Solidarteit Wêreld
2017 – Uitgawe 5
Speel-speel só met jou voorskoolse kind
Deur Michelle | 29 September 2017

Deur Karen van der Berg

Dit kan vir ouers of kinderoppassers baie uitputtend wees om jong kinders die heeldag te probeer besig hou. Hulle aandagspan is kort, hulle kan nog min op hulle eie speel en het leiding nodig en ʼn mens moet baie idees en kreatiwiteit hê.

Gelukkig is daar ʼn paar hulpmiddels.

Op die webtuiste www.myslimkind.co.za is daar baie nuttige wenke en idees vir slim aktiwiteite om met jou voorskoolse kind te doen.

  • Dit is ʼn opvoedkundige superster. Dit help om handspiere te versterk en laat jou kind toe om sy kreatiwiteit en verbeelding te gebruik. Deur verskillende kleure speeldeeg te meng leer jou kind verskillende kleure en deur klei te vorm, leer ken hy verskillende vorms, en dis boonop verskriklik maklik om te maak. Kry ’n resep ─ die internet het duisende daarvan ─  en laat jou kind jou help om die deeg te maak. Dit sal hom van begrippe soos afmetings, hitte en buigsaamheid laat leer. Gebruik dan sommer ook kleidiertjies om stories mee te vertel en laat dit hulle verbeelding aangryp.
  • Dit is ’n goeie manier om jou kind se visuele ontledings- en sintesevaardighede, hand-oog-koördinasie, fyn motoriese vaardighede en konsentrasie te versterk. Daar is legkaarte vir elke ouderdomsvlak ontwikkel en dit begin by die maklikstes` totdat jou kind meer gevorderde legkaarte kan bou.
  • Ek sien met my kleine ogies. Dit is waarskynlik die maklikste speletjie van almal omdat dit geen benodighede of toerusting verg nie. Sê byvoorbeeld: “Ek sien iets wat met ’n ‘b’ begin” (onthou om die fonetiese klank te gebruik, byvoorbeeld “buh”). Laat jou kind raai watter voorwerp dit is. Julle kan dit in die motor speel of terwyl julle inkopies doen. Dit sal tot jou kind se immer toenemende woordeskat bydra en terselfdertyd haar gehoorwaarnemingsvaardighede slyp.
  • Vir die meeste kinders is badtyd een van hulle hoogtepunte. Sit ʼn takkie roosmaryn, kruisement of laventel in jou kind se badwater om sy reuksintuig te help slyp, of ʼn paar druppels voedselkleursel om kleurteorie te leer. (Om veilig te wees, vermy aromaterapeutiese olies want net sekere soorte wat verdun is, is veilig vir kinders.) Gebruik plastiek-inspuiters (sonder die naald!) om handspiere te help versterk. Leer jou kind om seepborrels te blaas om die fyn spiere in die hande en rondom die mond te versterk. Jy kan jou kinders bad wanneer jy wil, niemand het gesê dit moet saans of in die oggend wees nie.
  • Bou ʼn hindernisbaan met wat ook al jy byderhand het. Jou kind sal mal daaroor wees om haar pad deur die hindernisbaan oop te kruip, spring, gly, hop, balanseer en wriemel. Dit sal haar groot (motoriese) spiere versterk en hope sintuiglike en proprioseptiewe insette gee (waar reseptore soos bloedvate en spiere inligting oor die gesteldheid van die liggaam gee).

Bron: www.myslimkind.com

  • 5
  •  
  •  
Redakteursbrief

By Solidariteit het ek die voorreg om saam met ’n klomp inspirerende storievertellers te werk. Die stories wat hulle vertel, is nie sommer net stories nie. Hierdie stories gee jou moed, laat jou 'n bietjie verder en harder dink oor belangrike kwessies en laat jou altyd besef jy het ’n spesiale plek in die einste […]


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close