Solidarteit Wêreld
2019 – Uitgawe 3 Redakteursbrief
Twee koppe beter as een
Deur Michelle | 14 Junie 2019

Ek het nou die dag lekker vir ’n kollega van my gelag. Dit was ’n moeilike dag by die werk, want die sperdatum van ’n projek was op hande terwyl daar nog ’n miljoen goed gedoen moes word. Sy kan soos ’n tornado deur die kantoor waai as sy só ’n dag beleef en so waai die tornado toe ook by my kantoor in en sê: “Kan ek net vir jou sê, mense hoef darem net in kantoorure hierdie te beleef, maar ek moet dit saam met my huis toe vat.”

Dit het my laat dink dat wat in jou kop aan die gang is, is wat jy elke dag en nag met jou saamdra. Stel jou voor hoe destruktief jou gedagtes kan wees as jy jouself nie teen jouself beskerm nie!

Die teendeel is natuurlik ook waar: Dink net wat jy alles kan bereik as jou ingesteldheid, hoe jy dink oor die lewe, positief is. Dit is die punt wat ek wil beklemtoon. Ons het in Suid-Afrika broodnodig om positief te dink en ’n goeie ingesteldheid te hê teenoor situasies, geleenthede en verandering.

Verandering is nie altyd maklik nie en om nuut te dink, is werklik ’n uitdaging vir sommige mense. Dit is egter ongelukkig iets waarmee niemand, behalwe jyself, jou kan help nie. Jy moet ’n daadwerklike besluit maak – ’n kopskuif – om nuut te dink.

Solidariteit was nog altyd aan die voorpunt van die veranderende omgewing, en om aan te pas by verandering is dit noodsaaklik om nuut te dink. Ons staan voor die deur van unieke uitdagings waarvoor ons unieke antwoorde moet gee. Solidariteit het heelwat antwoorde op hierdie uitdagings, maar daarvoor moet ons gemeenskap saam met ons nuut kan dink.

Vir Solidariteit is nuut dink ’n vereiste, maar dis selfs belangriker dat ons lede en die gemeenskap saam met ons nuut sal dink sodat ons werkbare oplossings kan uitvoer.

Een van hierdie uitdagings is die vierde industriële revolusie. Om ’n goeie werk in die era van die vierde industriële revolusie te kan hê, is kennis noodsaaklik. Die wapentuig in hierdie oorlog is kennisinstellings en die ammunisie is kennis. Daarom fokus Solidariteit daarop om ’n NetWerk van werk vir sy lede en die gemeenskap te skep.

Dink saam met Solidariteit nuut met die NetWerk van werk. Die stelsel se doel is om die verskillende werkinstellings wat Solidariteit die afgelope 20 jaar gebou het, só aan mekaar te koppel dat Solidariteit die volle werkspektrum dek.

Sit dus agteroor met ’n koppie warm koffie en lees in hierdie uitgawe hoe elk van die verskillende instellings van die Solidariteit Beweging saam nuut dink om die beste vir die toekoms te bied. Solidariteit daag jou uit om saam met ons nuut te dink. Twee koppe is immers beter as een!

Ander Artikels

Onwankelbaar, rotsvas!

Deur Marietha Malan Ek het nog nooit van verandering gehou nie. In die personeelkamer kies ek my stoel in ’n veilige hoek. Selfs op die eerste werkdag van die nuwe jaar, wanneer almal tradisioneel weer nuwe plekke kies, mik ek vir my ou stoel. Ek ry soggens altyd dieselfde pad werk toe en hou dieselfde […]




Occupational guilds – medieval to modern

By Wilmarie Brits Guilds originated in the High Medieval Period, as craftsmen united to protect their common interests in a particular trade. Guilds were generally organisations that used an early form of accreditation and membership in the form of letters patent, which were issued by the local lord. These letters patent afforded the guild the […]




Maak 2020 se Kersfees besonders

Deur Wilmarie Brits Die jaar 2020 was beslis onvergeetlik, maar nie vir die regte redes nie. Die ekonomie het ons almal gedruk soos ’n nuwe paar skoene en talle mense voel aan die einde van dié lang jaar moedeloos, onseker of bloot net omgekrap omdat dinge nie volgens plan verloop het nie. Jy het egter […]




’n Welstandfokus is kritiek vir herstel

Deur Cilleste van Dyk Solidariteit sien sy lede nie net as werknemers nie, maar ook as mense wat as deel van ’n gesin en ’n gemeenskap funksioneer. Die maatskaplike gevolge van die Covid-19-pandemie is omvangryk en daarom het Solidariteit ’n maatskaplike oorbruggingsplan as deel van die Werkherstelprogram bekendgestel. Lees gerus meer op bladsy 40 oor […]




Werkbehoud en -herstel in die nuwe wêreld van arbeidsverhoudinge

Deur Reon Janse van Rensburg Die Covid-19-krisis het die skuif na elektroniese platforms vir werkgewers en werknemers versnel om ’n interaktiewe werkgemeenskap moontlik te maak. Solidariteit gaan in die volgende 18 maande die eerste interaktiewe en geïntegreerde werkgemeenskap ter wêreld bekendstel. Al die elemente van die Solidariteit Netwerk en die Werkherstelprogram gaan op die platform […]





Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close