Solidarteit Wêreld
2011 - Uitgawe 6 Bedryfsnuus
Uitgawe 6 2011 – Afleggings by Bridgestone beperk
Deur Michelle | 16 November 2011

Deur Cilleste van der Walt & Moira-Marie Kloppers

Statistieke Suid-Afrika se kwartaallikse indiensnemingsyfers wat op 20 September bekendgestel is, toon dat indiensneming in die formele vervaardigingsektor die afgelope jaar met 18 000 poste, oftewel 1,5%, afgeneem het.

Daarbenewens het werkgeleenthede in die sektor die afgelope kwartaal met sowat 8 000 poste gekrimp. Solidariteit probeer om die uitwerking van hierdie syfers op werknemers in maatskappye waar die vakbond verteenwoordig word, tot die minimum te beperk. Een geval waar die vakbond ingegryp en ’n wesenlike verskil gemaak het, is met die beplande afleggings deur Bridgestone in Port Elizabeth.

“Solidariteit was in ’n konsultasieproses by Bridgestone betrokke,” sê Wynand Strydom, Solidariteit-organiseerder. “Die maatskappy het vakbonde in Augustus in kennis gestel dat hy beplan om sy LTR-aanleg in Port Elizabeth te sluit en vervaardiging van dié bande slegs by die Brits-aanleg voort te sit.

“Die maatskappy het in die Artikel 189-kennisgewing gesê dit sou nie finansieel sin hê om die Port Elizabeth-aanleg op te gradeer as hierdie spesifieke bande reeds suksesvol by ’n ander aanleg vervaardig word nie. Dit het sowat 217 werkgeleenthede, oftewel bykans 35% van die werkgeleenthede by die maatskappy, in die gedrang gebring,” verduidelik Strydom.

Deur die konsultasieproses kon die partye daarin slaag om die aantal gedwonge afleggings tot 52 te verminder.

  •  
  •  
  •  
  •  
Redakteursbrief

So staan nog ’n jaar einde se kant toe. Hoewel die laaste deel van 2018 steeds volgepak is met dinge om af te handel, kan ons reeds met tevredenheid terugkyk op die jaar se groei en sukses tot op hede. Hierdie is die 100ste uitgawe van Solidariteit Tydskrif en bied dus die perfekte geleentheid vir […]


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close