Solidarteit Wêreld
2017 – Uitgawe 4 Jou Wêreld Redakteursbrief
Solidariteit wéét wat sy opdrag is
Deur Michelle | 10 Augustus 2017

Het jy al ooit deurmekaar gevoel? Natuurlik, almal van ons was al deurmekaar in ’n stadium. Stel jou voor jy het twee projekte waarby jy direk betrokke is by die werk wat op dieselfde tyd ’n sperdatum het. ’n Mens verdeel outomaties jou aandag en tyd om albei betyds af te handel.

As jy jou oë uitvee, doen jy eintlik niks nie, want jy is so deurmekaar met wie wat doen en met wanneer ’n sekere gedeelte van een van die twee projekte afgehandel moet wees dat jy nie die opdrag met sekerheid kan deurvoer nie.

Die meeste mense is geneig om te veel hooi op hul vurk te hê, hetsy dit werksverwante verantwoordelikhede, persoonlike take of onnodige projekte is. Soms is ’n verantwoordelikheid van so ’n aard dat jy nie kan kies of jy dit wil hanteer of nie – dis eenvoudig noodsaaklik dat jy jou kant bring en dat jy presies weet wat die deel is wat jy moet bydra. Maar sommige verantwoordelikhede kan ons kies. En wanneer jy kies, moet jy mooi kies. Kies dit só dat jy die opdrag binne daardie verantwoordelikheid met sekerheid kan uitvoer. Daarbenewens is innovasie soms nodig om daardie verantwoordelikheid of opdrag tot sy volle potensiaal uit te voer.

Dit is juis oor die verantwoordelikheid wat Solidariteit teenoor sy lede het dat hy presies moet weet wie hy is en wat sy opdrag is. Dit is ’n verantwoordelikheid wat hy moet nakom, maar hy kies ook om dit gefokus, uitnemend en verreikend te doen. As die opdrag vervaag, kan die gewenste uitkoms nie bereik word nie.

Wie is Solidariteit en wat is sy opdrag?

Solidariteit is jou bondgenoot, as ’t ware jou ouer broer, in die werkplek – die een wat al sedert 1902 sy lede teen uitbuiting in die werkplek beskerm; die een wat selfs vir jou as professionele individu werksekerheid skep.

Solidariteit is geanker in sy Christelike grondslag. Hy is ’n voorstander van kollektiewe bedinging, en is verbind aan Suid-Afrika en die grondwet van Suid-Afrika. Hy is onafhanklik van partypolitiek, maar beskerm die minderhede en demokrasie. Hy is ’n waghond teen die onbillike toepassing van regstellende aksie, en glo in die behoud van Afrikaans en ’n vryemarkekonomie met verantwoordelike werksverhoudinge. Daarbenewens is hy ook ’n selfdoen-instansie wat glo in volhoubare ontwikkeling.

Dit is ’n groot opdrag, maar as ’n mens gefokus bly op hierdie verantwoordelikhede, kan ons vir ons self en ons kinders ’n vry, veilige en voorspoedige toekoms in Suid-Afrika verseker sonder om die spoor byster te raak.

In hierdie uitgawe wys ons hoe Solidariteit en die Solidariteit Beweging met behulp van sy innoverende karakter hierdie opdrag suksesvol sal kan uitvoer.

Lees gerus meer oor innoverende inisiatiewe soos S-Leer se nuwe Blits-leer op bladsy 68. Dr. Dirk Hermann verduidelik hoe die vakbond Solidariteit vernuwing ondergaan het en telkens innoverende besluite gemaak het op presies die regte tyd, om te verseker dat ons aan die voorpunt van ontwikkeling bly.

Gepraat van innovering: Akademia is nou volledig geregistreer as hoëronderwysinstansie. Die manier hoe Akademia Afrikaanse onderrig aanpak, spreek van innovering en vooruitgang. Solidariteit KragDag, die selfstandigheid-ekspo, was ook vanjaar weer ’n reuse sukses met 13 000 besoekers wat gaan uitvind het hoe hulle meer innoverend kan wees.

Weet jy wie jý is en wat jóú opdrag is? Kom, #BouSaam met ons!

  •  
  •  
  •  
Ander Artikels

Solidariteit plaas die Suid-Afrikaanse Lugdiens in sakeredding

Deur Connie Mulder Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) is al jare lank 'n albatros om die belastingbetaler se nek. Met opgehoopte verliese van meer as R32 miljard en meer as R27 miljard se skuld het dit 'n enorme fiskale risiko vir die Suid-Afrikaanse belastingbetaler geword. Solidariteit het al lankal gesê dat radikale eksterne ingryping nodig is […]




Kom ons word deel van die oplossing

Meer as 2 500 jaar gelede moes jong mans in Antieke Griekeland wat diensplig moes doen om burgerskap van die Atheense stadstaat te kry, ’n merkwaardige eed aflê. Hierdie eed, en dit wat dit onderlê, het die grondslag van die Westerse kultuur en beskawing geword. Die 18-jarige mans moes beloof om hulle stad en die […]




Saam is ons soveel sterker

So staan ons weer aan die begin van ’n nuwe jaar. Vir die een of ander rede klink 2020 idillies, amper asof ’n mens nuut kan begin met belangrike dinge in die lewe of dat daar groot goed gaan gebeur. Aan die een kant is dit waar, want Solidariteit begin sy strategiese pad na 2030 […]




Ons is hier om te #BouOmTeBly | Op pad na 2030

Deur Reon Janse van Rensburg Die Solidariteit Beweging het in Oktober 2019 ’n toekomsberaad aangebied waar hulle onder andere planne bekendgemaak het vir 2020 tot en met 2030. Die beraad het daarop gefokus om ’n toekoms te beplan en te skep vir die volgende geslag jong Afrikaners en Afrikaanssprekendes. Al is daar onsekerheid en wanhoop […]




Overcome the fears of starting a new job

No matter where you find yourself on your career journey, it remains a frightening experience to start a new work. According to The Business Insider it is important to transform the nervous energy and tension that you experience on your first day into positive momentum, to help you get off to a good start at […]





Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close