Solidarteit Wêreld
2018 - Uitgawe 5
Verbruikersake: Maak dié jóú supermark
Deur LJ | 18 September 2018

Deur Reon Janse van Rensburg

Solidariteit gee om vir sy lede. Ons is immers meer as net ’n vakbond! Ons gee om oor jou werk, jou welstand, jou gesin en jou beursie. Kortom: Ons gee om oor jou!

2018 was tot dusver ’n rowwe jaar, veral finansieel. Daar is baie stygings – die prys van brandstof en verhoogde BTW het ‘n reuse-impak op verbruikers. Die probleem is egter nie net dat die brandstofprys gestyg het en BTW verhoog is nie, maar ook dat jou salaris nie noodwendig dieselfde rigting ingeslaan het nie!

Dit is juis daarom dat Solidariteit gaan ondersoek instel het na die pryse van alledaagse items en ook oor hoe Suid-Afrika se vyf grootste supermarkte se pryse met mekaar vergelyk. Solidariteit wil jou as verbruiker help, nes ’n ouer broer behoort te doen.

Elke huishouding is uniek. Nes ons almal verskillend dink, eet en koop ons ook verskillend. Dis nie net die diepte van jou en jou buurman se beursies wat verskil nie; julle smaak en eetgewoontes verskil ook.

Solidariteit het om hierdie rede ’n waentjie met twaalf items gekies wat die nuuskantoor as alledaags beskou en wat ons glo in die meeste huishoudings gevind sal word. Daarna het ons die pryse van die items met mekaar gaan vergelyk om te bepaal watter supermark die mees mededingende pryse aanbied.

Die vyf supermarkte waar ons gaan ondersoek instel het, was Pick n Pay, Spar, Checkers, Woolworths en Shoprite. Ons glo dat die meeste dorpe in Suid-Afrika ten minste een van hierdie winkels het en dat ons lede dié supermarkte ondersteun.

Om produkte se pryse met mekaar te vergelyk, het ons ook besluit om, waar moontlik, die prys van elke winkel se eie handelsmerkproduk te gebruik pleks van handelsmerke wat by elke winkel beskikbaar is. Waar die winkel se eie handelsmerk nie beskikbaar was nie, het ons die goedkoopste soortgelyke produk gekies.

Die winkels en produkte se pryse vergelyk soos volg:

  Spar Shoprite Pick ’n Pay Checkers Woolworths
Bruinbrood R12.99 R10.99 R12.99 R12.99 R14.00
Witbrood R13.99 R13.99 R13.99 R13.99 R15.00
Vars melk (2 L) R21.99 R24.99 R21.99 R24.99 R29.99
Langlewemelk (6 x 1 L) R69.99 R69.99 R69.99 R69.99 R79.99
Suiker (2,5 kg) R38.99 R29.99 R36.10 R36.99 R39.30
Kitskoffie (750 g) R76.99 R68.99 R74.99 R68.99 R74.99 (200 g)
Mieliemeel (2,5 kg) R25.99 R15.49 R20.19 R17.49 R26.99
Sonneblomolie (2 L) R38.99 R38.99 R39.99 R39.99 R44.99
Eiers (30 groot) R54.99 R56.99 R59.95 R62.99 R80.00 (18 eiers)
Margarien (tussen 25 en 50% vet) 1 kg R36.99 R24.99 R33.99 R24.99 R30.21
Pasta (spaghetti en macaroni) R10.99 R8.99 R9.99 R9.99 R15.00
Rys (2 kg) R24.99 R15.99 R19.99 R19.89 R29.99
Totaal: R427.88 R380.38 R416.11 R403.28 R480.45

 

Die gevolgtrekking is duidelik: Shoprite se produkte is die goedkoopste in Suid-Afrika. Checkers, wat aan dieselfde groep behoort, slaan die prys los in tweede plek. Pick n Pay lê in die derde plek, gevolg deur Spar en Woolworths.

Ons hoop dit laat jou toe om as verbruiker ‘n ingeligte besluit te maak oor waar jy jou rande kan laat rek en miskien ‘n ekstra paar rand het vir ‘n klein stukkie bederf.

  •  
  •  
  •  
  •  
Redakteursbrief

Die jaar is reeds op 'n afdraande pad einde se kant toe en dit beteken vir baie mense dat 'n nuwe fase in hul lewens voorlê. Dit mag wees dat jy 'n matriekkind het wat volgende jaar nie meer op skool gaan wees nie, of jy is 'n student wat afstudeer en volgende jaar gaan […]


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close