Solidarteit Wêreld
2018 - Uitgawe 5
Toekomssleutel lê in lewenslange leer
Deur LJ | 25 September 2018

Deur dr. Juran van den Heever

Flip Buys skryf in sy Maroela Media-artikel van 7 Mei dat lewenslange leer die sleutel tot die toekoms is en dat daar in die toekoms net twee klasse mense gaan wees: ’n betreklik klein groepie kenniswerkers en ’n groot massa werkloses. Dit is die gevolg van die feit dat die wêreld van werk besig is om onherroeplik te verander.

Jim Clifton skryf in sy boek The coming jobs war dat almal in die wêreld ’n behoefte het aan ’n goeie werk. Navorsing deur Gallup toon dat die toekoms gaan handel oor werkskepping en suksesvolle entrepreneurskap. Die regering gaan ’n kleiner rol speel en individue gaan hulle self moet toerus met vaardighede en kennis.

Die Vierde Industriële Rewolusie bring nuwe moontlikhede met nuwe oplossings, en die Internet van Dinge en kunsmatige intelligensie is ’n werklikheid. Hoewel mense steeds kreatief, sosiaal, mobiel en fisiek handvaardig is, moet hierdie menslike eienskappe wat nooit gaan verdwyn nie, verweef met die nuwe tegnologie.

Alvin Toffler skryf soos volg in sy boek Future Shock, wat al in 1970 gepubliseer is: “The illiterate of the 21st century will not be those who cannot read and write, but those who cannot learn, unlearn and relearn.”

In onseker tye is die waardevolste vaardigheid dié van leer en hoe om te leer. Ons sal slaag as ons saam met ons rekenaars werk, eerder as om met hulle meet e ding. Ons moet hulle programmeer, eerder as om deur hulle geprogrammeer te word.

Volgens Heraclitus is die enigste ding wat konstant is, verandering.

Verandering raak verskeie fasette in ons almal se lewens. Dit vind plaas in jou loopbaan, in jou persoonlike lewe, in jou gemeenskap en in organisasies. Daar is net een antwoord vir lewenslange verandering en dit is lewenslange leer. Mense sal op die voorpunt van hulle rigtings moet bly. Voortgesette leer en ontwikkeling gaan oor die uitbreiding van jou vermoë om te leer deur gereeld jou vaardighede op te skerp en jou kennis te verbreed.

Kennis is tot almal se beskikking. Diegene wat nie van hierdie geleentheid gebruik maak nie, bly waar hulle is.

Die volgende sewe voordele behoort voldoende rede te wees om nooit op te hou met leer nie.

  1. Bly relevant

Sorg dat jy nie agterbly nie. Maak seker dat jy relevant bly binne jou bedryf deur op die hoogte te wees van tendense in die werkplek en jou vaardighede op te skerp.

  1. Berei jouself voor vir die onverwagse

Lewenslange leer sal jou help om by onverwagse veranderings aan te pas. ’n Groot verandering en gevaar is om jou werk te verloor. Dit veroorsaak dat jy van nuwe vaardighede afhanklik sal wees om werk te kry.

  1. Verhoog jou profiel

As jy gedurig leer, sal jy verbeter en groei in jou loopbaan toon. Bestuurders en kollegas sal ook hiervan kennis neem.

  1. Bevoegdheid lei tot vertroue

Om nuwe dinge te leer, gee ons ‘n gevoel van prestasie, wat weer ons vertroue in ons eie vermoëns verhoog.

  1. Wees ontvanklik vir nuwe idees

Die verkryging van nuwe vaardighede sal nuwe geleenthede ontsluit en jou help om innoverende oplossings vir probleme te vind.

  1. Verander jou perspektief

Deurlopende leer verbreed jou verstand en verander jou houding deur te bou op wat jy reeds weet.

  1. Trek voordeel in die toekoms

Deurlopende leer gaan nie net oor jou nie. Lewenslange leer help om jou leierskapsvaardighede te ontwikkel om weer lewenslange leer in ander individue te bevorder deur hulle aan te moedig om verder te studeer.

Dr. Juran van den Heever is uitvoerende hoof van S-Leer. Lees ook die artikel op bladsy 66.

  • 10
  •  
  •  
  •  
Redakteursbrief

So staan nog ’n jaar einde se kant toe. Hoewel die laaste deel van 2018 steeds volgepak is met dinge om af te handel, kan ons reeds met tevredenheid terugkyk op die jaar se groei en sukses tot op hede. Hierdie is die 100ste uitgawe van Solidariteit Tydskrif en bied dus die perfekte geleentheid vir […]


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close