Solidariteit se span by Lede-administrasie hou Solidariteit se diensleweringswiele aan die rol. Dit is met dié span waarmee lede gewoonlik eerste te doen kry wanneer hulle by die vakbond om hulp aanklop. Volgens Dawid Durie, hoof van dié afdeling, vertolk die vroue by Solidariteit se dienskantore ’n verskeidenheid rolle.
“Hierdie personeellede is nie net belangrike bemarkers van die Solidariteit Beweging nie, hulle help daagliks om nuwe lede aan te sluit, ledevoordele te verduidelik en ledenavrae te hanteer.
“Hulle speel soms ook sielkundige wanneer hulle lede of lede se families met begrafnisreëlings in die geval van ’n sterfte bystaan,” volgens Durie.
So staan nog ’n jaar einde se kant toe. Hoewel die laaste deel van 2018 steeds volgepak is met dinge om af te handel, kan ons reeds met tevredenheid terugkyk op die jaar se groei en sukses tot op hede. Hierdie is die 100ste uitgawe van Solidariteit Tydskrif en bied dus die perfekte geleentheid vir […]
Oops! We could not locate your form.