Gerapporteerde arbeidsregsake

–       Gesels met ’n regskenner

–       Wetgewing

–       Hoe meld ek ’n saak aan by Solidariteit?

–       Artikels en potgooie (“podcasts”)

–       Pro forma-kontrakte en voorbeelde van kontrakte

 

Beroepsgesondheid en -veiligheid

–       Wat is beroepsgesondheid en -veiligheid?

–       Eise vir beroepsbeserings en -siektes

–       Gesels saam oor kwessies in die bedryf

–       Eisproses en vorms

–       Artikels

–       Beroepsgesondheid en -veiligheid by die werkplek

–       Toets jou kennis

–       Vra Solidariteit se gesondheid- en veiligheidspan

–       Wetgewing

–       Skakels na ander instansies

–       Kennisgewings van nuwe regulasies in die bedryf

–       Hoe meld ek ’n onveilige werkplek aan?

–       Kontakbesonderhede

 

Die gróótste wens van die meeste mense op aarde is vir ’n goeie werk. Hierdie belangwekkende bevinding is gemaak deur Gallup, die globale marknavorsingsreus. Hulle het ses jaar lank aan ’n wêreldwye opname gewerk om te bepaal wat die heel belangrikste vir mense is. Die voorsitter van Gallup, Jim Clifton, beskou dit as een van die belangrikste bevindings wat die maatskappy nog gemaak het.

Clifton beklemtoon dat ’n goeie werk baie meer as net ’n groot salaristjek is. Hy sê ’n goeie werk is een wat vir jou ’n doel in die lewe gee. Dit is ’n werk waarmee jy jou roeping kan vervul en wat vir jou sin maak omdat dit jou die kans bied om ’n verskil te maak. Aan die ander kant meen hy dat werkloosheid of ’n sinlose werk waarin jy ongelukkig is, die slegste ding is wat ’n mens kan tref.

Dit beteken dat ’n goeie werk nie net meer ’n middel tot ’n doel is nie, maar vir mense ’n doel op sigself geword het. Dit beteken ook dat mense nie net meer wil werk vir geld om te kan lewe nie – ongeag hoe belangrik dit steeds is. Die moderne mens wil voel dat die werk wat hy of sy doen, vir hulle sin maak en dat hulle ’n verskil in die lewe maak.

Met ’n goeie werk kan jy vir jou gesin sorg, kan jy ’n ordentlike lewe lei, en het jy en jou kinders ’n toekoms. ’n Goeie werk is die sleutel tot ’n goeie lewe, en is ’n voorwaarde vir menslike welstand. Dit is belangrik vir menswaardigheid en standvastige gesinne. Sonder ’n goeie werk val jou lewe uitmekaar.

En dit is presies wat Solidariteit aanvuur. Word vandag nog deel van Solidariteit Wêreld – jou wêreld van werk, ’n unieke gemeenskap vir werkende mense.

  •  
  •  
  •  
Redakteursbrief

Dit voel vir my of ’n mens hierdie tyd van die jaar ’n ekstra hupstoot nodig het om uit die bed uit op te staan en jou kragte bymekaar te skraap om die dag aan te pak. Dit het nie net te doen met die koue daarbuite nie: Ek merk op dat almal om my […]


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close