Solidarteit Wêreld
2011 - Uitgawe 6 Nuuswaardig
Uitgawe 6 2011 – Afrikaans op sy lekkerste by Maroela
Deur Michelle | 23 November 2011

Foto krediet:

Deur Susan Lombaard

Wen kontant met jóú Afrikaanse storie

“As Sandveldklong,” skryf Diko van Zyl, ’n gebore Sanvêller, afgetrede professor, historikus en wynkenner, “het ek vir die eerste keer op Stellenbosch agtergekom dat ek ’n bietjie annerster praat as die standaard-Afrikaans van die WAT toe ’n mooi Bolandse
meisie vir wie ek sin gehad het, vir my tru gestaan het omdat ek kwansuis onbeskaafd gepraat het. Maar aanpasbaar soos die Sandvelder is, het ek my ‘gebery’ versag na ’n ‘gebry’ en daarna het sy ‘gevery’ dat dit bars. En toe ek later as jong dosent my veral vir Noordelike studente meer verstaanbaar wou maak, moes ek ‘beroeringe’ verander na ‘onluste’, ‘Vloorvlei’ na ‘Verlorevlei’, en ‘velers’ na ‘foutjies’. Ek moes ook verduidelik dat ek met ‘palielie’ niks sinisters bedoel het nie maar dat dit net verwys na ’n handeling om iets staande te hou.”

Ons is op soek na jóú storie. Vertel ons hoe kom jy lief is vir Afrikaans, hoe jy praat en watter tipe idiomatiese uitdrukkings en vreem de woorde eie aan jou kontrei is. Vertel vir ons hoe Afrikaans jou identiteit help vorm het. Ons is op soek na Jan Alleman
se storie – jóú storie.

 

Kom lees “My Afrikaanse storie” op Dié Groot Debat op ons webtuiste, en stuur dan jou storie vir ons na maroela@maroelamedia.co.za met My storie in die onderwerpveld. Een skrywer wen elke maand R2 000 met sy of haar storie.

 

Flip Buys, uitvoerende hoof van die Solidariteit Beweging, skryf: “Dit was nie vir my ’n bewustelike besluit om lief te word vir Afrikaans nie – dit was déél van my, rondom my, soos die grond en die gras en die geskiedenis. Ek het deur Ouma se geskiedenis-oë na die ontstaan van Afrikaans gekyk – verstaan dat dit nie ’n maklike geboorte was
nie, begryp dat dit kan doodgaan, en besluit dat so ’n kosbare skat die moeite werd is om te bewaar.  Vir my was dit van selfsprekend dat Afrikaans en die Afrikaner een is en dat die een nie sonder die ander kan nie. Soos water deel is van ’n vis se bestaan en ge lyktydig ’n bestaansvoorwaarde is, so was Afrikaans vir my onafskeidbaar deel van wie en wat ek is.”

Lees verder dié en ander Afrikaanssprekendes se stories op Dié Groot Debat by www.maroelamedia.co.za.

Jannie vier 40 jaar in musiekbedryf

Jannie du Toit is tans besig met ’n landwye konserttoer, Onderweg, ’n viering van sy 40 jaar in die Afrikaanse musiekbedryf. Dit is ’n unieke multimedia-aanbieding. Die verhoogteks is deur PG du Plessis geskryf en Christa Steyn is soos altyd verantwoordelik vir die musiekverwerkings. Jannie word begelei deur Christa Steyn/Clinton Zerf (klavier) en Susan Mouton/Arend Brink (tjello). Besoek www.facebook.com/onderweg40 vir meer inligting. Moenie hierdie toer misloop nie!

• 25 November – PE Operahuis, Port Elizabeth.

• 26 November – Hoërskool Port Natal, Durban.

• 2 Desember – Wynand Moutonteater, Bloemfontein.

• 3 Desember – Stadsteater, Nelspruit.

• 13 Desember – ATKV-saal, Hartenbos.

• 14 Desember – Oude Libertas Amfiteater, Stellenbosch.

 

Maroela Media gee twee kaartjies weg vir elk van dié vertonings. Stuur ’n e-pos na maroela@maroelamedia.co.za. Sit “Jannie” en die plek van die vertoning wat jy wil sien in die onderwerpveld, byvoorbeeld “Jannie Durban”. Beantwoord ook die volgende vraag in die e-pos: “Hoeveel jaar is Jannie du Toit al in die musiekbedryf?”

Hou www.maroelamedia.co.za dop om ’n geskenkstel van Jannie du Toit se musiek te wen! Elke geskenkstel bestaan uit twee CD’s en ’n DVD.

Bloedsusters gryp die leser aan

Bloedsusters, uitgegee deur LAPA Uitgewers, is die aangrypende verhaal van twee Pretorianers, Eileen de Jager en Roelien Schutte. Hulle werk is om grusame tonele skoon te maak nadat die polisie-ondersoek afgehandel is. Met die regte toe rusting en
chemikalieë is dit hulle wat die stukke – soms letterlik – moet optel.

 

Stoffel Cilliers, ’n vryskutresensent, skryf: “’n Buitengewone boek oor die vreemde loopbaan van twee buitengewone susters. Die skrywer belig onderhoudend aan die hand van vele vertellings hoe hulle hul daaglikse brood, wat hulle Bloedgeld noem, verdien.  Opvallend is die sobere skryfstyl. Nêrens probeer die skrywer skok nie. Die besonderhede van die selfmoorde, plaas moorde en gesinsmoorde is weersinwekkend genoeg. Die susters doen hul skoon maak werk oral – selfs in ’n bewegende
trein, in ’n nudistekamp, in ’n visdam. Dikwels bid hulle voordat hul begin op ruim, want hulle het baie geloof nodig. En ’n sin vir humor om hul senuwees aanmekaar te hou.”

Vind meer uit oor Bloedsusters op www.maroelamedia.co.za of besoek www.lapa.org.za

Redakteursbrief

Deur Cilleste van Dyk Ons sal self. Hierdie drie woorde kan baie arrogant klink sonder die regte konteks. Solidariteit sê: Ons sal self, nie omdat ons dink dat ons dinge alleen of deur ons eie krag sal regkry nie, maar omdat dat daar geen ander opsie is vir ’n voorspoedige toekoms nie. Daarom sê ons […]


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close